PIKKIES OP ’N TOER
Tydens die inperking kry die 36 pikkewyne van die akwarium in Kaapstad die kans om die plek te verken
‘Elkeen reageer anders op hul nuutgevonde vryheid’
DIE pikkewyne kyk so hal f hooghartig oor hul snawels na die skeurtandhaai wat onheilspellend nader kom. G’n tek teken van vrees nie . . . want sien, di die haaie is binne en pikkewyn se kind is buite.
Dan waggel hulle verby die gl glasmuur van die groot tenk, di dieper die verlate akwarium in. D Dis asof jy ’n dralende “Just smile an and wave, boys” kan hoor terwyl hu hulle uit die oog verdwyn.
Nee, dit is nie die avontuurlu lustige troppie van Penguins of Madagascar M se jongste ontsnapp pingsdrama nie. Maar jou raaisk skoot is nie te ver van die kol n nie. Want met dié dat Kaapstad s se Twee Oseane- akwarium w weens die inperkingsreëls vir b besoekers gesluit is, word die 3 36 inwonende pikkewyne deesd dae toegelaat om die groot k kompleks te verken.
“Hulle hoop waarskynlik in d die geheim dat ons nie weer die d deure vir besoekers sal oopm maak nie,” sê Ayrton King (22), ’n akwariumwerker. Want word d die mense weer ingelaat wann neer die owerhede se inperk kingsmaatreëls eindelik verder v verslap word, verloor die koddige voëls hul nuutgevonde vryheid. ’n Mens kan maar sê dis ’n omgekeerde inperkingsituasie.
Danksy Ayrton se video’s op Instagram kan ’n mens die pikkewyne se verkenningstogte sedert die begin van die inperking meemaak. Hulle staar lank na tenks vol visse, krappe en ander seegediertes; of skud hul kop vir ’n molslang voor hulle verder marsjeer, ál dieper in die harte van die kykers in.
Een pikkewyn het al selfs sy lyf Paul die Seekat gehou. Ja, daardie beroemde agtpotige kalant wat tydens Suid-Afrika se Wêreldbekersokkertoernooi in 2010 telkens die wenner van uitklopwedstryde reg voorspel het.
“Ons het twee plakkate voor Alex die geelkuifpikkewyn opgehou. Een het gesê lockdown word met twee weke verleng; die ander dat lockdown sou eindig. Hy het met sy snawel die regte antwoord aangedui,” vertel Ayrton.
Alex is een van die enkellopende pikkewyne. Onder die pikkewyne is minstens vier paartjies, en twee van hulle is al byna twee dekades saam. “Elkeen van die pikkewyne het ’n naam en eie persoonlikheid, en elkeen reageer anders op hul nuutgevonde vryheid,” sê hy.
“Ons het gedink ons sou die pikkewyne bederf deur hulle tydelik meer vryheid te gun. Maar eintlik is dit hulle wat ons bederf. Om hierdie intelligente diere se interaksies dop te hou; om te sien hoe hulle soms gelukkig of befoeterd is, en hoe die alleenlopers nou éérs soek na maats. Dit is onbeskryflik.”
AYRTON werk al vyf jaar by Kaapstad se bekende akwarium. Die meeste van die pikkewyne is vir hom soos kinders, vertel hy. En ja, hy het ’n gunsteling. “Eers was dit Harold, maar toe kies hý ’n ander oppasser. Nou het ek ’n besonderse band met Chippy. Hy het woedeuitbarstings wanneer ek nie daar is nie, en ek hoor altyd die volgende dag wat my seun nou weer aangevang het.”
Maar dan, soos ’n goeie pa, voeg hy by: “Skryf tog net dat ek ewe lief is vir almal.”
Van die 36 pikkewyne in die akwarium is 13 geelkuifpikkewyne. Drie van hulle is gebore uit Roxy en Grommet se “huwelik”, sê Ayrton. Die ander is gered. Geelkuifpikkewyne kom nie natuurlik aan die kus van Afrika voor nie. Hul naaste natuurlike tuiste is die sub-Antarktiese eilande, 2 500 km suid van Kaapstad. Die ander 23 behoort tot Afrikaspesies.
Ayrton is een van 25 werknemers wat tydens die inperking in roterende skofte na die akwariumbewoners omsien.
“Voor die inperking is die pikkewyne altyd langs ’n kortpad na hul voerplek geneem. Maar dit was ongelooflik om hul reaksie te beleef toe hulle die eerste keer op ’n langer toer geneem is,” vertel hy.
Die waaghalsiges het dadelik die gange ingevaar, terwyl die versigtiges eers aangepor moes word.
“Ons het besluit om die langer pad na hul voerplek te neem omdat hulle so ontspanne is en maklik leiding neem of aanvaar. Wat ons nié verwag het nie, is hoe in vervoering hulle met die nuwe wêreld sou wees,” vertel hy.
“Hulle was soos kinders wat alles wil verken. Jy leer soveel van hul persoonlikheid. Soos dat daar byna elke dag ’n ander een die leiding neem en voor loop. En dat daar altyd een is wat luier is as die res en vir wie die pikkewyne dan geduldig wag voor hulle verder gaan.”
Die pikkewyne kkewyne het elk ’n rotsmet rots met hul naam op waar hulle eet. Hulle kies nooit die verkeerde rots nie. “Hulle gebruik hul eie rots as ’n kommunikasiemiddel. As hulle daarop staan, sê hulle vir jou: ‘Gee my asseblief kos of ek gooi ’n tantrum.’ ”
Ayrton het ’n kursus gedoen om die gedragspatrone van die pikkewyne beter te verstaan. “Dis maar soos enige verhouding: Jy wen eers die vertroue van die dier en dan leer jy hom ken. Dis dan wanneer jy hulle onderskei en wanneer hul persoonlikhede na vore kom.”
Maar hoe ken hy sy kinders uitmekaar? Hulle lyk dan so eenders? Ayrton lag. “Aan die begin tel jy die kolle op die Afrikapikkewyne se lyfies. Die geelkuifpikkewyne het geboortemerke, en jy ken hulle só maklik uit. Maar mettertyd leer jy die pikkewyne aan hul persoonlikheid en gewoontes ken.
“Elkeen is uniek. Hulle eet verskillend, loop verskillend en klink anders. Dis ’n voorreg om hulle in dié tyd te beleef.”
NES mense soek pikkewyne vir hulself ’n sielsgenoot. Die manlike pikkewyn sal dikwels na ’n klippie soek en dit na die vroulike dier neem.
“En as sy belangstel, dan nes hulle saam,” vertel Ayrton. “Roxy en Grommet is al sedert 2000 ’n paartjie. Die ander is baie jaloers,” sê hy.
Die paartjies waggel-waggel gewoonlik saam wanneer hulle daagliks op die toer deur die akwarium gaan, en hulle dwaal nie van mekaar af nie. Terwyl ander pikkewyne, soos EL (vir East London), ure lank na die vistenks staar, gebruik sommige die geleentheid om liefde te soek.
“Arme ou Hopper. Hy waggel gereeld terug met ’n klippie in die bek. Die ergste is dat Clax, een van die vroulike pikkewyne, in hom belangstel. Sy sal naby aan hom bly wanneer hy ’n klippie soek, maar hy wil niks van haar weet nie,” sê hy. “Ons hou duim vas hy vind ’n maatjie voor die inperking verby is.”
Ayrton sê die uitfasering van die inperking gaan waarskynlik ’n aanpassing vir die diere wees. Die bewaarders sal die pikkewyne stelselmatig weer gewoond maak aan die geraas en beweging van groot groepe besoekers.
“Hulle sal steeds toegelaat word om buite hul gebied te verken. Maar dit sal net soggens wees en meer gejaagd as nou. Daar sal minder pit stops langs die pad wees.”
Hy het nog een persoonlike mikpunt: ’n groepfoto van die pikkewyne op toer. “Ek sukkel al vyf jaar daarmee, maar ek gaan aanhou probeer tot ek daardie foto kry.”
Vir eers geniet hy en die pikkewyne nog hul groter vryheid tydens die stil tyd by die akwarium.
“Dis asof almal saam met vakansie is. Ons het soos ’n groot familie geword. Hulle is so deel van my lewe, ek kan myself nie sonder hulle indink nie.” ■