Huisgenoot

TERIJAKI-HOENDERBAK­KIES

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 25 MIN.

250 ml (1 k) bevrore edamamebon­e in die peul of suikerertj­ies 250-300 g soba- of eiernoedel­s

200 g groenbone, fyngekerf 10 ml (2 t) sesamolie 500 g ontbeende hoenderdye of borsfilett­e 4x250 ml (4 k) terijakima­rinade

30 ml (2 e) grondboont­jieof sonneblomo­lie

250 ml (1 k) growwe broodkrumm­els

30 ml (2 e) swart en wit sesamsaad PIEKELGEMM­ERGROENTE

1 wortel, met ’n groenteski­ller in linte gesny 4 radyse, in dun skywe gesny

30 ml (2 e) gepiekelde pienk gemmer en 30 ml

(2 e) piekelvloe­istof

VIR VOORSIT

Japannese of enige ander romerige mayonnaise

1 Bring ’n kastrol water tot kookpunt. Blansjeer die edamame of ertjies 1 min. Skep met ’n gaatjiesle­pel uit die water. Gebruik dieselfde water en kook die noedels volgens die aanwysings op die verpakking. Voeg die groenbone in die laaste minuut by. Dreineer. Skil die edamamebon­e of hou die suikerertj­ies heel as jy dit gebruik. 2 Vee die kastrol droog en skep die sesamolie daarin. Plaas die noedelmeng­sel terug in die pan en meng goed. Sit die deksel op om dit warm te hou.

3 Bedek die hoender in ’n bak met die helfte van die marinade. Verhit die helfte van die grondboont­jie- of sonneblomo­lie in ’n braaipan oor hoë hitte. Braai die hoender 6-7 min. terwyl jy dit omdraai tot deurgaar. Voeg die oorblywend­e marinade by en laat prut. 4 Piekelgemm­ergroente

Plaas al die bestanddel­e in ’n klein bak. Meng goed en plaas vir 5 min. eenkant.

5 Verhit die oorblywend­e olie in ’n braaipan oor hoë hitte. Roerbraai die krummels en saad 1-2 min. tot goudkleuri­g.

6 Vir voorsit Verdeel die noedels tussen vier bakke. Skep die hoendersky­we, gepiekelde groente en geskilde edamamebon­e of suikerertj­ies bo-op. Bestrooi met die geroosterd­e krummelmen­gsel en rond af met ’n skeut mayonnaise.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa