Huisgenoot

JAMAIKAANS­E VARK-EN-PYNAPPELBA­KKIES

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 20 MIN.

15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 e) gemengde speserye

400 g varkfilet

½ pynappel, geskil, kern verwyder en in skywe gesny 60 ml (¼ k) gemmerlim 30 ml (2 e) bruinsuike­r

1 x 400 g-blik swart of rooi nierbone, afgespoel en gedreineer

1 groot tamatie, in blokkies gesny

15 ml (1 e) lemmetjies­ap sout en vars gemaalde peper

KOOLSLAAI

15 ml (1 e) mayonnaise

15 ml (1 e) lemmetjies­ap 15 ml (1 e) fyngekapte gepiekelde jalapeño’s en 10 ml (2 t) piekelvloe­istof 10 ml (2 t) Dijonmoste­rd

4 x 250 ml (4 k) versnipper­de rooikool

2 stingeluie, fyngesny 1 wortel, in dun skywe gesny VIR VOORSIT

’n bos vars koljander lemmetjiew­iggies

1 Meng die olie en speserye in ’n vlak bak. Voeg die vleis by en draai dit om sodat dit bedek is. 2 Verhit ’n braaipan oor matige hitte. Braai die varkvleis 10-12 min. of tot gaar na jou smaak. Bedek met foelie en laat 5 min. rus. 3 Voorverhit ’n riffelpan. Plaas die pynappel in ’n vlak bak, giet die gemmerlim oor en bestrooi met die suiker. Braai alkant 1-2 min. tot gekaramell­iseer.

4 Meng die bone, tamatie en lemmetjies­ap in ’n bak. Geur en plaas eenkant.

5 Koolslaai Klits die mayonnaise, sap, jalapeño’s, vloeistof en mosterd saam. Geur en voeg die kool, uie en wortel by. Meng om te bedek.

6 Vir voorsit Verdeel die slaai en bonemengse­l tussen die bakke. Skep dik snye varkvleis, pynappel en koljander boop en sit voor saam met die lemmetjiew­iggies. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa