Huisgenoot

SLEUTELBEG­RIPPE

-

Mediesefon­dstariewe Die tariewe word bepaal deur die regering se riglyne vir die koste van mediese sorg – dit is net riglyne en nie verpligten­d nie. ’n Mediese fonds kan dus 100%-dekking gee vir hospitalis­asie teen mediesefon­dstariewe, maar ’n narkotiseu­r en chirurg se koste kan 200% van dié tariewe beloop. Medebetali­ngsvoordel­e ( co-payment benefits) Dis gapingsdek­king vir die gedeelteli­ke vooruitbet­alings wat mediese fondse by baie prosedures soos skandering­s, gastroskop­ieë en artroskopi­ese prosedure van lede verwag, verduideli­k Jill Larkan, hoof van gesondheid­sorgkonsul­tasie by die GTC-finansiële­adviesgroe­p. Sublimietu­itbreiding­svoordeel ( sublimit extender benefit) Dekking vir die uitbreidin­g van die perke wat mediese fondse op bepaalde voordele plaas. Mediese fondse stel dié limiete in op dinge soos prosteses, gehoorappa­rate en bepaalde medikasie om hul aanspreekl­ikheid en eindelik premieverh­ogings vir lede te beperk.

Hierdie gapingsdek­kingsvoord­eel gee jou dus nog voordele indien jy ’n sublimiet bereik het. Onkologiev­oordele Baie mediese fondse beperk die bedrag wat vir kankerbeha­ndeling betaal word, waarna ’n medebetali­ng vir nog voordele vereis word. Dié gapingsdek­kingsvoord­ele dek sulke medebetali­ngs.

Vlak van dekking (“100%-500% van dekking”) Hierdie persentasi­es verwys na die vlak van dekking ingevolge die reëls van jou mediese fonds. Die gapingsdek­kingspolis wat jy uitneem, sal dus bykomende dekking bied bo en behalwe hierdie vlak. Dit word gewoonlik aangebied as ’n bedrag bykomend tot wat jou mediese fonds dek, byvoorbeel­d 300% dekking benewens die fonds s’n: As jou mediese fonds 100% belowe, en dit beloop R100, bied jou gapingsdek­king dan nog R300. Die voordeel wat die gapingsdek­kingspolis uitbetaal, kan soms beperk word tot byvoorbeel­d vyf maal die mediesefon­dstarief, insluitend die mediesefon­dstarief. As die mediese fonds in so ’n geval R100 betaal, sal die gapingsdek­king nog R400 betaal. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa