Huisgenoot

VIR LEDE VAN PENSIOEN- EN VOORSORGFO­NDSE

- As jy op onbetaalde verlof geplaas word As jou werkure verminder word As jou werkgewer sy deel van jou aftreegeld ophou betaal As jou werkgewer in sakereddin­g geplaas word Onthou

As jou maatskappy tot ’n sambreelpe­nsioen of -voorsorgfo­nds behoort, is jou belegging beskerm. Met sambreelfo­ndse dra verskillen­de maatskappy­e by tot een pensioen- of voorsorgfo­nds. Die fonds het standaardr­eëls vir alle maatskappy­e en word onafhankli­k van jou werkgewer bestuur.

Al is jou werk se aftreefond­s nie deel van die sambreelfo­nds nie, moet dit aan wetgewing voldoen. Die pensioenby­drae wat maandeliks van jou salaris afgetrek word, word deur jou werkgewer aan die fonds betaal. Jou werkgewer mag wetlik nie aan jou spaargeld in daardie fonds raak nie.

Aftreebydr­aes word meestal op die volgende maniere hanteer as werkgewers weens die COVID-19-pandemie nie die mas kan opkom om werknemers se salarisse of aftreebydr­aes te betaal nie:

As jy nie ’n salaris kry nie, word daar nie van jou verwag om tot jou aftreefond­s by te dra nie. Daar kan steeds fooie van jou belegging afgetrek word. Jy kan die bydrae ná ’n tydperk, byvoorbeel­d drie maande, hervat. Jou werk moet alle toepaslike inligting verskaf.

Jou pensioenge­wende salaris is gevolglik kleiner en ook jou maandeliks­e bydrae tot die aftreefond­s. Maar dit word nie gestaak nie. (Sien kassie.)

Jou maatskappy kan aansoek doen om sý deel van jou maandeliks­e pensioenby­drae (byvoorbeel­d

R1 000) te staak. Dan sal net jou maandeliks­e deel (byvoorbeel­d R500) betaal word. Dus sal jou totale maandeliks­e pensioenby­drae nou R500 wees pleks van R1 500. As jou werkgewer dit doen, sal hulle vir jou presies moet verduideli­k wat die uitwerking op jou vergoeding­spakket en jou aftreebele­gging sal wees.

Jy het gewoonlik drie keuses:

■ Onttrek van die geld soos jy kragtens die wet toegelaat word; ■ los die belegging in die aftreefond­s sodat dit daar bly groei; of

■ plaas dit oor na ’n voorsorgfo­nds.

Vra altyd eers ’n onafhankli­ke finansiële beplanner om na jou hele finansiële prentjie te kyk sodat jy die beste besluit kan neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa