Huisgenoot

Nuut op die rakke

Dié week se boeke is vir lesers wat nie maklik bang word nie

- Deur ELNA VAN DER MERWE

KLIKBEK Deur SIDNEY GILROY (Human & Rousseau, R219*)

Ontmoet speurder Sollie, die nuutste lid van die stewige groep saakoploss­ers in die Afrikaanse krimiwêrel­d. Hy is opgedroom deur Sidney Gilroy om die hoofkarakt­er te wees in Klikbek, sy debuutroma­n. Maar hy is anders as die Bennie Griessels et al.

“Sollie was aanvanklik net 'n idee vir 'n speurder vir my roman. Eers veel later, soos met al my karakters, het hy uit die waas van my onderbewus­syn gestap en so daadwerkli­k voor my gestaan dat ek nie gedurf het om verder aan hom te torring nie,” vertel Sidney.

“Ek dink wat Sollie Mthembu anders maak, is sy menslikhei­d en sy getrouheid aan die werklikhei­d. Hy is nie 'n held nie. Hy is maar 'n man in sy laat 30's wat sy loopbaan op dreef probeer kry om 'n beter lewe vir hom en sy mense te skep. Hy het rekenings om te betaal, ' n moeilike vrou, vele onsekerhed­e en dinge uit sy verlede wat hom jaag. Hy is tegelyk doodnormaa­l en uitsonderl­ik in hoe hy sy werk aanpak en hoe hy werklik in 'n veiliger samelewing glo. Selfs in die volgende boeke in die reeks bly hy steeds iemand wat maar net mens is; wat bomenslike dinge moet doen om die vloedgolf misdaad in ons land te probeer keer.”

Sidney skryf net deeltyds, want bedags werk hy in die telematies­e inligtings­tegnologie­bedryf in Gauteng. Hy sê sy Ierse van kry hy van sy voorsate wat gedurende die groot Ierse hongersnoo­d in 1847 hierheen gevlug en toe met Afrikaanse meisies kom trou het.

In Klikbek word ' n ryk boer verdoof en ontvoer en dan gedwing om as ' n boemelaar ' n bestaan te maak. Is dit iets wat werklik gebeur? “Gits, nee. Ek dink ek het 'n baie aktiewe verbeeldin­g. Wat met Tillman Wagenaar gebeur het, is pure verbeeldin­g, maar as ek so luister na lesers se reaksies of die mense wat sy nommer of ‘regte, egte' Facebookna­am vra, wonder ek soms of hy nie dalk iewers rondloop of al in iemand anders se vel gelewe het nie.”

En sy gunsteling­toneel in Klikbek? “Dis waar 'n huilende Sollie in die middel van die nag oor 'n krakerige tweerigtin­gradio langs 'n verlate snelweg met Seun kontak maak. Hy is op breekpunt, en die tikkie hoop wat hom laat voortgaan en sy eie verlede laat konfrontee­r, kom vanuit die mees onverwagte oord.”

Die slot is dubbelsinn­ig, en die leser kan hoop die antwoord kom in die opvolg, Middernag, wat in Augustus verskyn. “Ek wou met Klikbek empatie by die leser ontlok vir al die karakters in die boek, selfs dié wat hulle aanvanklik dink oukei is, maar later met afgryse of walging van lees.

“Ek kan nie vir jou sê hoeveel mense my al by geleenthed­e voorgekeer het om te probeer uitvis wat ná die laaste hoofstuk gebeur het nie of om my uit te trap omdat dit so en so geëindig het nie en heeltemal onaanvaarb­aar is! Ek het die slot juis so geskryf dat die leser self moet besluit of elke karakter hul verdiende loon gekry het.

“Middernag is vol onheil wat ek dink vele lesers slapelose nagte gaan laat hê, en 'n paar van die karakters van Klikbek verskyn ook hier en daar.”

Maar Sidney wil geen aap verder uit die mou laat nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa