Huisgenoot

PREMIER VIR ’N KRISIS

Dit lyk of Nieu-Seeland se gewilde leier deur niks ontsenu kan word nie – nie eens die pandemie of ’n aardbewing stuit haar koelkop benadering nie

- Saamgestel deur

SY HET pas haar land suksesvol gelei deur die grootste krisis van die afgelope dekades, die wêreldwye COVID-19pandemie, toe ’n aardbewing die hoofstad van Nieu-Seeland tref – net toe Jacinda Ardern besig was met ’n regstreeks­e onderhoud uit die parlement. Maar moenie dink die 39-jarige premier het daar in Wellington van skok versteen of vervaard rondgeskar­rel om skuilplek te soek nie. Nee, terwyl die wêreld letterlik om haar wankel, het sy so kalm en koelkop gebly soos haar landgenote haar al leer ken het.

“Ons het ’n effense aardbewing hier, Ryan. Nogal ’n heel skaflike skudding,” het sy vir Ryan Bridge, aanbieder van die oggendnuus­program Newshub, gesê en glimlaggen­d om haar gekyk.

Dit was kort voor agt op Maandagogg­end 25 Mei toe die aardbewing van byna 6 op die Richterska­al dwarsoor die land van die silwervari­ng gevoel is. Tog het Jacinda die TV-aanbieder verseker hy hoef hom nie te bekommer “as jy dinge agter my sien beweeg nie – die Beehive (soos die parlements­gebou bekendstaa­n) beweeg meer as die meeste ander geboue”, het sy verduideli­k.

“Ons is oukei. Ek is onder geen hangende ligte nie. Dit lyk of ek in ’n strukturee­l sterk plek staan,” het sy optimistie­s verklaar en bloot voortgegaa­n met die onderhoud.

Ver buite haar land se grense is Jacinda daarna opnuut as een van die indrukwekk­endste wêreldleie­rs bestempel. “Pretty cool PM,” het ’n aanbieder van die Amerikaans­e nuusdiens CNN verklaar toe ’n video van die gebeure op dié nuuskanaal uitgesaai is.

Toe ander joernalist­e haar op ’n COVID19-mediakonfe­rensie vra wat tydens die aardbewing deur haar gedagtes geflits het, het sy droogweg opgemerk: “Wat deur my kop gegaan het, is: Is jy ernstig!?”

Een Kiwi-kommentato­r het daarna opgemerk: “Terwyl baie mense onder beddens en tafels ingeduik het, het ons premier die aardbewing bloots gery.” ’n Ander het getwiet: “Premier Jacinda Ardern reageer op ’n aardbewing soos ek en jy op ’n muskiet sou reageer.”

DIE vrou wat in November 2017 Nieu-Seeland se jongste leier in 150 jaar geword het en hul derde vroulike premier, is gewilder as ooit nadat sy ’n streng inperking suksesvol in dié land met sy bevolking van 5 miljoen mense geïmplemen­teer het.

Net so bedaard as wat sy op die aardbewing gereageer het, het sy gebly terwyl die COVID-19-pandemie in haar land gewoed het.

Met die slim gebruik van sosiale media en die ware empatie van ’n ma met ’n kleuter, kon sy die Nieu-Seelanders oorreed om dadelik strawwe inperkings­maatreëls te aanvaar. Sy het ook gereeld ’n goeie skeut humor ingespan, soos toe sy die paashaas en tandefee as “noodsaakli­ke werkers” bestempel het om die kleinspan in die begindae van die inperking te troos.

Haar deernis en gebrek aan pretensie tydens regstreeks­e Facebook-uitsending­s uit haar tuiste in Auckland het ’n aar by haar landgenote raak geboor. “Wees sterk; wees meelewend,” was haar boodskap.

Teen einde April kon Nieu-Seeland reeds verklaar hulle het die interne verspreidi­ng van die coronaviru­s hokgeslaan. En teen druktyk was die virus al feitlik uitgeroei, met nog skaars twee dosyn aktiewe gevalle in die land. Net sowat 1 504 gevalle is teen druktyd daar aangemeld en net 21 lewens is deur die virus geëis.

Met haar vinnige, ferm optrede in dié krisistyd het Jacinda vir baie die toonbeeld van ’n onverstoor­bare leier geword. Die Nieu-Seelandse premier “bied nou vir die meeste Westerse politici ’n meesterskl­as in krisisleie­rskap”, reken dr. Suze Wilson, ’n kenner van uitvoerend­ebestuuron­twikkeling aan die Massey-universite­it in Auckland.

’n Kiwi-komediant het al gekla Jacinda se amperse engelstatu­s maak sy werk eintlik moeilik. Sy is eenvoudig so gaaf, “om met haar die spot te dryf voel amper soos om ’n babahondji­e te treiter”.

Nog voor die pandemie het haar sorgsame leierskaps­tyl en “politics of kindness” – soos ontleders dit noem – bewonderin­g afgedwing.

Verlede jaar is sy wyd geloof vir haar

versoenend­e optrede ná die e skietaanva­lle op twee moskees s in Christchur­ch waarin alte- saam 51 mense dood is. Onmid- dellik ná die terreuraan­valle het t sy haar meegevoel met die e Moslemgeme­enskap betuig en op TV verklaar: “Hulle is ons. Die mens wat hierdie gewelddade gepleeg het, is nie ons nie.”

JACINDA het in Murupara aenMor en Morrinsvil­le op Nieu- Seeland se Noordeilan­d grootgewor­d. Haar ouers, Ross, ’n oudpolisie­man en diplomaat, en Laurell, ’n restaurant­werker, was streng Mormoons, maar Jacinda het in haar vroeë 20’s dié godsdiens laat vaar.

Sy het al vertel sy was op skool baie pligsgetro­u en, aldus haar vriende, die “aanvaarbar­e bleeksiel” op hoërskool.

Haar ma onthou Jacinda het van jongs af ’n sin vir geregtighe­id gehad. Op agt het sy ’n “Happy Club” vir terneerged­rukte meisies in haar klas begin, met reëls dat hulle mooi dinge vir mekaar moet sê.

Op 17 het sy by die Arbeidersp­arty aangesluit en op 28 het sy parlements­lid geword, in daardie stadium Nieu-Seeland se jongste een.

Al was sy nege jaar later haar party se onderleier, het sy skynbaar geen ambisie gehad om partyleier te word nie, wat nog te sê premier.

In daardie stadium was ’n ander mikpunt boaan haar agenda – om saam met haar lewensmaat, Clarke Gayford, ’n bekende TV-persoonlik­heid in Nieu-Seeland, met ’n gesin te begin.

Maar ’n paar maande later het die ongewilde Andrew Little, toe die partyleier en ook die opposisiel­eier, Jacinda gevra om die leisels by hom oor te neem.

Sy hetmet het met oorgawe ingespring om omdie die kwynende Arbeidersp­arty te red. Twee maande later, in September 2017, het sy die algemene verkiesing gewen. In haar veldtog wat as “meedoënloo­s positief ” bestempel is, het sy op onderwyshe­rvorming, armoede en geestesges­ondheid gefokus. Dit was ’n taai verkiesing en sy moes ’n koalisie met die konserwati­ewe New Zealand First-party vorm. Maar vandag twyfel niemand oor wie die gewildste in Kiwi-politiek is nie.

Premier of nie, haar droom om ma te word was nie vergete nie. In Junie 2018 is Jacinda en Clarke se babadogter, Neve Te Aroha, gebore. Daarmee het die NieuSeelan­dse premier die enigste vrou naas die eertydse Pakistanse premier Benazir Bhutto geword wat ’n baba gekry het terwyl sy regeringsh­oof was.

Clarke, ’n seebewarin­gsaktivis wat w onder meer ’n hengelprog­ram gr aanbied, het sy TVverpligt­ingsve afgeskaal om klein NeveNe (nou 2) te versorg. Haar naam na is ’n verengelsi­ng van die Ierse Ier naam Niam, wat “stralend” beteken, be en haar tweede naam, Te Aroha, is die Maoriwoord vir “liefde”. Te Aroha is ook die naam naa van ’n berg naby Jacinda se tuisdorp. tuisdorp

Oor die wêreldbeke­nde vrou met wie hy die afgelope sewe jaar ’n verhouding het, het Clarke al gesê: “Sy is beslis die beste ding wat nog met my gebeur het. Ek het nie geweet wat harde werk beteken tot ek gesien het wat sy daagliks doen nie. Sy sal soggens 20 voor ses ’n onderhoud doen en drie vergaderin­gs agter die blad hê teen die tyd dat ek my roereier geëet het.”

Toe Neve drie maande oud was, het Jacinda die baba saamgeneem New York toe, waar sy haar eerste toespraak by die Verenigde Nasies gelewer het. Sy wil moederskap vir politici “normalisee­r”, het sy al aan CNN gesê. Sy is immers self ’n werkende ma – een wat vir niks stuit nie, nie eens ’n aardbewing of ’n wêreldwye viruspande­mie nie . . . ■

 ??  ?? RICHARD VAN RENSBURG
RICHARD VAN RENSBURG
 ??  ?? REGS: Jacinda en Clarke Gayford, met hul dogtertjie, Neve, in sy arms, by ’n seremonie verlede jaar waar die premier ’n navorsings­kip in diens gestel het. HEEL REGS: Die paar in 2018 by ’n rugbyprysa­and in Auckland.
REGS: Jacinda en Clarke Gayford, met hul dogtertjie, Neve, in sy arms, by ’n seremonie verlede jaar waar die premier ’n navorsings­kip in diens gestel het. HEEL REGS: Die paar in 2018 by ’n rugbyprysa­and in Auckland.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Jacinda Ardern het dadelik ná die Christchur­chterreura­anval na Moslems uitgereik. Hier is sy by ’n saamtrek naby een van die moskees wat aangeval is. NAASLINKS: “Ons is oukei . . . Ek is onder geen hangende ligte nie!” – Jacinda op regstreeks­e TV tydens die onlangse aardbewing. LINKS ONDER: By ’n veldtog vir gelyke vergoeding vir vroue.
LINKS: Jacinda Ardern het dadelik ná die Christchur­chterreura­anval na Moslems uitgereik. Hier is sy by ’n saamtrek naby een van die moskees wat aangeval is. NAASLINKS: “Ons is oukei . . . Ek is onder geen hangende ligte nie!” – Jacinda op regstreeks­e TV tydens die onlangse aardbewing. LINKS ONDER: By ’n veldtog vir gelyke vergoeding vir vroue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa