Huisgenoot

Mary-Katese volhuis

-

Sedert Mary-Kate Olsen en haar man, Olivier Sarkozy, met die proses van egskeiding begin het, het die coronaviru­s die paartjie se planne telkens bemoeilik.

Mary-Kate (33) het vroeër vandeesmaa­nd van die Franse sakeman (51) probeer skei, maar howe het in daardie stadium van die pandemie geen nuwe niedringen­de sake aanvaar nie.

Maar toe New York se howe op 25 Mei vir nuwe sake open, kon die aktrise, wat veral bekend is vir Full House, eindelik haar aansoek om ’n egskeiding indien.

’n Bron beweer haar haas om die huwelik van vyf jaar te beëindig het baie daarmee te doen dat die egpaar saam met Olivier se eksvrou, Charlotte Bernard (51), en hul kinders, Julien (18) en Margot (16), in afsonderin­g was.

“Olivier was besorg oor die veiligheid van sy gesin tydens die pandemie in New York,” beweer die bron. “Hy het by Mary-Kate aangedring dat hy sy eksvrou, hul kinders en sy ma uit die stad na hul huis in Bridgehamp­ton verskuif.

“Dalk kyk Franse mense kultureel anders na die huwelik, en hoewel Mary-Kate lief is vir sy kinders, was dit te veel om sy eksvrou tydens die pandemie by hulle te laat bly.”

Nog ’n bron beweer die saamblyery met Olivier se familie was bloot die laaste strooi vir die vervreemde egpaar.

“Hulle het bloot uitmekaarg­edryf.

Die plan om sy gesin te laat intrek was sy manier van met sy lewe aangaan, en dit was die laaste strooi vir Mary-Kate.”

 ??  ?? LINKS: Olivier en sy eerste vrou, Charlotte Bernard, was 14 jaar getroud voor hulle in 2010 uitmekaar is. Hulle het altyd goeie vriende gebly.
LINKS: Olivier en sy eerste vrou, Charlotte Bernard, was 14 jaar getroud voor hulle in 2010 uitmekaar is. Hulle het altyd goeie vriende gebly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa