Huisgenoot

BAANBREKER­S IN DIE RUIMTE

- BRONNE: NASA, THE GUARDIAN, CNN, REUTERS, INDIANEXPR­ESS

Bob Behnken en Doug Hurley is al jare lank vriende. Albei is voormalige militêre vlieëniers wat later tot die rang van kolonel bevorder is – Doug in die Amerikaans­e marienekor­ps en Bob in die lugmag.

Bob, wat ’n doktorsgra­ad in fisika aan die California Institute of Technology (bekend as Caltech) behaal het, was eers ’n toetsvlieë­nier, maar het later as ingenieur gekwalifis­eer. Hy is in 2000 met sy eerste poging vir Nasa se ruimtevaar­dersklas aanvaar – nes Doug in dieselfde jaar. Dié was in sy 24 jaar in die Amerikaans­e marienekor­ps eers ’n toetsvliën­ier en later vegvlieëni­er. Doug het ’n graad in siviele ingenieurs­wese aan die Tulane-universite­it in New Orleans, Louisiana, verwerf.

Bob se vrou, Megan McArthur (48), is ’n Nasaruimte­vaarder en oseanograa­f. Doug se vrou, Karen Nyberg (50), het onlangs uit die Nasa-ruimtevaar­derskorps uitgetree.

Die twee baanbreker­s is meer as twee jaar lank vir die geskiedkun­dige sending opgelei en moes twee weke voor die lansering in kwarantyn deurbring – protokol om te verhoed dat ruimtevaar­ders virusse saam met hulle na die Internasio­nale Ruimtestas­ie neem. Op die ruimtestas­ie sal hulle met navorsings­werk besig wees. Dis soos ’n enorme laboratori­um wat om die aarde wentel en waar duisende eksperimen­te al sedert 2000 uitgevoer is – onder meer oor hoe die menslike liggaam in die ruimte aanpas en hoe plante daar groei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa