Huisgenoot

HOE KAN JY JOU KIND VOORBEREI OP DIE TERUGKEER SKOOL TOE?

-

1 Oefen vooraf hoe dinge sal werk

Baie word oor die voorbereid­ing van skole gesê, maar nie veel oor hoe om kinders voor te berei vir hul “nuwe normaal” wanneer hulle terugkeer skool toe nie, sê die spesialiso­ndersoeker Marc Hardwick in ’n video wat soos ’n veldbrand versprei het. Hy sê ouers moet hul kinders sekere gewoontes soos handdruk gee “afleer” en vir hulle nuwe maniere van sosiaal verkeer aanleer wat die virus sal help beveg.

“Ons moet nou tyd opsysit om ons kinders gewoond te maak aan ’n masker dra wanneer hulle in die skool is. Ons moet nou, veral vir die klein ses-, sewe- en agtjariges, ’n masker gee terwyl hulle buite in die tuin speel. Laat hulle ’n uur per dag leer hoe om met die masker aan te speel,” sê Marc, stigter van The Guardian, ’n diens vir die aanmelding van kindermish­andeling.

“Wanneer jy tuisonderr­ig gee, sorg dat hulle ’n uur per dag met hul masker aan daar in hul boeke sit en skryf. Laat hulle elke halfuur hul hande was.”

2 Wees voorbereid op die eerste dag

Vind by die skool uit presies hoe dinge gaan werk, sê Edith Kriel, ’n maatskapli­ke werker van Kaapstad. “Jy wil nie hê jou kind – maak nie saak hoe oud hy is nie – moet by die skool kom en verras wees deur wat op hulle wag nie.”

Sê byvoorbeel­d: “As jy môre by die skool aankom, gaan jy nie vir Juffrou ’n drukkie kan gee nie,” of: “Jy gaan net die maats in jou eie klas mag sien en met hulle praat.”

Dit gee die kind selfvertro­ue in ’n nuwe situasie en maak iets wat oorweldige­nd kan wees hanteerbaa­rder.

3

Wees eerlik, maar vermy bangpraat

Bespreek die virus en die manier waarop dit versprei met jou kind sodat hulle sal verstaan hoekom hulle op skool gereeld moet hande was, ’n masker moet dra en nie aan hul maats moet raak nie.

“Wees eerlik en feitlik, maar moenie vrees gebruik om ’n boodskap oor te dra nie,” sê die Kaapse lewensafri­gter en ouerskapke­nner Mark Fraser-Grant. “As jou kind bang is, gaan hulle bloot in ’n veg-of-vlug-houding in, en dan gaan hulle niks leer by die skool nie en ongelukkig wees.”

Dink mooi oor jou taalgebrui­k, sê hy. “As jy vir hulle dinge gaan sê soos: ‘Moenie aan ander vat nie; jy kan doodgaan,’ gaan hulle net angstig raak.”

Doen jou bes om kalm te bly as jou kind weer skool toe gaan, selfs al vertel hulle jou van ’n maat wat naby hulle gehoes of aan hulle geraak het, sê hy. “Stel hulle gerus dat dit nié die einde van die wêreld is nie en dat dit nié beteken hulle gaan die virus kry of doodgaan nie. Sê net iets soos: ‘Dan gaan was jy jou hande en maak seker jou masker is reg.’ ”

Edith sê ouers en onderwyser­s moet daarteen waak om gewone menslike gedrag, soos om aan iemand te raak, te

straf. Verduideli­k liewer vir jou kind hoekom hulle volgende keer anders moet optree as om met hulle te raas.

4 Lê klem op emosionele welstand; nie net op skoolwerk nie

Moenie nou te veel hamer op hoe dit met jou kind se skoolwerk gaan nie, sê Edith. “Dis nie nou die belangriks­te nie – jou kind se fisieke en emosionele welstand is wat tel.” Dit is jou verantwoor­delikheid om seker te maak jou kind voel veilig en geliefd te midde van al die onsekerhei­d. “Ons gaan as ouers meer drukkies moet gee, meer moet praat en emosioneel teenwoordi­ger moet wees.”

Mark stel voor dat die gesin soggens met mekaar deel waarna hulle uitsien, waarna hulle nie uitsien nie en dan, wanneer hulle by die huis kom, wat hul hoogte- en laagtepunt­e was. “Dit sal verseker julle almal kommunikee­r met mekaar en dat jy makliker kan agterkom as daar kwelpunte is.”

5

Vind alternatie­we vir die dinge wat jou kind mis

Kyk watter alternatie­we jy kan vind vir die dele van skoolgaan wat voorheen vir jou kind lekker was, maar nou nie meer moontlik is nie. “As jou kind lief is vir drukkies gee, help haar om ’n groet uit te werk waarmee sy haar maats kan groet sonder om aan mekaar te raak,” sê Edith. Gesels met jou kind oor wat sy of haar gunsteling­speletjie was om pouses te speel – wat van “trap op mekaar se skaduwees” pleks van gewone aan-aan?

Dr. Arina Fourie, ’n kindertera­peut van Kaapstad, sê sportliefh­ebbers sal dalk treur omdat die sportseiso­en by die skool daarmee heen is. “Jy as ouer gaan saam met hulle moet balskop of hokkieball­e slaan of ’n doelhok oprig waar hulle kan oefen. Moenie dat hulle daai passie verloor nie.”

Help hulle ook om aan nuwe maniere te dink om saam met hul vriende te kuier – as jy dit nog nie gedoen het nie. Hulle gaan mekaar by die skool sien, maar dalk voel asof hulle nie regtig genoeg met hul maats gesels nie. “Reël dat hulle aanlyn ’n kaartspele­tjie speel of elke paar dae op Zoom gesels.”

6 Hou jou kind fyn dop

Moenie aanvaar dat as dit goed gaan tydens die eerste week of drie jou kind ten volle aangepas het nie, waarsku Arina. Aan die begin gaan kinders nog opgewonde wees oor al die nuwighede en selfs daaroor giggel.

“Daarna gaan dit die nuwe norm raak, en dan gaan jy moet uitkyk vir gevaarligt­e – dinge soos veranderen­de eetpatrone, dat hulle hulself afsonder, baie huil of pessimisti­es is,” sê sy. Moenie skroom om jou kind na ’n terapeut toe te neem as dit lyk asof sy sukkel met die aanpassing nie.

“Dit beteken nie noodwendig hulle het ’n issue of is depressief nie. Hulle het dalk net nodig om te ontlaai,” sê Arina. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa