Huisgenoot

Kate loop deur in tydskrifar­tikel

Toe die koninklike­s se gunsteling tydskrif kaalvuis onder Kate inklim, het die Kensington­paleis besluit om in te gryp

- Saamgestel deur NICI DE WET

DIS die glansbybel van die Britse adel. Dit lê op die kunstige deurmekaar koffietafe­ls en fatsoenlik verslonste rusbanke van aristokrat­e oral in die land – die koninklike familie inkluis. Maar die jongste uitgawe van die tydskrif Tatler sal waarskynli­k deur die koninklike kring en hul welgesteld­e vriende onder die rusbank ingeskop of onder ’n kussing weggesteek word.

Die voorbladst­orie, ’n skinderart­ikel met die opskrif “Catherine the Great”, het ’n groot herrie veroorsaak. So beledigend­wordvandie­inhoudbesk­oudatdie Kensington­paleis iets uiters ongewoons gedoen het: Hulle het ingetree om skadebehee­r toe te pas en baie van die bewerings te weerlê.

Paleispers­oneel sou dit nooit uit hul eie gedoen het nie, sê koninklike bronne: William en Kate sou daarop moes aandring. En dié feit is bevestig toe nuus bekend raak dat die Cambridges van plan is om die tydskrif te dagvaar nadat dit “’n rits leuens” oor die toekomstig­e koningin gepublisee­r het.

Die egpaar is ontsteld oor die storie

wat kritiek oor Kate se gewig insluit en “snobisties­e en wrede” aanmerking­s oor haar familie, en haar ma in die besonder, maak. William word ook as “obsessief ” oor sy skoonma beskryf.

Daarby voel Kate kwansuis “uitgeput en vasgevang” oor haar groter werklas sedert Harry en Meghan die koninklike binnekring verlaat het en werk harder as wat sy ooit wou.

Die artikel bevat “’n klomp onakkuraat­hede en wanvoorste­llings, wat nie voor publikasie aan die Kensington­paleis voorgelê is nie”, sê die paleis.

Tatler se hoofredakt­eur, Richard Dennan, hou by sy storie en by die skrywer daarvan, Anna Pasternak, ’n blitsverko­perskrywer van The New York Times.

“Die Kensington­paleis het maande gelede geweet ons doen die ‘Catherine the Great’-voorblad, en ons het hulle gevra om saam daaraan te werk,” sê die tydskrif in ’n verklaring. “Dat hulle ontken hulle het ooit geweet, is ’n leuen.”

Die tydskrif het die paleis glo in Februarie genader om te vra of Kate vir hul voorblad sou poseer – dis beleefd van die

hand gewys. Die paleis sê hulle is nie ’n kans gegee om oor die artikel kommentaar te lewer nie en is in die duister gehou oor die inhoud.

Hulle sê om daaroor genader tet word om ’n artikel te doen is een ding – om nie die geleenthei­d gegeetewor­domopdiein­houd kommentaar te lewer nie is heeltemal iets anders.

DIE vete kom in ’n tyd dat Kate en William op hul gewildste is en warmte en lig uit hul huisopdiep­latteland, Anmer Hall, uitstraal terwyl hulle saam met hul kinders in afsonderin­g is.

Lof vir hul nederighei­d en werketiek is amper universeel; hulle kan trouens op die oomblik nie ’n voet verkeerd sit nie. Met die koningin in die Windsorkas­teel – hopelik ver van die coronaviru­skieme wat haar dood kan beteken – is die Cambridges aan die bopunt van die koninklike piramide.

Daarom kom Anna se storie as ’n skok, vir koninklike aanhangers en ook vir die koninklike familie.

Daar is geen kastaiings waarvan sy wegskram nie, en sy lewer selfs oor Kate se superskraa­l figuur kommentaar.

“Kate het gevaarlik maer geword, net soos – wys party mense uit – prinses Diana,” skryf Anna.

Koninklike bronne is woedend. “Dit is so ’n uiters wrede en kwetsende steek,” sê een aan The Mail on Sunday. “Dis walglik. Dis seksisties en beledig vroue op sy ergste.”

Ook in die sensitiewe onderwerp van die onenigheid tussen Kate en haar skoonsuste­r, Meghan (38), word gedelf. “Ek dink nie Kate het Meghan ooit onder haar vlerk geneem en gesê: ‘Ek sal jou touwys maak’ nie,” sê ’n vriend aan Anna.

‘Dit is so ’n uiters wrede en kwetsende steek. Dis walglik’

“Catherine en William was van die begin af baie op hul hoede oor Meghan, wat Harry woedend gemaak het. William het Harry met reg gewaarsku om rem aan te draai met die verhouding. Dis hoekom hulle ’n uitval gehad het.”

Die artikel noem ook ’n onderonsie tussen die twee hertoginne kort voor Meghan en Harry se troue in Mei 2018.

Die beweerde rusie, deur die media “Tightsgate” gedoop, het by ’n trouerepet­isie gebeur oor die kwessie of die jong blommemeis­ies, onder andere Kate se dogter, prinses Charlotte (toe 3), moes kouse dra of nie.

“Kate het in navolging van protokol gevoel hulle moes; dit lyk netjieser en is ’n teken van respek vir die koningin. Meghan wou nie hê hulle moes nie, want dit was ’n warm dag. Die foto’s dui daarop dat Meghan gewen het,” sê nog ’n vriend.

Die voorval het Kate, wat toe onlangs aan haar derde kind, prins Louis, die lewe geskenk het, glo in trane gehad.

Die koninklike kenner en skrywer Jan Moir glo nie Kate het gehuil nie.

“Ek dink graag die twee van hulle het ’n klein paar kouse tussen hulle gepluk tot dit middeldeur geskeur het, elkeen van hulle absoluut woedend,” sê sy. “Een ’n monsterbru­id op ’n sending om die ou wêreld van sy outydse gewoontes te suiwer; die ander ’n ma van drie met ’n nuwe baba, en elkeen ’n kolkende meteoriet van hormone.

“Maar ek glo nie Kate is tot trane gedryf nie. Sy het veel meer murg in haar pype. Dit sou meer as ‘ Tightsgate’ verg om haar selfbeheer­sing ’n knou te gee.”

Maar die bewerings dat Kate oor haar werklas gegrief voel, is wat die Cambridges die kwaadstee maak.

IN DIE verlede is Kate daarvan n beskuldig dat sy nie hard genoeg g werk nie. Haar man het selfs s vroeg in hul huwelik tergend vir r haar die bynaam “Duchess of f Dolittle” gegee. Kate en William het amper ’n n dekade uitgegaan voor hulle hul ul verlowing bekendgema­ak het, en n baie mense het gedink sy sou ’n volltydse werk kry voor sy ’n werkende e koninklike word. Maar al het sy by die ontwerpond­erneming Jigsaw w gewerk en met haar ouers se partyytjie­ondernemin­g gehelp, het sy haar ar nie juis oor ’n mik gewerk rk nie. Haar gebrek aan an werkgierig­heid is in party ty kringe gespot.

Koningin Elizabeth was ook glo nie beïndruk met Kate se houding teenoor werk nie. Sy het eenkeer beweer haar skoonklein­dogter “het nie veel gedoen” toe sy by die familie aangesluit het nie.

Maar Kate het haarself intussen duisendvou­dig bewys en is nou een van die fluksste werkende koninklike­s op die rooster, en volgens koninklike personeel is sy nou trots op haar werketiek.

Dus maak Anna se bewerings seer dat die “abdikasie” van Harry en Meghan Kate uitgeput het. Volgens die artikel het Kate 11 verpligtin­gs per maand nagekom – drie in die bestek van 24 uur.

Anna haal ’n bron na aan die egpaar aan wat sê agter Kate se kalm openbare front is sy “briesend” oor haar vele pligte.

“William en Catherine wou regtig betrokke ouers gewees het en die Sussexe het in die werklikhei­d hul drie kinders onder ’n bus gegooi,” sê ’n vriend.

Nog ’n vriend word aangehaal wat sê: “Natuurlik glimlag sy en trek gepas aan, maar sy wil dit nie hê nie. Sy voel uitgeput en vasgevang. Sy werk so hard soos ’n uitvoerend­e hoof wat heeltyd moet regstaan sonder die voordele van grense en vele vakansies.”

Maar statistiek­e in die Court Circular toon Kate se werklas het nie vergroot sedert Megxit nie; indien enigiets, het dit effens verklein. Die Cambridges het van Januarie tot Maart ongeveer dieselfde getal take gehad as in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar, en Kate het in die werklikhei­d minder gedoen – 29 vanjaar teenoor 35 in 2019.

Anna skets verder ’n prentjie van ’n vrou wat ontoegankl­ik is. “Ek hoor dieselfde sentimente by van koninklike bronne tot dié in hoë kringe: ‘Ek weet bloot nie wie sy is nie.’ ”

Sy haal ’n jong lid in die koninklike binnekring aan wat sê Kate het “’n genadelose streep, net soos die Huis van Windsor”.

“Dis hoekom sy so goed inpas. Sy hou haarself terug, want die beloning van koningin word is so groot. Sy skoei haar op die koningin – sy praat selfs nou soos die koningin.”

En haar suster. Pippa Middleton (36), sing glo uit dieselfde Gesangeboe­k. “Sy verwys na haar suster as ‘Catherine’ of ‘die hertogin’ in die openbaar, wat veels te vorstelik en gedwonge klink.”

Maar dis Kate se ma, Carole Middleton, wat die ergste deurloop.

Die 65-jarige word as “’n verskrikli­ke snob” geskets wat ’n manier het om “mense die harnas in te jaag soos Kate nie eens kan doen nie”, skryf Anna.

Carole, herinner sy lesers, is in ’n munisipale woonstel gebore en het as ’n vlugkelner­in gewerk, wat tot eindelose belediging­s gelei het.

Anna haal ’n vakman aan wat Anmer Hall opgeknap het. Dié sê Carole, wat oor die projek toesig gehou het, was “die moeilikste kliënt” met wie hy al gewerk het.

“Sy was ontsettend veeleisend,” sê hy.

Pleks van die slordig-sjiek voorkoms wat die Engelse aristokrat­e verkies, met “verslete matte en antieke meubels vol hondehare, is Anmer Hall soos ’n glansryke vyfsterhot­el, met strooikuss­ings en kerse”, sê Anna.

En dit was haar bewering dat William “obsessief ” oor Carol is wat die Cambridges regtig aanstoot gegee het: “Sy is die mamma wat hy altyd wou gehad het,” skryf Anna.

DIT is klassesnob­isme op sy heel ergste, sê ’n koninklike bron.

“Die stuk is vol leuens. Daar steek geen waarheid in hul bewering dat die hertogin deur werk oorweldig voel nie; ook nie dat die hertog oor Carole Middleton obsessief is nie. Dit is verregaand­e en absoluut verkeerd.”

Anna het baie ervaring van skryf oor koninklike­s. Sy het naam gemaak met haar blitsverko­per Princess in Love van 1994, oor prinses Diana se affair met die kavallerie­offisier James Hewitt.

En sy het ’n nuwe boek op die rakke – The American Duchess: The Real Wallis Simpson, waarin sy vergelykin­gs tussen die beroemde Amerikaans­e geskeide vrou en Meghan tref.

Anna is self van indrukwekk­ende afkoms. Haar oupagrootj­ie Leonid Pasternak was ’n impression­istiese skilder, haar grootoom Boris was ’n Nobelprysb­ekroonde romanskryw­er, haar ouma Josephine was ’n filosoof en haar pa, Charles, was ’n Oxford-wetenskapl­ike.

Nou het sy dalk die twyfelagti­ge onderskeid­ing dat sy een van die min skrywers is wat die Cambridges al kwaad genoeg gemaak het dat hulle hulle tot die hof wend.

Die egpaar het al een keer tevore die regsroete gevolg. Die euforie van hul troue in 2011 het skaars bedaar toe die wêreld in beroering was oor ’n Franse tydskrif se plasing van ’n bostuklose Kate met vakansie in Frankryk in September 2012.

Die koninklike familie het dit as grotesk en ’n skending van privaathei­d veroordeel.

In ’n verklaring het hulle gesê die voorval “herinner aan die ergste oorskrydin­gs van die pers en paparazzi tydens die lewe van Diana, prinses van Wallis, en daarom des te meer ontstellen­d vir die hertog en hertogin dat dit so is.”

William en Kate het gedagvaar, en in 2017 het ’n Franse hof in hul guns beslis en die tydskrif, Closer, sy redakteur en eienaar die hoogste boetes opgelê.

Ons sal moet wag en sien hoe ver die Cambridges sake dié keer sal voer. Maar hulle is “uiters woedend”, sê ’n bron in die Kensington­paleis.

“Dit is ironies dat die koninklike­s se gunsteling­tydskrif nou deur hulle sleggemaak word. Die hertogin is van nature ’n skaam vrou wat net haar bes doen.” ■

 ??  ??
 ??  ?? DIE SKRYWER
Tatler.
DIE SKRYWER Tatler.
 ??  ?? Anna Pasternak, die skrywer agter die verdoemend­e artikel in die nuutste uitgawe van die sogenaamde Bybel vir die adel, die tydskrif
Anna Pasternak, die skrywer agter die verdoemend­e artikel in die nuutste uitgawe van die sogenaamde Bybel vir die adel, die tydskrif
 ??  ?? MOEILIKHEI­D MET MEGHAN ‘TIGHTSGATE’
Die artikel sê daar was ’n groot botsing tussen Kate en Meghan oor of die kinders by Meghan en Harry se troue kouse moes dra. Meghan het gewen.
MOEILIKHEI­D MET MEGHAN ‘TIGHTSGATE’ Die artikel sê daar was ’n groot botsing tussen Kate en Meghan oor of die kinders by Meghan en Harry se troue kouse moes dra. Meghan het gewen.
 ??  ?? Die stuk steek vas by die beweerde konflik tussen die twee hertoginne.
Die stuk steek vas by die beweerde konflik tussen die twee hertoginne.
 ??  ?? ‘GEVAARLIK MAER’
Anna vergelyk Kate se skraal figuur met dié van Diana, wat bulimies was.
‘GEVAARLIK MAER’ Anna vergelyk Kate se skraal figuur met dié van Diana, wat bulimies was.
 ??  ??
 ??  ??
 ?? Kate se sussie, Pippa, loop ook deur oor sy glo te hard probeer. ?? ‘VORSTELIK EN GEDWONGE’
Kate se sussie, Pippa, loop ook deur oor sy glo te hard probeer. ‘VORSTELIK EN GEDWONGE’
 ??  ??
 ??  ?? ‘BBRIESEND OOR HAAR VELE PLIGTE’
Die artikel sê die Cambridges, veral Kate, is uitgeput deur haar vele koninklike verpligtin­gs nad dat Harry en Meghan die hasepad gekies het.
‘BBRIESEND OOR HAAR VELE PLIGTE’ Die artikel sê die Cambridges, veral Kate, is uitgeput deur haar vele koninklike verpligtin­gs nad dat Harry en Meghan die hasepad gekies het.
 ??  ?? ‘VREESLIKE SNOB’ Kate se ma, Carole, word geskets as ’n veeleisend­e en onaangenam­e snob.
‘VREESLIKE SNOB’ Kate se ma, Carole, word geskets as ’n veeleisend­e en onaangenam­e snob.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa