Huisgenoot

Marisia en Marc van The Bachelor dolverlief

HullewasHu­lle was eers saam voor The Bachelor se kameras, toe saam in Thailand en nou gelukkig saam ingehok

- Deur MARELIZE GRBICH

DIT sou ’n skok vir enige nuwe paartjie wees – om die inperking van meer as twee maande saam deur te bring. Soveel te meer vir Marc Buckner (36), die hartebreke­r van die M-Net-kompetisie­reeks The Bachelor SA, en Marisia van Wyk (24), die blondine wat sy hart voor die TV-kameras en kykers landwyd gesteel het.

Maande lank was Suid-Afrikaners vasgenael voor die kassie om te sien hoe dié liefdesver­haal ontvou tot hy haar aan die einde van die reeks gekies het. Dit was die een glansryke afspraak ná die ander – met die twee verliefdes in ontwerpers­klere, en, natuurlik, die kameras en mikrofone wat elke blik, fluisterin­g en soen vasvang.

Toe, skielik, is dit net hulle twee, alleen in Marc se woning in Kaapstad, terwyl die coronaviru­spandemie Suid-Afrikaners dwing om tuis te bly. Sonder stiliste, sonder regisseurs en kameras; gestroop voor mekaar. Want nadat die reeks klaar verfilm was, het Marisa by Marc ingetrek – en dít tydens die inperking.

Boonop moes hulle die feit dat hulle al sedert die einde van die verfilming van die reeks ’n paartjie is geheim hou tot die laaste episode uitgesaai is.

Maar die werklike lewe saam is tot dusver wonderlik, verseker die verliefde e paartjie Huisgenoot tydens ’n video- onderhoud kort nadat die laaste episo- de van die reeks uitgesaai is.

“Dit is soveel meer eg, en dit is iets wat at so belangrik is vir ons verhouding,” sê ê Marisia.

“Die inperking het ons gehelp,” beaam m Marc. “Ons bring tyd saam deur en het et baie van mekaar geleer. Nou weet ons ns dat ons saam kan bly en by mekaar pas. as. As jy hierdeur kan kom, kan jy deur eniggiets kom.”

Hulle erken dat die verhouding nog og jonk is, maar hul ineengevle­gte vingers, rs, onderlinge blikke na mekaar en stralennde gesigte verklap hulle is smoorverli­ef. f.

Daar was darem nog ’n stukkie bederf rf nadat die kameras in Desember ophou ou rol het – M-Net het hulle met ’n geheime me wegbreek na die tropiese eiland Phoeket et in Thailand bederf, weg van die produksies­pan én kykers se nuuskierig­e oë.

“Dit was nogal vreemd aan die begin,” erken Marc. “Ek was opgewonde om haar te sien, maar toe is daar al weke verby ná die finale episode en ons is in ’n vreemde land.”

Marisia sê dit was vir haar moeilik om hom uit te los toe hulle deur doeane gaan. “Ons moes so versigtig wees, want ons het nie geweet hoeveel Suid-Afrikaners om ons is nie.” As ’n verbygange­r gesien het hoe die twee vir mekaar koer,

sou dit neusie verby gewees het met die afwagting op die kassie.

Die vakansie was net wat hulle nodig gehad het. Hulle kon die omgewing saam verken, in grotte roei, stap en die land se eksotiese geregte beproef.

Hulle het ook baie gelag. En elke dag kon hulle iets nuuts van mekaar ontdek, sê Marc.

“Dit was alles wonderlik,” sê Marisia. “Ons het die olifante gevoer, geswem, en die een dag het ons omtrent ses uur lank net in een rigting gery.”

En toe hulle die nuwe jaar saam inwag,

was dit di ook k die di begin b i van ’ ’n nuwe h hoof- f stuk saam. “Hy was my laaste soen van 2019 en my eerste soen van 2020,” sê Marisia met ’n vonkel in die oog.

TYDENS die onderhoud lyk die paartjie gemaklik, asof hulle mekaar al jare lank ken. Die meubels op die agtergrond lyk huislik en die beligting is sag. Hulle is onopgesmuk in winterbaad­jies aangetrek, en af en toe spring Marc op om na ’n hoender in die oondrooste­r om te sien.

Marisia het tydens die verfilming nog in Johannesbu­rg gewoon en gewerk, maar het aan die einde van Januarie Kaapstad toe verhuis. Sy beoog om haar meestersgr­aad in spraaktera­pie aan die Universite­it Stellenbos­ch te verwerf. Sy het dié aansoekpro­ses al afgehandel voor sy die stel van The Bachelor betree het.

Toe die inperking in Maart aangekondi­g is, het dit vir hulle sin gemaak om dit saam deur te bring en het Marisia vir dié tyd by Marc ingetrek.

Hul ouers ondersteun hul verhouding; trouens, Marisia sê haar ouers, Anton en Marietjie, wat in Johannesbu­rg woon, he het haar aangemoedi­g om by Marc in te trek. “Hy is my ondersteun­ingsra raamwerk en my huis weg van die hu huis.”

S Saam het hulle ’n rustige roetine en ritme i gevestig. “Die dae begin met oggendkoff­ie, wat Marc maak,” vertel Marisia.

Dan trek hulle hul rekenaars nader om te werk. Sy werk aan haar meestersgr­aad en bied aan lyn spraak terapie lesse aan, en hy dryf handel met geldeenhed­e.

“Tussen alles bring ons tyd saam deur, gaan draf, of doen saam ’n oefensessi­e. Saans maak Marc meestal aandete, en dan kyk ons ’n fliek.”

Sy was gewoonlik die skottelgoe­d, sê Marisia, maar die res van die skoonmaakw­erk is ’n spanpoging.

Op die oomblik het sy steeds haar eie woonstel ’n entjie weg van Marc se huis in Seepunt, maar hulle oorweeg dit om die saamblyreë­ling dalk permanent te maak – en miskien saam ’n hond te kry.

“Die tyd saam het regtig vir my Marc se hart gewys,” sê Marisia. “Ek sien hoe hy dinge met sy hart en siel doen.

“Ek was so ’n ruk terug ongelukkig oor negatiewe kommentaar van die publiek. Hy het my daardeur gehelp en dit het soveel vir my beteken. En het al gesien hoe hy dit vir ander mense ook doen. Dit maak my net meer verlief op hom.”

Vir Marc was hierdie tyd net so besond ders en het hy meer as ooit gesien hoeve veel Marisia vir ander omgee. “Ons dink diiesel dieselfde oor dinge, en sy is oop vir verandea andering en groei.”

Op die kassie het kykers gehoor Mar Marc was aanvanklik bekommerd oor die ouderdomsv­erskil o van 12 jaar tussen hulle, maar dit is nou nie meer ’n kwe kwessie nie. “Hoe meer tyd ek saam met Marisia deurbring, hoe meer besef ek dat sy presies is wat ek in ’n ma maat soek.”

N Nou kan hulle skaars wag om die Mo Moederstad as ’n paartjie te verken. ““Ek is lief vir Houtbaai, want dit is wa waar ek grootgewor­d het,” vertel Ma Marc. “Daar is ’n roomyswink­el wat ’n v vriend van my besit, en ek kan nie wa wag om saam met haar soontoe te ga gaan nie.”

Een ding wat hulle nie saam gedo doen het die afgelope paar maande ni nie, is om die reeks saam te kyk. Sy deelname was een van die m moeilikste dinge wat hy nóg gedoen het, h sê Marc.

“Diem “Die meeste mense sal sukkel om dit te verstaan. Die deelnemers belê regtig emosioneel daarin. Ek wou nie mense seermaak nie, en ek wou ook nie hê my eie hart moes gebreek word nie.” Daarom het hy net die eerste en laaste episode gekyk. “Wat die res betref, het ek Marisia se reaksie dopgehou en dan het ons ná die tyd daaroor gepraat.”

Sy het aanvanklik al die episodes gekyk, vertel Marisia, maar namate hul verhouding gegroei het, was dit vir haar moeilik om te sien hoe hy ook ervarings met die ander vroue gehad het.

“Ek het na ons liefdesver­haal gekyk en dan vlugtig na die res. Dit was lekker om dit te herleef, want dit is nogal spesiaal hoe alles begin het.”

VOOR die kameras moes alles in Engels gebeur. Het Marisia die inperking gebruik om haar kêrel ’n paar Afrikaanse woorde te leer? “Ja,” sê Marc en demonstree­r hoe Marisia na hom roep: “Liefie, waar is jy?” Marisia lag uit haar maag. “Alles is agterstevo­or om,” skerm hy oor sy gesukkel met haar moedertaal.

Die spraaktera­peut kom in Marisia na vore. “Sy reseptiewe gehoor is goed – hy verstaan as ek Afrikaans praat.”

Hulle kyk weer diep in mekaar se oë. En dit maak nie saak wie op watter skerm kyk nie. ■

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO:
The Bachelor se Marc Buckner en Marisia van Wyk in sy huis tydens die inperking. LINKS: Die laaste TVaand saam voor Marc sy keuse moes maak.
Op ’n romantiese wegbreek op die eiland Phoeket in Thailand.
HOOFFOTO: The Bachelor se Marc Buckner en Marisia van Wyk in sy huis tydens die inperking. LINKS: Die laaste TVaand saam voor Marc sy keuse moes maak. Op ’n romantiese wegbreek op die eiland Phoeket in Thailand.
 ??  ?? KLOKSGEWYS, van links bo: In Phoeket het hulle elke dag ’n avontuur beleef; ’n soen in ’n straat; hulle het grotte verken en saam met olifante geswem.
KLOKSGEWYS, van links bo: In Phoeket het hulle elke dag ’n avontuur beleef; ’n soen in ’n straat; hulle het grotte verken en saam met olifante geswem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa