Huisgenoot

Heerlike heilsame eenbakmaal­tye

Dié heerlik heilsame eenbakmaal­tye sal almal laat vra vir nog

- Versorg deur ESTHER MALAN

OOSTERSE BEESVLEIS-EN-SAMPIOENBA­KKIES

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

375 ml (1½ k) soesjirys 250 ml (1 k) klappermel­k 250 ml (1 k) water

30 ml (2 e) sojasous

10 ml (2 t) sesamolie 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 400 g steak

100 g sjiïtake- of bruinsampi­oene

30 ml (2 e) groenteoli­e

1 bos pak choi, gehalveer, of 150 g babaspinas­ie 150 g mangetout-ertjies, skoongemaa­k 1 murgpampoe­n, gerasper 4 eiers rissiesous (sien wenk)

1 Spoel die rys deur ’n sif af tot die water skoon is. Plaas in ’n kastrol saam met die klappermel­k en water. Verhit oor matige hitte tot dit kook, sit die deksel op en laat prut 12 min. oor lae hitte. Plaas vir 10 min. eenkant met deksel op.

2 Meng die sojasous, sesamolie en knoffel in ’n bakkie en hou eenkant. 3 Verhit ’n braaipan oor hoë hitte. Braai die steak 3 min. aan elke kant. Voeg die sampioene by, draai die steak om en braai 1 min. Giet die helfte van die sojamengse­l in, laat prut 1 min. en draai die steak om sodat dit met die sous bedek is. Verwyder uit die pan. Laat die steak 5 min. rus en sny in dun skywe.

4 Verhit die helfte van die groenteoli­e in dieselfde pan oor hoë hitte. Roerbraai die pak choi, ertjies en murgpampoe­n 1-2 min. tot net sag. Voeg die oorblywend­e sojamengse­l by en laat prut 15 sek. Skep in ’n bak en hou warm.

5 Verhit die oorblywend­e olie in dieselfde pan. Breek die eiers in die pan en braai 1-2 min. of tot gaar na jou smaak. 6 Verdeel die rys tussen vier bakke. Bedek met die groente, beesvleis en eier. Rond af met ’n skeut rissiesous.

Maak jou eie rissiesous: Meng 15 ml (1 e) elk gochujang (Koreaanse rissiepast­a) of sriracha, rooiwynasy­n en water, 30 ml (2 e) elk strooisuik­er en sesamsaad en 5 ml (1 t) sesamolie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa