Huisgenoot

Tien kossoorte wat mooimaak

Jy is wat jy eet! Dié superkosse kan jou help om stralend te lyk met ’n glansende vel en hare

- MARK BROOK/ BAUERSYNDI­CATION.COM.AU/ MAGAZINEFE­ATURES.CO.ZA

1 BROCCOLI

Broccoli word nie verniet ’n supergroen­te genoem nie. Dit is propvol vitamien C, wat kan help met verbeterde veltekstuu­r en hidrasie. Broccoli bevat ook vitamien A, en volgens die dieetkundi­ge Melanie McGrice kan ’n tekort aan dié vitamien lei tot dowwe pleks van helder oë wat skitter.

Die natuurgene­ser Karina Francois voeg by: “Broccoli het ’n hoë swaelinhou­d, wat help ontslae raak van gifstowwe in die lewer wat andersins hul weg deur die vel kan vind en helderheid en elastisite­it verminder.”

2 BLOEDLEMOE­NE

“Daar is niks mooier as ’n pragtige glimlag nie, en bloedlemoe­ne is ’n wonderlike bron van vitamien C, wat noodsaakli­k is vir gesonde tandvleis en tande,” sê Melanie.

In ’n studie wat in die mediese tydskrif The American Journal of Clinical Nutrition gepublisee­r is, is bevind die vel van vroue wat meer vitamien C inneem, het ’n jeugdiger voorkoms. Daar is ook bevind bloedlemoe­ne het nege keer die antioksida­ntvermoë van gewone nawellemoe­ne.

3 SJIÏTAKESA­MPIOENE

Sjiïtakesa­mpioene kan wondere vir jou vel se voorkoms verrig. “Anders as ander variëteite is dit ’n bron van vitamien D3, ’n voedingsto­f wat kan help om inflammato­riese toestande soos aknee, psoriase en ekseem te verlig,” verduideli­k Karina.

Volgens ’n studie wat in die vaktydskri­f Experiment­al Dermatolog­y gepublisee­r is, kan ’n verhoging in jou vitamien D-inname aknee-uitslae, wat algemeen tydens en ná menopouse plaasvind, verminder deur die vrystellin­g van olie te reguleer. Sampioene bevat ook beta-glukane, wat immuniteit kan versterk. “’n Verswakte immuunstel­sel maak jou nie net t vatbaarder vir infeksie ksie nie; dit lei ook tot glanslose vel en hare,” sê Karina.

4 TAMATIES

“Tamaties bevat die kragtige antioksida­nt likopeen, wat jou vel teen UV-skade kan help beskerm,” sê Melanie. Tamaties is ’n bron van vitamien A, B en C, wat volgens kenners die velkleur kan verbeter en die voorkoms van fyn lyne en plooie kan verminder terwyl kollageen opgebou en elastisite­it gehandhaaf word. Die saamtrekke­nde eienskappe van salisielsu­ur wat in tamaties voorkom, absorbeer ook oortollige olie en kan so die sigbaarhei­d van groot porieë verminder, sê Karina.

Brasiliaan­se neute bevat ’n verskeiden­heid essensiële vetsure, die boustene van gesonde selle

5 BESSIES

Daar steek meer in bessies as wat ons dink. “Bloubessie­s bevat antosianie­ne, wat kragtige antiinflam­matoriese eienskappe het, en is glo voordelig vir ooggesondh­eid,” sê Melanie. Frambose en aarbeie bevat antioksida­nte wat die vel se voorkoms kan verbeter. “Benewens vitamien C, wat die vel sy struktuur en elastisite­it gee, bevat hulle ellagiensu­ur, ’n sterk chemiese middel wat vrye radikale kan help afweer,” sê Karina.

6 BRASILIAAN­SE NEUTE

Neute is bekend as ’n bron van hartgesond­e vette, en

Brasiliaan­se neute het die hoogste hoeveelhei­d seleen, ’n belangrike spoorminer­aal wat die velvoorkom­s kan verbeter, veral as dit met vitamien E gekombiomb­ineer word. “Hierdie kragtige antioksida­nt ti k id t beskerm jou vel teen die skade van vrye radikale en hou dit gesond en stralend,” sê Karina.

Seleen kan ook help met die behandelin­g van skilfers. Brasiliaan­se neute bevat ’n verskeiden­heid essensiële vetsure – die boustene van gesonde selle – insluitend olie- en linoleensu­ur. “Dié sure help handhaaf die vel se plompheid en kan ’n antiinflam­matoriese effek hê,” sê sy.

7KLAPPEROL­IE

Klapperoli­e bevat louriensuu­r, ’n vetsuur wat ideaal is vir droë hare en vel. Spoel dit in jou mond rond om bakterieë te verminder. “Die antivirale en kiembestry­dende eienskappe maak dit ook ’n doeltreffe­nde behandelin­g vir ’n reeks inflammato­riese veltoestan­de soos aknee en ekseem,” sê Karina.

8

OLIERIGE VIS

Navorsers aan die Universite­it van Kalifornië sê olierige vis – soos haring, forel, makriel of salm – kan jou help om jou jeugdige voorkoms te be- hou danksy die hoë konsentras­ie omega-3-vetsure daarin. “Olierige vis is een van die beste kosse vir jou liggaam,” sê Melanie. Mense met droë of ontsteekte veltoestan­de soos aknee, ekseem of psoriase kan baat vind by ’n verhoogde omega-3-inname. Karina voeg by: “Benewens hul antiinflam­matoriese eienskappe is olierige vissoorte ’n goeie bron van seleen, jodium en proteïene, wat die vel kan help om homself te genees en so sorg vir ’n gesonde, stralende gelaat.”

9

NATUURLIKE JOGURT

Natuurlike jogurt is heerlik heilsaam en kan help om jou vel helderder en jou hare blinker te hou. “Benewens proteïene, kalsium en vitamien D is natuurlike jogurt ’n ryk bron van probiotika – die voordelige bakterieë wat ’n gesonde dermkanaal handhaaf,” sê Karina. Dis nie net lekker om te eet nie; dit kan ook as opknappend­e haarmasker­asker en alkalisere­nde gesigmaske­r gebruik word.

Melksuur – ’n alfahidrok­sisuur (AHA) wat in natuurlike jogurt voorkom – dien ook as ’n sagte afskilferm­iddel vir die vel.

10 PAMPOENPIT­TE

Pampoenpit­te is ’n kragtige superkos vir jou vel. “Dit is ’n bron van sink, wat help om kollageen te behou en velvernuwi­ng bevorder,” sê Karina. Essensiële vetsure beheer olievervaa­rdiging en handhaaf vogvlakke, terwyl vitamien A en E help om ’n eweredige gelaatskle­ur te bevorder. “Pampoenpit­te bevat triptofaan, wat kan help met ’n goeie nagrus en vir ’n vars voorkoms kan sorg,” sê sy. In navorsing wat in die British Journal of Dermatolog­y gepublisee­r is, is bevind seleen – wat ook in pampoenpit­te voorkom – kan ’n mate van UV-beskerming bied om velskade te voorkom. ■

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa