Huisgenoot

Oudrugbysp­eler Ricky Schroeder is nou deel van die Tussen onsspan

Dié oudrugbysp­eleroudrug­bg is nou ook ’n televis televisies­ter

-

TV-MAN

Hy speel beroepsrug­by vandat hy 18 jaar oud was en het al vir die Westelike Provinsie, Goue Leeus en Southern Kings uitgedraf. Nou is Ricky Schroeder (29) weekliks op die kassie te sien in die geselsprog­ram op kykNET & kie. “Ek was van dag een ’n aanhanger van die program en ek was daar toe hulle die eerste episode geskiet het,” vertel hy.

Dis vir hom wonderlik om saam met die dinamiese vroue in die paneel te werk – oudpres. Nelson Mandela se gewese assistent Zelda la Grange, die Kuierredak­teur, Kay Karriem, Ingrid Jones en Success Lekabe. “Die inhoud van die program raak ons lewens op die een of ander manier. Dis wonderlik om by ’n program betrokke te wees wat ’n verskil maak in mense se lewe.”

Met dié dat daar tydens die inperking nie meer ’n gehoor in die program is nie, is Ricky nou as vloerbestu­urder te sien. Hy verwelkom ook die vroue op die vloer. Wanneer sake na normaal terugkeer, sal hy die rol van die aanbieder, Tracey Lange, oorneem om vrae aan die gehoor te rig.

FAM FAMILIEMIL­IE EERSTE Dié D boorling van Worcester in ddie die Wes-Kaap se liefde l vir rugby het begin toe toee sy pastoorpa, D Derick, hom en sy jonger suster, susster, Charelle, en br broer, Clyde (nou 23), na die oop stuk veld in hu hul woonbuurt geneem het waar waaar hulle gereeld m met ’n rugbybal gespeel het. Sy SSy suster, aan wie hy baie geheg was, is in 2009 20009 oorlede. Hy w was toe in matriek aan die Paul Paaul Roos Gimnasiu Gimnasium op Stellenbos­ch. “Sy was 17 en het he gesterf ’n week voor ek saam saaam met die WP Cravenweek toe moes gaan. gaaan. Dit was uitdagend, uitda maar my familie se ondersteun­ing onndersteu­ning het my deurgedra. Ek het toe Cravenweek Crravenwee­k gespee gespeel en ons het gewen.”

Sy ma, Ricka, het einde 2017 siek geword. In dieselfde jaar het hy besluit om sy rugbystewe­ls weg te pak en terug te keer Kaap toe om sy familie in dié moeilike tyd te ondersteun.

Sy ma is in 2018 oorlede. “Ek wou terug Kaap toe kom om meer tyd saam met my familie deur te bring. Hulle het my so lank in my lewe geprioriti­seer en gesteun,” sê hy.

RADIOMAN Hy bring tans die inperking deur saam met sy broer en pa in hul huis in die noordelike voorstede van Kaapstad.

“My broer is ’n maatskapli­ke werker en is op die front line. Ek en my pa het ontsettend baie tyd saam deurgebrin­g in die inperking, wat wonderlik is.”

Hy het ook sy voet in die radiobedry­f gekry toe hy in 2017 een van die wenners van die Kaapse radiostasi­e KFM se Toyota KFM Crew Search-kompetisie was.

Tracey Lange, wat ook daar werk, het hom onder haar vlerk geneem en dié twee is boesemvrie­nde buite die werkplek. “Ek was die een wat haar moes verras met die nuus op die dag toe ons aankondig dat sy nou deel is van die KFM-span. Ek het op 4 Mei 2018 ’n onderhoud met haar gevoer by haar woonstel. Twee jaar daarna het ek op dieselfde datum by Tussen ons begin werk.”

Ricky is ook ’n rugbyafrig­ter by die Hoërskool Milnerton en ’ n rugbykomme­ntator op SuperSport. Praat van bedrywig! ■

 ??  ??
 ??  ?? yRicky en die radioaanbi­eder Tracey Lange is boesemvrie­nde buite die werkplek.
Deur JODY- LY LYNN TAYLOR
yRicky en die radioaanbi­eder Tracey Lange is boesemvrie­nde buite die werkplek. Deur JODY- LY LYNN TAYLOR
 ??  ?? BO: Ricky Schroeder by sy pa, Derick, en broer, Clyde. REGS: Op die stel. Hy sê hy werk saam met dinamiese vroue, onder wie Kay Karriem (links) en Zelda la Grange.
BO: Ricky Schroeder by sy pa, Derick, en broer, Clyde. REGS: Op die stel. Hy sê hy werk saam met dinamiese vroue, onder wie Kay Karriem (links) en Zelda la Grange.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa