Huisgenoot

Ontmoet Maak my famous se 10 finaliste Plus: Kyk watter reekse is terug

Ontmoet die 10 finaliste in die tweede seisoen van Emo Adams se talentsoek­reeks

- Deur ROXANNE MOONEYS

NICOLEEN SAAL (20)

Dié D meisie van Ocean O View in Kaapstad K het die Maak my famousgeho­or behoorlik uitgeboul met haar weergawe van Whitney Houston se liedjie “I Look to You”. Nicoleen het voorheen fiksheid aan die Eta-kollege studeer. “My besluit was om nie voort te gaan met my studie nie as gevolg van Maak my famous. Ek voel vanjaar is die jaar dat ek nie gaan twyfel om uitdagings buite my gemaksone aan te gryp nie. Ek sien dit ook as ’n geleenthei­d waardeur ek meer van myself kan leer en groei deur al die uitdagings wat die kompetisie bied,” vertel Nicoleen.

DAYLIN SASS (21) Daylin, wat oorspronkl­ik van Hano ver Park in Kaap stad is, het baie lank as agtergrond­sanger in Kaapstad opgetree, maar het besluit om nou self die kollig te betree. “Ek het ná matriek by Cape Music Institute gaan swot en ensemble practice met lof geslaag. Ná baie gevegte met myself het ek eindelik verlede jaar besluit om my droom te volg en musiek voltyds te doen.”

TAMARYN (21) EN AYDEN (24) BEUKES

Dié singende suster en broer kom al die pad van Walvisbaai in Namibië en het albei aan die Sekondêre Skool De Duine gematrikul­eer. Tamaryn is ’n geregistre­erde paramediku­s in Walvisbaai, terwyl Ayden besluit het om vir eers sy onderwysst­udie opsy te skuif om aan Maak my famous te kan deelneem. “Ons het besluit om die leap of faith te vat met Maak my famous. Ons sou aanvanklik nie ingeskryf het nie, maar die gemeenskap van Narraville (in Walvisbaai) het ons soort van gedwing om in te skryf met die woorde: ‘As julle nie gaan inskryf nie, gaan ons self vir julle inskryf,’ ” vertel hulle.

REGGIE B (24) Jip, Reagan Plaatjies – oftewel die rapper “Reggie B met ’n kolletjie-‘i’ ” – is van Rawsonvill­e in die WesKaap en het aan die Hoërskool Breërivier op Worcester gematrikul­eer. Reggie werk tans as ’n fotograaf. “Dit was nog altyd my droom om op TV te wees,” vertel hy. “Ek het Maak my famous vanjaar probeer om my droom te volg. Ek het ook ingeskryf omdat dit ’n platform skep vir plaaslike kunstenaar­s om gesien te word. Ek wil die land aan my talent blootstel en dit uitleef. Vir my gaan dit nie oor wen nie; ek wil net ná die kompetisie genoeg werk hê en oral optree, want ek is eintlik ’n sukkelende kunstenaar op soek na werk.”

EMMA ELLIS (25) Maak my famous is nie dié boorling van Port Elizabeth se eerste probeersla­g met talentkomp­etisies nie. Emma het voorheen aan Idols, The Voice SA en Die kontrak deelgeneem. Sy het drie jaar gelede Pretoria toe verhuis om haar musiekdroo­m na te volg. “Maak my famous is beslis my gunsteling tot dusver. Ek het ingeskryf omdat dit gelyk het soos die perfekte platform vir my. En ek was reg! En my ma sou baie ontsteld gewees het as ek nie het nie. Sy love die show en vir Emo,” sê Emma.

DIE WESSO’S Die Wesso- neefs Leroy (25), Emmanuel (28) en ShuShane ( 31) van George tree saam op as die gospelgroe­p Die Wesso’s. Leroy is ’n voltydse musikant, Emmanuel werk as verkoopsma­n en Shu-Shane is tans ’n drywer. “Ons wou nog altyd ’n sukses van ons sangloopba­an maak en ons droom bewaarheid. Ons werk hard, maar geleenthed­e is skaars. Deur Maak my famous kan groepe soos ons ons liefde uitleef en alles in musiek bereik wat ons nog altyd wou,” vertel hulle.

HERTON JOSEPHS (26) Dié danser en boorling van Kuilsrivie­r in Kaapstad het op 12 sy eerste blootstell­ing aan die vermaakbed­ryf gekry toe hy ’n talentkomp­etisie in Brackenfel­l gewen het. “Dis waar my belangstel­ling in dans vlam gevat het,” vertel hy. “Ek neem aan Maak my famous deel omdat ek voel dis waar ek my deurbraak gaan kry. Ek voel ook daar is baie negatiewe rolmodelle in my gemeenskap en ander gemeenskap­pe soos myne, so ek probeer maar om ’n voorbeeld vir die jonger span te wees.”

HENRICO COETZER (27) Dié Pretoriase sanger is staande toegejuig toe hy OneRepubli­c se “I Lived” gesing en die top-20 gehaal het. Ná sy skooljare aan die Hoërskool Waterkloof het hy ’n jaar lank die land deurkruis as deel van die groep 13th Floor. “Ek het besluit om in te skryf nadat ek my werk bedank en besluit het om voltyds in die musiekbedr­yf in te gaan. Maak my famous bied ’n ongeloofli­ke platform vir kunstenaar­s en help om hul drome waar te maak,” vertel hy.

GIDEON LOTTERING (34) Dié talentvoll­e sanger is oorspronkl­ik van George en het in 2003 aan die Hoërskool George gematrikul­eer. Hy het in 2015 visuele kunste aan die Universite­it Stellenbos­ch begin studeer, maar moes weens ’n tekort aan finansiële ondersteun­ing opskop. “Terwyl ek gewerk het, was ek baie betrokke by musiek. Ek het in ’n verskeiden­heid groepe en ook my kerkkoor gesing. Ek het in 2019 van Maak my famous te hore gekom en dit begin volg. Dit het my geïnspiree­r om te sien hoe drasties Emo Adams baie deelnemers se lewe verander het,” sê hy.

JAYSON KLEINSCHMI­DT (46) Dié sanger van die Paarl in die WesKaap is ’n finalejaar­student in menslike hulpbronne aan die Boland Kollege op dié Bolandse dorp. Hy studeer deeltyds terwyl hy by die Mediclinic-groep se menslikehu­lpbronneaf­deling werk. Hy sing al vandat hy vyf jaar oud was. “Die verhoog, televisie, musiek en om te sing was nog altyd ’n onblusbare passie, ’n ongetemde resiesperd wat soos borrelende vuur binne my woed. Dit is ’n passie wat vlam gevat het toe ek op vyf jaar oud in ons kerk op die verhoog moes optree. Sedert daardie oomblik kon niks hierdie diepgewort­elde talent stuit nie. En ek wou nog altyd my ma trots maak,” vertel hy.

MAAK MY FAMOUS | WOENSDAE 20:00 OP KYKNET & 21:00 OP KYKNET & KIE

 ??  ??
 ??  ?? REGS: Tarryn Lamb en Emo Adams van die talentsoek­reeks
Maak my famous.
REGS: Tarryn Lamb en Emo Adams van die talentsoek­reeks Maak my famous.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa