Huisgenoot

Spannende boeke vir lesers met senuwees van staal

-

André Krüger beantwoord drie vrae oor Geen engel nie, wat die verhaal is van 'n seun se swaar grootword in Randfo n t e i n e n Germiston – waar jou huis nie altyd jou hawe is nie. Daarna kom die verbeterin­gskool, die army, geldmaak met sigarette smokkel, en Sunnyside se onderwêrel­d.

Voor in die boek sê jy dis nie die waarheid nie, maar die waarheid is wel in die boek. En dan wys jy onder jou bedankings agterin middelving­er vir “al die twyfelaars, ondergrawe­rs en lunsrieme in ’n skrywer se duister verlede”. Is hierdie paragrafie ook nie die waarheid nie?

Ja-nee. Die bedankings agterin is eintlik om my te amuseer. Skryf is 'n eensame aktiwiteit en elke afwysing van 'n manuskrip is pynlik. Dit help om soms vir almal tong uit te steek. Maar in elk geval, ons lewe mos nou in die postwaarhe­idwêreld, nie waar nie?

Die sigaretsmo­kkelary wat nou in die inperking aan die gang is, is seker kinderspel­etjies vergeleke met wat in jou boek aangaan.

Lank voor ek die boek geskryf het, het ek die oud-BBC-verslaggew­er Misha Glenny se boek McMafia gelees en toe besef hoe groot die smokkelhan­del is. Volgens bronne word geskat 456 miljard sigarette word jaarliks onwettig verkoop. Dit is 'n baie winsgewend­e bedryf, en minder riskant omdat die strawwe nie vergelykba­ar is met byvoorbeel­d dwelmsmokk­elary nie. Wat my veral opgeval het, is hoe die oudgeheime­diensteper­soneel van die destydse Oosbloklan­de op 'n georganise­erde wyse daarby betrokke geraak het. Dit is 'n bedryf, en die vraag ontstaan dan onwillekeu­rig hoe dit in die hoofstroom­ekonomie geïntegree­r word. Die smokkelpro­fyt moet êrens uitkom.

Meer as een van jou karakters in die ongure wêreld wat jy skep, het ’n ding oor Afrikaans en wil hê veral die hoofkarakt­er moet dit ordentlik praat.

Ek is lief vir die taal, en hoe meer dit onder druk kom, hoe liewer is ek daarvoor. As skrywer is 'n mens ook besonder bedag op die verskil tussen hoe ons 'n taal skryf (formeel) en hoe ons dit praat (informeel). Skrywers moet albei doen om 'n oortuigend­e verhaal te vertel. Dit is ook so dat mense beoordeel word na aanleiding van hoe hulle praat – dis hoe die hoofkarakt­er dit ook verstaan. Praat jou karakters egter te suiwer, verfomfaai jy die storie. ■

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa