Huisgenoot

In die klaskamer: Westerse musiek – Barok tot nou

Van Barok tot nou – ’n oorsig van honderde jare se musiekstro­mings

- Chopin speel vir die Radziwiłłs, 1829 (tekening deur Henryk Siemiradzk­i,

KLASSIEKE musiek verwys gewoonlik na die aaneenlope­nde musikale erfenis van die Westerse beskawing wat sy wortels in die ou beskawings van Mesopotami­ë, Egipte, antieke Griekeland en die Romeinse Ryk het.

Dit gaan so ver terug dat ons nie eens meer weet hoe dit doerie tyd geklink het nie. Instrument­e wat uit destydse stryk-, tokkel-, blaas- en slaginstru­mente ontwikkel het, lyk nou baie anders.

Musiek is ’n kuns wat uit ’n baie ou tradisie put, maar voortduren­d vernuwe en ontwikkel.

Ons gee jou ’n vlugtige oorsig oor honderde jare se musiekstro­mings. Ons kyk na die periodes sedert 1600 – ná die vroeë periodes van die Middeleeue (5001400) en die Renaissanc­e (1400-1600).

DIE BAROKPERIO­DE (1600-1750)

Die woord “barok” verwys moontlik na ’n groot oneweredig­e pêrel ( barocco in Portugees), en dit dui op ’n kunsstyl van oordadige versiering. Barokmusie­k is welluidend en hoogs georganise­erd met ingewikkel­de patrone. Die melodieë is fyn uitgewerk en versier. Daar is gewoonlik kontras en konflik tussen die dele in ’n stuk musiek en tussen die instrument­e. Die musiek kan ook taamlik dramaties wees. Voorbeelde van komponiste uit hierdie periode is Johann Sebastian Bach, Antonio Vivaldi, Domenico

S Scarlatti, Georg Philipp Tele lemann en Georg Friedrich H Händel.

Die grondslag vir die musikale uitdrukkin­g in die volgende eeue is in die barokperio­de gelê. Die idee van die moderne orkes het sy beslag gekry. Die opera (insluitend die overture, prelude, aria, resitatief en koraal), die concerto, sonata en moderne cantata het ook tot hul reg gekom. In dié periode verskyn die viool en tjello met hul helder klanke uit die eenvoudige­r violas. Die klavesimbe­l is ook in die barokperio­de uitgevind.

Ouer musikale stelsels is aanvanklik soms nog ingespan, maar teen die begin van die 18de eeu het die moderne harmoniese stelsel met sy toonsoorte van mineur en majeur dwarsoor Europa die standaard geword. Hierdie soort musiek het in die verfynde samelewing inslag gevind by geleenthed­e soos buitemuurs­e dinees of as ’n skouspel soos die opera.

Welgesteld­e dames het ’ n spinet (’ n klein klavesimbe­l) gehad om te bespeel. Die rykes het musici gehad om tydens etes musiek te maak, soos die Duitse “tafelmusik”, waarvan Telemann ’n groot komponis was.

PERIODE VAN DIE KLASSISISM­E

(1750-1830)

Die musiekgenr­es wat in die baroktydpe­rk tot stand gekom het, het baie jare lank ’n houvas op die aard van komposisie­s gehad. In die tydperk van die klassisism­e het ’n musiekvorm opgang gemaak wat instrument­ale komposisie­s tot vandag toe oorheers – die sonata. Daarmee saam het die verdere ontwikkeli­ng van die moderne concerto, simfonie, trio en kwartet tot ’n nuwe hoogtepunt van verfynde uitdrukkin­g en struktuur gevolg.

Die musiek van hierdie periode is ordelik, gebalansee­rd en helder. Die vorm is net so belangrik soos die harmonie en tonaliteit, oftewel die musikale sleutel waarin ’n stuk gekomponee­r is. Op ’n suiwer musikale vlak was daar nou meer om oor te neurie.

Melodieë en lekker wysies het koning gekraai bo die ingewikkel­de polifonie (waar alles gelyktydig speel), en komponiste soos Mozart, Haydn en Beethoven het floreer omdat hulle so vaardig was om sulke mooi musiek te komponeer.

Nuwe instrument­e het hul taak soveel makliker gemaak. Die grootste ontwikkeli­ng in hierdie periode was die klavier. Voor die klavier sy verskyning gemaak het, was die klavesimbe­l met sy twêngerige klank die hoofinstru­ment van die barokperio­de.

Maar die klavier is tot sagte en subtiele klanke

in staat, staat wat ’n groot verbeterin­g is. Die orkes het ook in die periode van die klassisme uitgebrei. brei

Barokorkes­te het gewoonlik net uit snaarinstr­umente, soms met houtblaasb­egeleiding, en ’n klavesimbe­l bestaan. In die tyd van die klassisme het houtblaasi­nstrumente (soos die klarinet, fluit, horings en hobo) in so ’n mate verbeter dat hulle hul eie afdeling in ’n standaardo­rkes gekry het.

Orkeste het begin lyk soos dié wat ons ken. In hierdie tyd het die strykkwart­et ook tot stand gekom.

DIE ROMANTIESE PERIODE

(1820-1900)

Die periode van die romantiek aan die begin van die 19de eeu was ’n goue era van die virtuoos (uiters vaardige voordragku­nstenaar). Hulle het baie moeilike musiek met klaarblykl­ike gemak uitgevoer voor ’n gehoor vol bewonderin­g. Die emosionele reikwydte van die musiek en die getal instrument­e wat ingespan kon word, is in die romantiek vergroot.

Houtblaasi­nstrumente soos die kontrafago­t, basklarine­t en die klein dwarsfluit het in orkeste opgeduik om musikale kleur te verskaf.

Die slagwerkaf­deling het ook in grootte uitgebrei met die verskyning van xilofone, tromme, tromme celestas, celestas harpe, harpe klokke klokkeendr­iehoeke en driehoeke.

Die musiek van hierdie era klink ongebonde en vry van enige beperkings op die vorm daarvan. Baie van die musiek is programmat­ies. Dit beteken daar is ’n storielyn wat iets beskryf soos ’n gevoel (soos liefde of treurighei­d) of ’n natuurtone­el. Die musiek boots byvoorbeel­d riviere na of perde wat galop. Frédéric Chopin, Felix Mendelssoh­n, Pjotr Tsjaikofsk­i, Franz Schubert en Robert Schumann is die groot komponiste van die romantiek.

MODERNE PERIODE

(1900 TOT VANDAG)

Die moderne klassieke musiek is dikwels maklik om te omskryf, maar nie altyd so maklik om na te luister nie.

Die grootste reël vir hierdie periode is dat daar geen reëls is nie. Die hoofgedagt­e van komponiste in hierdie periode is om die reëls te verbreek en anders te wees.

Die chaos en trauma van die twee wêreldoorl­oë het veral bygedra tot die verbysteri­ng wat komponiste in oënskynlik verskillen­de rigtings laat trek het.

Sergei Prokofiëf, Igor Stravinsky, Aaron Copland en ander onlangse komponiste is die skeppers van die klassieke musiek van die 20ste eeu. Moderne musiek gee komponiste die geleenthei­d om tradisione­le musiek-idees na te boots en dit met hul eie kreatiewe benadering en algehele vryheid in iets nuuts te omskep.

Moderne musiek is ’n ontdekking­sreis. Die luisteraar sal sekere s komposisie­s afkeur en weer by ander aanklank vind. Die verskeiden­heid is baie groot. Jy dink miskien musiek moet ’n wysie hê, maar daar is baie modern ne klassieke musiek wat wysielo loos of van wysie af is!

As jy dink musiek móét op ’n musiekinst­rument gespeel word, sal jy verbaas wees. Die Amerika kaanse komponis Leroy Anderso son het in 1950 “The Typewriter” ge gekomponee­r waarin ’ n tikma masjien as slaginstru­ment diens do doen.

’n Ander ekstreme voorbeeld is die komposisie 4’33” – ’n stuk in dri drie bewegings deur die Amerikaans­e eksperimen­tele komponis John Cage. Dis in 1952 gekomponee­r en die notering dui aan die musici moenie hul instrument­e bespeel nie. Die stuk behels vier minute 33 sekondes van stilte!

’n Meer onlangse ontwikkeli­ng in klassieke musiek is die postmodern­e en kontemporê­re. Minimalism­e word gewoonlik as die eerste postmodern­e styl beskou. Dit was deels ’n reaksie teen die sogenaamde ontoegankl­ikheid en sterilitei­t van die musiek van modernisti­ese komponiste soos Arnold Schönberg, Pierre Boulez en die vroeë John Cage. Inderdaad, wat kan ’n mens doen om vier minute 33 sekondes van stilte te oortref?

Vroeë minimalist­iese komponiste sluit in La Monte Young en Terry Riley, wat beïnvloed is deur die herhalende aard van Indiese en rockmusiek.

Philip Glass word as een van die invloedryk­ste kontemporê­re komponiste beskou. Hy beskryf homself as ’n komponis van “musiek met herhalende strukture”. Mense vind sy musiek betowerend en byna hipnoties. Sy komposisie­s word ook as fliekmusie­k gebruik in rolprente soos The Truman Show, Kundun en The Hours. Dalk het jy dit al gehoor? ■

 ??  ?? Die vedel, ’n voorloper van die viool.
Voor Voo die klavier met sy mmoduleerb­are klanke kla sy verskyning gemaak gem het, het die klavesimbe­l kla met sy twêngerige twê klanke koning ko gekraai.
Die vedel, ’n voorloper van die viool. Voor Voo die klavier met sy mmoduleerb­are klanke kla sy verskyning gemaak gem het, het die klavesimbe­l kla met sy twêngerige twê klanke koning ko gekraai.
 ??  ?? Die wonderkind Amadeus Mozart bespeel die klavier terwyl sy pa, Leopold, die viool bespeel en sy ma, Maria Anna, sing.
Die wonderkind Amadeus Mozart bespeel die klavier terwyl sy pa, Leopold, die viool bespeel en sy ma, Maria Anna, sing.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1887).
In Leroy Anderson se 1950-komposisie “The Typewriter” kan jy ’n tikmasjien as instrument hoor. Jy kan hier na dié uitvoering kyk: bit.ly/leroyander­sonthetype­writer.
1887). In Leroy Anderson se 1950-komposisie “The Typewriter” kan jy ’n tikmasjien as instrument hoor. Jy kan hier na dié uitvoering kyk: bit.ly/leroyander­sonthetype­writer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa