Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

-

As die jongste suster in een van die beroemdste gesinne ter wêreld het Kylie Jenner oënskynlik alles gehad wat haar hart begeer.

Sy het haar eie loopbaan, afsonderli­k van haar familie se werklikhei­dsprogram, Keeping Up with the Kardashian­s, uitgekerf en sommer gou haar ouer suster Kim Kardashian West (39) as die ster van die hegte span ingehaal.

Of jy nou dol is oor haar of haar glad nie kan verdra nie, dit was moeilik om Kylie (22) se sukses te ignoreer. Uitspattig­e partytjies, privaat stralers om op idilliese eilande vakansie te hou, uitrusting­s wat aan haar uurglaslyf­ie kleef en ’n volmaak gegrimeerd­e gesig daarby – dit is maar van die dinge wat aanhangers se obsessie met die werklikhei­dster aangevuur het.

Nie eens die geboorte van haar dogter, Stormi (nou 2), kon hul beheptheid demp nie.

Maar ten spyte van haar persoonlik­e bemindheid in die sosiale media was Kylie se grootste prestasie dat sy haar eie onsekerhei­d in ’n ondernemin­g van ’n miljard dollar sterk omskep het.

Kylie Cosmetics is in 2016 amptelik bekendgest­el. Dit is begin nadat Kylie se obsessie met vol lippe daartoe gelei het dat sy haar tot lipvullers gewend het.

In net twee jaar het Kylie Cosmetics tot ’n ondernemin­g van byna ’n miljard dollar sterk gegroei.

Teen 2019 het Forbes Kylie (toe 21) as die jongste selfgemaak­te miljardêr geloof. Die titel het beteken sy het die Facebookst­igter, Mark Zuckerberg, onttroon. Hy was 23 toe hy in 2008 sy eerste miljard gemaak het. Kylie se netto waarde is op ’n verstommen­de $1,2 miljard (R18 miljard) geraam nadat sy 51% van haar maatskappy aan die skoonheids­reus Coty verkoop het.

Maar in ’n skokkende wending het Forbes onlangs ’n berig gepublisee­r waarin beweer word Kylie het dokumente gefabrisee­r om die grootte en sukses van haar ondernemin­g op te blaas.

In ’n onthullend­e artikel beskuldig die publikasie haar daarvan dat sy “oor maatskappy­syfers gelieg en belastingo­pgawes vervals het”. Dit blyk Kylie is sowat R1,74 miljard van ’n dollarmilj­ardêr af. Forbes plaas Kylie se netto waarde nou op $900 miljoen (sowat R15,6 miljard). Te oordeel na haar twiets kort nadat die storie bekend geword het, het die berig Kylie onkant betrap. “Ek het gedink dit was ’n gerespekte­erde webtuiste . . . Al wat ek sien, is ’n aantal onakkurate stellings en onbewese aannames,” skryf sy op Twitter.

Die matriarg en bestuurder van die familie, Kris Jenner (64), het onmiddelli­k skadebehee­r begin toepas. Forbes se onthulling­s toon immers dat Kris ’n groot aandeel in die gemors gehad het. Maar as die bekendste gesin van werklikhei­dstelevisi­e hoop die jongste drama sal net so gou oorwaai soos dit begin het, wag daar ’n nare verrassing op hulle. Die mense wat weet, sê dit is nie ’n skandaal wat gou gaan wyk nie. Kylie sal waarskynli­k strafregte­lik ondersoek word aangesien haar finansiële indienings by die Amerikaans­e Securities Exchange Commission (SEC) dalk oordryf is. “My raaiskoot is die SEC sal minstens met ’n informele ondersoek begin en dit dan dalk na ’n formele ondersoek verander, wat hulle die mag sal gee om haar te dagvaar,” sê Jan Handzlik, wat al verskeie glansmense en groot maatskappy­e in sake oor finansiële bedrog verdedig het. As sake tot ’n formele ondersoek vorder en daar word bevind daar was wel bedrog met finansiële state, kan die SEC Kylie verplig om groot bedrae geld te hoes.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa