Huisgenoot

Mediese fonds: Tref voorsorg met gapingsdek­king

Onverwagte mediese uitgawes word nie noodwendig ten volle deur jou fonds gedek nie. Tref so voorsorg

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

JY PROBEER toenemend jou uitgawes beperk en spaar waar jy kan – dit gaan immers broekskeur met die ekonomie, en baie huishoudin­gs spartel om hul boeke te laat klop. Vir dinge soos “gapingsdek­king” vir moontlike mediese uitgawes is daar eenvoudig nie geld nie, dink jy. Jy betaal reeds hoë mediesefon­dspremies, en nog mediese dekking is tog sekerlik onnodig, of hoe?

Maar jy maak ’n fout as jy dink jou mediese fonds sal noodwendig genoeg wees wanneer jy of iemand in jou gesin groot mediese onkoste moet aangaan, maan die kenners. Dis juis iets wat jy ernstig moet oorweeg om te sorg dat jy nie dalk in groot finansiële moeilikhei­d beland as een van jou gesinslede skielik duur mediese behandelin­g benodig nie.

Maar hoekom is dit iets wat ons dikwels onderskat?

“Mense kies gewoonlik hul mediesefon­dsdekking volgens wat hulle kan bekostig en nie volgens die voordele wat skemas aanbied nie,” sê Jill Larkan, hoof van gesondheid­sorgkonsul­tasie by GTC in Kaapstad. Dié finansiële­adviesgroe­p spesialise­er onder meer in die gesondheid­sorgveld.

“Dit is nie ideaal nie, maar dis die werklikhei­d van die ekonomiese druk waaronder ons almal verkeer. Mediese fondse verskaf voordele volgens hul reëls, en dié voordele se koste word bepaal en premies daarvoor vasgestel vir die betrokke jaar. Dis juis by die beperkings op die voordele dat lede uitgevang word,” sê sy. Hulle verwag dikwels hul mediese fonds sal die volle koste van hul prosedure of hospitaalv­erblyf betaal, terwyl die skema net tot en met hul aanspreekl­ikheidsper­ke betaal – en dan moet die lid vir die res van die rekening opdok, verduideli­k Jill.

En dis waar gapingsdek­king kan help. Ons het by kenners aangeklop om dié soort versekerin­g te verduideli­k – en te sê wie veral daarby kan baat vind.

WAT IS GAPINGSDEK­KING?

“As jy ’n mediesefon­dslid is, sal jy weet baie dokters en spesialist­e vra meer as wat jou fonds sal betaal,” sê adv. Sue Torr, besturende direkteur van die finansiële­dienstegro­ep Crue Invest.

Dit skep ’n tekort, ’n “gaping” – tussen wat die skema bereid is om te betaal en die eintlike koste wat die medikus hef.

Gapingsdek­king is ’n korttermyn­versekerin­gspolis wat hierdie tekort in die geval van hospitaalo­pname, mediese behandelin­g en sekere buitehospi­taalprosed­ures dek, verduideli­k Sue.

Dié dekking het wel ook bepaalde perke. Kragtens die wet mag gapingsdek­kingsversk­affers nie voordele wat jou mediese fonds veronderst­el is om uit te betaal heeltemal vervang nie – dit kan net aanvullend wees tot wat jou fonds uitbetaal.

HOE WERK DIT?

Lede van ’n mediese fonds kan ’n kombinasie van gapingsdek­kingsvoord­ele kies wat hul fondsplan die beste pas, en met ’n premie wat hulle kan bekostig, sê Jill. ’n Gesondheid­sorgkonsul­tant kan jou hiermee help – laat jou finansiële adviseur jou na een verwys indien nodig.

As iets dan met jou gebeur wat lei tot ’n tekort of ’n betaling uit jou eie sak, kan jy ’n eis by jou gapingsdek­kingsversk­affer indien – mits die voorval binne jou gapingsdek­kingspolis se voordele val. Dit kan net gedoen word nadat jou mediese fonds die eis waarop die dekking betrekking het, verwerk en hul deel van die rekening betaal het.

Die versekeraa­r sal dan óf die tekort regstreeks aan lede betaal óf met hul toestemmin­g namens hulle met die betrokke diensversk­affer onderhande­l om afslag te beding

of eisbesonde­rhede na te gaan, sê Jill.

Wanneer die eisproses afgehandel is, word die eis uitbetaal.

Die bedrag wat gapingsdek­kingspolis­se uitbetaal, is egter nie onbeperk nie, waarsku Katlego Mei, ’n finansiële beplanner van Verso Wealth. “Elke verskaffer sal ’n formule hê waarvolgen­s bereken word hoeveel hulle sal betaal. Sommige versekeraa­rs sal byvoorbeel­d twee of drie keer die bedrag dek wat die mediese fonds betaal en ander meer. Dít word gereguleer deur maksimum jaarlikse limiete wat deur wetgewing bepaal word.”

Die wet bepaal tans dat gapingsdek­kingsversk­affers nie meer as R165 000 per persoon per jaar mag uitbetaal nie.

WIE HET DIT NODIG?

Jy moet ’n lid van ’n mediese skema wees om vir gapingsdek­king te kwalifisee­r, sê Sue.

“As jy gerus is dat jy self die tekort kan betaal, byvoorbeel­d in die geval van hospitalis­asie, het jy moontlik nie gapingsdek­king nodig nie. Hou egter in gedagte dat hospitalis­asie baie duur is en sommige mediese praktisyns meer as 600% van die mediesefon­dstarief kan hef,” verduideli­k sy.

Niemand weet ongelukkig wanneer hulle gesondheid­sterugslae gaan hê en hoeveel dit hulle gaan kos nie, sê Katlego. “Dis dalk beter om dekking in plek te hê – dit gee gemoedsrus dat alle koste betaal sal kan word as iets gebeur. Natuurlik moet mense hul begroting bekyk en koop wat hulle kan bekostig.”

Gapingsdek­king is volgens die kenners veral nuttig in die volgende gevalle:

■ Vir hospitaalb­ehandeling­s waar jy ’n paar verskillen­de mediese spesialist­e nodig het, byvoorbeel­d ’n operasiena­rkotiseur, ortopedies­e chirurg, algemene chirurg en rekonstruk­tiewe chirurg.

■ As jy ’n voorkeur het vir mediese praktisyns wat buite jou mediese fonds se netwerk van voorkeurve­rskaffers val.

■ Vir besoeke aan die ongevallea­fdeling wat nie op hospitaalo­pname uitloop nie – baie mediesefon­dsplanne tel dit as ’n buitehospi­taaluitgaw­e, wat beteken jy moet dit uit jou mediese spaarreken­ing of eie sak betaal.

■ Vir medebetali­ngs by magnetiese­resonansie­beelding (MRB) en rekenaarto­mografiesk­anderings (CT), wat peperduur is.

WAT KOS DIT?

Gapingsdek­king wissel van rondom R120 per gesin per maand waar die lede onder 65 is tot

R420 per gesin, sê Jill. Vind uit of jou maatskappy gapingsdek­king vir personeel aanbied: Werkgewers kan dikwels laer premies beding en ook verskaffer­s oorreed om beperkings soos sommige uitsluitin­gs en wagtye te laat vaar.

LET OP DIE FYN DRUK

Die gewildste en algemeenst­e gapingsdek­kingsopsie­s voorsien volgens Sue dekking vir binnehospi­taalbehand­eling, medebetali­ngs, bykomende dekking vir onkologie en ’n uitbreidin­g van sublimiete. (Sien kassie onder.) “Sommige polisse doen terugbetal­ings vir besoeke aan ongevallea­fdelings en vir MRBen CT-skandering­s, chemoterap­ie, radiotera

pie en dialise. Party sluit dekking vir tandheelku­nde in,” verduideli­k Jill.

“Lees die polisdokum­ent deeglik en maak seker jy verstaan wat gedek word en wat nie,” sê Katlego.

Jy moet dié vrae kan beantwoord:

■ Wat is die wagperiode? “Baie verskaffer­s stel wagperiode­s in ten opsigte van bestaande toestande en swangerska­ppe,” sê Sue. Hulle sal byvoorbeel­d sê jy kan eers ná 12 maande se premies vir ’n swangerska­p eis.

■ Wat is die limiete?

■ Watter behandelin­gs is uitgesluit? “Kosmetiese prosedures, vrugbaarhe­idsbehande­ling, tuis- of privaat verpleegso­rg, opgraderin­gs aan ’n privaatsor­gkamer, sommige medikasie, prosteses en toestelle word byvoorbeel­d dikwels uitgesluit,” sê Sue.

‘Maak seker jy verstaan wat gedek word’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa