Huisgenoot

HEILSAME RYS-EN-KEKERERTJI­EBAKKIES

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 20 MIN.

250 ml (1 k) gaar bruin- en wilderys KEKERERTJI­E-DHAL

15 ml (1 e) klapperoli­e 500 ml (2 k) gerasperde botterskor­sie

1 ui, gekap

10 ml (2 t) gerasperde gemmer

15 ml (1 e) garam masala 5 ml (1 t) fyn borrie 1 x 400 g-blik gekapte tamaties

1 x 400 g-blik kekerertji­es, afgespoel en gedreineer 125 ml (½ k) water

125 g halloumi, in skywe sout en swartpeper

SLAAI

100 g babaspinas­ie 1 avokado, pit verwyder en in kwarte gesny

1 mango, geskil en in dun skywe gesny

1 rooi soetrissie, ontpit en in dun skywe gesny 250 ml (1 k) saadspruit­e (opsioneel)

VIR VOORSIT

15 ml (1 e) ekstra suiwer olyfolie

10 ml (2 t) appelasyn geroosterd­e sonnebloms­aad suurlemoen­wiggies

1 Kekerertji­e-dhal Verhit die helfte van die olie in ’n kastrol. Roerbraai die botterskor­sie, ui en gemmer 4-5 min. tot sag.

Roer die speserye in en braai 1 min.

2 Voeg die tamatie, kekerertji­es en water by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte tot laag en laat prut 8-10 min. tot verdik. Geur na smaak. 3 Verhit die oorblywend­e olie in ’n middelslag­braaipan. Braai die kaasskywe alkant 1 min. tot goudbruin. Hou eenkant. 4 Slaai Verdeel die keker

ertjie-dhal en rys tussen vier bakkies – skep die dahl aan die een kant van elke bakkie en die rys aan die ander kant, met ’n gaatjie tussenin vir die slaai. Pak nou die slaaibesta­nddele in elke bakkie.

5 Vir voorsit Pak halloumi bo-op elke bakkie. Bedruip met olyfolie en asyn en bestrooi met sonnebloms­aad. Sit voor saam met suurlemoen­wiggies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa