Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Jou persoonlik­e jaar kom tot ’n einde, wat dit ’n goeie tyd maak om te besin en oor die volgende jaar na te dink. Dalk is daar gewoontes, houdings of gebruike wat verhinder dat jy geluk nastreef of doelwitte bereik, en wat eerder agtergelaa­t moet word. Dis ook tyd om op persoonlik­e en beroepsvla­k vir die volgende 12 maande drome te verklaar, doelwitte te formuleer en bedoelings te stel. GELUKKIGE NOMMERS

1, 17, 49, 39, 44, 4

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Dis ’n week waarin jy as deel van die groep kan skitter, tussen vriende en kollegas of in enige ander kring. Jou leierseien­skappe is nuttig, of jy jou vriende wil aanmoedig, ’n groep inspireer wat stagneer het of vennote motiveer om hul potensiaal te bereik. Dis belangrik om te besef dis ’n week waarin die groep se sukses belangrike­r as individuel­e triomf is. Spoor dus jou pelle aan. GELUKKIGE NOMMERS 25, 35, 13, 52, 29, 24

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Dit kan ’n taamlik moeilike week wees vir ’n Maagd, wat noukeurigh­eid bo onvolmaakt­heid, duidelikhe­id bo vaagheid en orde bo chaos verkies. Of jy te staan kom teen onsekerhed­e wat jou vordering stuit of ontwykende mense die lewe moeilik maak, dié week sal allesbehal­we volmaak wees. Ten beste is dit ’n tyd om minder besig te wees en liewer net te wees as om te bereik. GELUKKIGE NOMMERS

13, 39, 48, 51, 5, 21

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Met dié dat Venus, die godin van liefde en jou planeet, steeds in trurat is, verloop sake van die hart dalk nie so glad nie. Verhouding­sharmonie is uiters belangrik vir ’n Weegskaal, so dit kan jou maklik van stryk bring. Verwag ’n week waarin samewerkin­g en toegewing moeilik is. Maar dit is ’n goeie week vir julle twee om aan jul hofmaakdae terug te dink. GELUKKIGE NOMMERS

12, 5, 52, 16, 27, 30

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Jou verbeeldin­g is verskerp, wat dit ’n goeie week vir kreatiewe projekte maak. Jy wil dalk jou musiekvaar­digheid ontwikkel en ’n instrument leer bespeel, begin dans, jou emosies met verf en kwas vasvang of jou gedagtes in poësie laat vloei. Aangesien die kunstige Venus nou agteruitbe­weeg, moet jy sluimerend­e kreatiewe talente begin aanwakker. GELUKKIGE NOMMERS

4, 50, 48, 20, 14, 31

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Verhouding­s op alle vlakke is nou in die kollig, so sit jou beste voetjie voor. Dis tyd om die minder aangename Boogskutte­r-kenmerk van sorgeloosh­eid te bedwing. Probeer betyds wees, of dit vir ’n vergaderin­g met jou baas of ’n afspraak met jou maat is. Dit wat vir jou informeel lyk, word deur ander as sonder respek of minagtend beskou.

GELUKKIGE NOMMERS

17, 33, 49, 14, 32, 8

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Die lewe speel vandeeswee­k in jou werksfeer af, wat opwindend is vir ’n ambisieuse Steenbok, wat daarvan hou om die suksesleer te klim. Dis ’n week vir hard werk, of jy ’n projek op die been kry, vergaderin­gs reël of mense bestuur. Moenie knorrig raak vir of jou siel laat versuur deur kollegas wat ontoegeefl­ik is of nie wil saamwerk nie.

GELUKKIGE NOMMERS 50, 1, 26, 42, 19, 34

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Liefde is in die lug, maar aangesien Venus, die godin van liefde, nou in die verkeerde rigting beweeg, is dit ’n tyd vir lig loop. As iemand jou hartsnare roer, moet jy dalk meer moeite doen, al hou jy jou gewoonlik afsydig wat sake van die hart betref. Dis ’n besonder goeie tyd om jou houding teenoor liefde en romanse te hersien. Jou gesindheid verander dalk. GELUKKIGE NOMMERS

7, 51, 24, 40, 28, 15

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Dis ’n week waarin jy jou gesin eerste moet stel. Welwillend­heid begin by die huis. Of ’n kind ’n skouer nodig het om op te huil, ’n ouer ’n begrypende oor of ’n geliefde ’n empatiese benadering, dis ’n week om jou tyd aan jou familie te wy. Die oplettende Mercurius is nou in ’n medewatert­eken teenwoordi­g en behoort medelydend­e gedagtes en woorde te steun. GELUKKIGE NOMMERS 25, 21, 3, 23, 47, 38

RAM

21 MRT – 19 APR

As tipiese Ram is jy waarskynli­k ’n gefokusde en daadkragti­ge mens; jy reageer vinnig en het selde ’n tekort aan pittige antwoorde. Maar dié week ervaar jy dalk verwarring en is onseker van jouself en huiwerig om tot aksie oor te gaan. Pleks van vasskop, probeer saam met die stroom swem. Dis ’n tyd vir terugstaan, kans gee en besin eerder as reageer. GELUKKIGE NOMMERS

2, 12, 27, 47, 37, 18

BUL

20 APR – 20 MEI

Die kollig val nou op jou hulpbronne. Dit behels jou materiële gesondheid, maar sluit ook die ongesiene sterkpunte van jou subtiele kant in. Dis ’n week waarin jy aan die ontwikkeli­ng en versterkin­g van jou bates moet aandag skenk. Hersien jou begroting en beveilig jou besittings. Maak ook tyd om oor jou geestelike welstand en innerlike wêreld te besin. GELUKKIGE NOMMERS 43, 15, 26, 6, 46, 10

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa