Huisgenoot

MOEILIKE KEUSES IN KRISISTYD

-

Ons het op ’n dorp gewoon wat onveilig geraak het vir ons kinders. Verlede jaar het ek en die kinders na ’n dorp ver daarvandaa­n verhuis waar my familie woon. My man het kom kuier sodat ons kon kyk of dit op lang termyn kan werk. Ons vat toe ’n kans en my man kry ’n werk hier, maar verloor dit met die coronaviru­skrisis. Hy kon toe weer ’n geleenthei­d kry om terug te gaan na sy ou werk. Ek sit nou alleen met die kinders op die nuwe dorp en het ’n werkgeleen­theid hier gekry. My man beskou homself as die voorsiener. Moet ek teruggaan na my man of hier bly waar al my familie is? Hoe kies ek?

A op T

Om kalmte in die chaos rondom die pandemie te kry, moet ’n mens vir jou persoonlik­e riglyne stel binne die grense van die regulasies op die verskillen­de vlakke.

Met die inperking en al die onsekerhed­e wat dit meebring, is dit nie nou die tyd om belangrike besluite te neem nie. Moet voorlopig geen veranderin­gs maak nie, maar beplan solank wat julle kan doen wanneer daar nie meer gesondheid­srisiko’s sal wees nie. As jy intussen ’n inkomste kan verdien, is dit ’n geleenthei­d wat jy gerus kan aangryp. Werk is skaars. Die feit dat jou man weer sy ou betrekking kon terugkry, is ’n kompliment vir hom. Dit moet beslis ’n bepalende faktor in jul besluitnem­ing wees.

Jou ondersteun­ingstelsel in die krisis maak dit dalk makliker vir jou om alles te hanteer. ’n Mens kan egter nie jou uitgebreid­e familie bo jou huweliksma­at stel as jy ’n gesonde huwelik wil hê nie. Dit is belangrik dat jou maat weet hy is nommer een in jou lewe en dat jul keuses bepaal word deur wat die beste vir jul huwelik en gesin sal wees. Hou vas aan die wete dat julle as ’n gesin weer in die toekoms bymekaar sal wees, en gun jul kinders hierdie geborgenhe­id

Almal moet weet, jou familie inkluis, dat sodra daar groter sekerheid is jy en jou man jul verhouding eerste gaan stel en besluite neem wat vertroue in die hand werk.

Dit is terneerdru­kkend as jy jou al so vroeg in jou lewe met vooroordel­e oor die teenoorges­telde geslag wil opsaal. ’n Mens kan jou nie te veel deur ander mense se waarneming­s en ervarings laat beïnvloed nie.

Skindersto­ries en ander se menings kan verhouding­s knou. Leer nou al om op jou eie oordeel staat te maak en op dié van mense wat jy kan vertrou, pleks

‘Vir kalmte in die chaos, stel persoonlik­e riglyne binne die grense van die regulasies’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa