Huisgenoot

KÊREL SKUIF HAAR EENKANT TOE

-

Niks voel vir my reg in my verhouding van meer as ’n jaar nie. My kêrel kuier by my, maar slaap nie oor nie. Hy bly nog by sy ouers en ons gaan nooit saam met sy vriende uit nie. Ek het sy ouers ontmoet, maar ons kuier nie oor en weer nie. Ek het hom aan al my vriende en familie voorgestel. Hy wil niks oor ons toekoms sê nie. Ons was nog nooit saam weg nie. Wat moet ek maak?

C op D

Daar is mense wat hul verhouding­slewe in afsonderli­ke stukke opdeel. Dit is amper soos om ’n laaikas vol verhouding­s te hê: In een laai is sy verhouding met jou, in ’n ander dié met sy ouers en in nog een dié met sy vriende.

Dit is gewoonlik ’n teken van iemand wat nie emosioneel beskikbaar wil wees nie en sy eie behoeftes eerste stel. Jy word die laai wat hy ooptrek wanneer hy iets van jou nodig het.

Sulke mense wil ook altyd hê jy moet na hul pype dans en bepaal die datums en tye wanneer hulle jou wil sien.

Emosioneel volwasse mense integreer egter hul lewens.

As ’n mens langtermyn­verwagting­s van ’n verhouding het, sal jy jou geliefde in jou lewe wil innooi.

As jy werklik vir iemand lief is en ’n toekoms saam beplan, sal jy trouens nie kan wag om so ’n maat aan almal in jou lewe voor te stel nie.

Dit is nie ’n goeie teken dat jy ’n vreemdelin­g vir sy vriende, ander familieled­e of kollegas bly nie. Dit is ook nie goed vir jou selfvertro­ue om so uit sy lewe uitgesluit te word nie. As iemand jou behandel asof jy nie in sy lewe inpas nie, lê die fout nie by jou nie. As jy lank hieraan blootgeste­l word, kan dit jou in jouself laat twyfel.

Al leef ons in moeilike finansiële tye, moet die gevaarligt­e ook begin flikker as ’n volwasse man ondanks die feit dat hy ’n werk het nog in sy ouerhuis woon – daar waar sy wasgoed gedoen word en hy nie hoef verantwoor­delikheid te aanvaar vir iets soos die elektrisit­eitsrekeni­ng nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa