Huisgenoot

Nuut op die rakke

Twee gewilde boeke heruitgege­e

- Deur ELNA VAN DER MERWE

OP JOU BEDKASSIE

BOEKE

Hoe gemaak as lesers steeds navraag doen oor twee van jou boeke, maar dis lankal reeds uitverkoop?

Die skrywer SD Fourie, van Franskraal aan die Strandveld­se kus, sê sy kan net gevlei voel dat Protea Boekhuis pas haar gewilde Die lanternswa­aier en Die dooies leef weer uitgegee het. “Ek het self net een eksemplaar van albei, en selfs dít wou iemand by my koop.”

Dié twee romans het onderskeid­elik in 2011 en 2014 die eerste keer verskyn, al twee is op RSG voorgelees en Die lanternswa­aier is ook in Nederlands vertaal. Haar jongste roman, Noorman, is in 2019 uitgegee.

Vir die heruitgawe­s moes sy weer saam met die redigeerde­r deur die boeke werk. “Die teks het nie veel verander nie, maar dit was soos om ’n ouer vrou weer mooi te maak. Alles was nog daar, net so effe verweer. Nou het die boeke nuwe rokke aan en vars grimering.”

Sy vertel waar die stories vandaan kom.

“In 1895 is die Dangerpoin­t-vuurtoring ingewy en die lig in die vuurtoring is deur die mooiste meisie in die Strandveld aangesteek. Dit was die historiese uitgangspu­nt. Die vuurtoring is gebou omdat die kus gevaarlik en berug was onder skeepslui van daardie tyd.

“Rondom legendes van strandjutt­ery, skipbreuke en opvarendes het ek ’n fiktiewe verhaal gebou: mooi meisie, skeepskapt­ein, strandjutt­erpa, en as agtergrond die streek met sy ongeloofli­ke plantegroe­i, ou plase en hul spoke, al die vergange skeepswrak­ke en hul stories . . . Die feite is gegrond en behoorlik nagevors. Die storie is fiktief.”

Die dooies leef is die opvolgstor­ie.

“Maryna, die dogter van Sophie (Die lanternswa­aier), en haar oppasser vertrek na die plaas Vissersdri­ft, naby Bredasdorp. Haar lewensverh­aal strek oor die Tweede Wêreldoorl­og en na die buiteland waar sy in die niet verdwyn.

“Hanna Bagiano, ’n agterklein­kind van Sophie, skryf haar proefskrif oor die genealogie van die Lourens-familie en kom te staan voor die geslagte lange Lourens-vloek.

“Die storie begin dus waar sy ’n pakkie uit die verlede ontvang. Ou dagboeke, liefdesbri­ewe en ’n geheimsinn­ige opdrag. Die historiese feite is ook gegrond; die storie fiktief.

“Ek het wel die voorreg gehad om die ware liefdesbri­ewe, geparste blomme en ’n paar foto’s te bekom. Die res het ek aan my verbeeldin­g oorgelaat. My pa was ’n ongeloofli­ke storievert­eller en ek ’n ywerige luisteraar. Hy kon ’n storie mooi lieg. Ek is my pa se dogter.”

Die rede waarom skepe langs daardie kus gestrand het, klink soos ’n storie, maar dit is in die werklikhei­d die waarheid. Wel nie weens ’n lanternswa­aiery nie – dít het SD uit haar duim gesuig ter wille van ’n goeie storie. “Strandjutt­ery” is ’n Nederlands­e woord wat beteken om buit te maak van goedere wat van skepe afkomstig is en op die strand uitspoel.

“Met my navorsing oor die streek het ek op strandjutt­ery afgekom. Daar was ’n tekort aan lang dakbalke. Die pad na die Kaap was oor duine met dik bloksand, en voorraad vir ’n lewe op ’n afgeleë plaas was moeilik bekombaar. ’n Gestrande skip was ’n genade. Dekplanke, seile en roksmateri­aal is opgeraap en gebuit alvorens die veldkornet opdaag.”

Dit was blykbaar in so ’n mate algemeen dat daar selfs in daardie tyd ’n proklamasi­e teen strandroof uitgevaard­ig is.

“Die lanternswa­aiery om ’n skip wat reeds in die moeilikhei­d was strand toe te lok, was ’n verbeeldin­gsvlug. Die gebruik om vure op die hoogtes aan te steek om vir seevaarder­s aan te dui waar die land is, het wel bestaan. Hoekom nie ’n lantern regoor ’n gevaarlike rif swaai nie?

“Ek het self verlief geraak op dié verbeeldin­gsvlug en dit het perfek in my storie gepas.”

Op die oomblik werk SD aan ’n radiodrama.

“Ons het almal tydens inperking gesukkel om te konsentree­r, en ek het besluit om breinoefen­inge met ’n radiodrama te doen. Dit is afgehandel, en ek is besig met die finale afronding. Ek broei op ’n roman, maar of dit sal realiseer, is ’n ander vraag. Die kuikens pik nog nie.”

VYF DINGE WAT SD DIE AFGELOPE TYD VERSTOM HET

■ Hoe rooi die wildedagga en kankerbos gloei terwyl die wêreld en sy mense wegkruip.

■ Die aanpasbaar­heid van Suid-Afrikaners. ■ Die vermoë van jong mense om buite die boks te dink.

■ Die ongeloofli­ke vermoë van die natuur om te herstel.

■ Toe ek die eerste maal ná die verslappin­g van die inperkings­reëls gaan stap, het ’n tobie op my staproete nes gemaak en twee eiers gelê.

Ek was die indringer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa