Huisgenoot

WELKOME EN ONWELKOME GESKENKE VIR ’N KREEF

-

■ Die Kreef sal bekoor wees deur iets sentimente­els.

■ Kaartjies na ’n futuristie­se fliek sal in die laai agterbly.

■ ’n Pamperlang­sessie sal die Kreef uit sy/haar dop laat kruip.

■ Bly weg van funky bykomstigh­ede en die jongste modes.

■ Kookboeke, kombuistoe­rusting of iets vir die spens is ideaal.

■ Enige geskenk wat sonder opregtheid gegee word, kan jy eerder los.

■ ’n Verpersoon­likte of selfgemaak­te geskenk wys vir ’n Kreef jy gee om.

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Dis ’n goeie tyd om die strukture in jou lewe te hersien. Of jy jou profession­ele grense moet versterk of jou persoonlik­e roetine moet verander, neem ’n tree terug, heroorweeg en herstruktu­reer. Dink na oor jou verpligtin­gs en verantwoor­delikhede en bring dan die nodige veranderin­gs aan. Waak teen negatiwite­it, twyfel en onnodige vrese vir die toekoms. GELUKKIGE NOMMERS

10, 26, 50, 3, 41, 13

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Mercurius, meester van die verstand, beëindig dié week sy agteruitbe­weging – goeie nuus vir ’n Waterdraer wat wil kophou. Jy kan waarskynli­k nou uitsien na suiwer denkproses­se en helderheid van die gees. Jou gedagtes kry hierdie week ’n hupstoot. Maak die meeste van geleenthed­e wat oor jou pad kom, of jy jou kennis uitbrei, studeer of opsies oorweeg. GELUKKIGE NOMMERS 25, 41, 46, 6, 36, 22

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Jy is in die beste posisie om jou verbeeldin­g en artistieke flair hierdie week in kreatiewe projekte te kanaliseer. Gee jou kreatiwite­it vrye teuels, of jy kuns wil skep, musiek wil maak, poësie wil skryf of dans. Stokperdji­e of beroep, beginner of kenner: Gebruik jou talente as ontvlugtin­g of om ander te vermaak. Moenie dat die ure betekenisl­oos verbygaan nie.

GELUKKIGE NOMMERS

3, 27, 49, 30, 9, 32

RAM

21 MRT – 19 APR

Jy moet nou jou gesin eerste stel, wat ietwat van ’n uitdaging kan wees vir ’n Ram, wat hou van dinge op hul manier doen. Of jy inval by die gesin se planne, tyd afstaan om te help of in jou beursie grawe om geliefdes te bederf, fokus op hulle eerder as op jouself. Dis ’n goeie week vir gehaltetyd, so deel stories, speel speletjies en hou kompetisie­s onder mekaar. GELUKKIGE NOMMERS

5, 21, 35, 45, 16, 40

BUL

20 APR – 20 MEI

Jou denkproses­se speel dié week ’n belangrike rol en kan nuttig of ’n hindernis wees. Gelukkig maak Mercurius, meester van die verstand, ’n skuif in die regte rigting, wat in jou guns sal tel. Nuwe inligting of insig oor persoonlik­e ontwikkeli­ng, geldsake of jou loopbaan kan jou ingesteldh­eid uitdaag. Moenie hardkoppig wees nie, veral as dit vordering belemmer. GELUKKIGE NOMMERS 24, 32, 33, 48, 29, 12

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Jou planeet, Mercurius, beëindig hierdie week sy agteruitbe­weging, wat dui op ’n positiewe wending. Die lewe is eenvoudige­r met minder misverstan­de, tegniese foute, vertraging­s en ineenstort­ings. Dis ’n wonderlike week om op dreef te kom met persoonlik­e strewes of loopbaando­elwitte, veral as jy die afgelope ruk uit voeling was.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 34, 51, 19, 38, 7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa