SÊ DIT SO:
'n Ambassadeur is iemand wat sy land in 'n ander land verteenwoordig. Dit is 'n amptelike pos – so iemand word deur die president aangewys. 'n Ambassadeur se werk is om goeie verhoudings te vestig tussen sy eie land en die land waar hy werk. Suid-Afrika het dus ambassadeurs oor die hele wêreld, en hier is ook ambassadeurs van ander lande wat in Suid-Afrika woon en werk. Die plek waar 'n ambassadeur werk, word die ambassade genoem.
Die woord ambassadeur word ook gebruik as iemand 'n goeie advertensie vir iets is. As jy vriendelik optree teenoor ander mense wanneer jy jou skoolklere aanhet, sal mense sê jy is 'n goeie ambassadeur vir jou skool