28
Dis hoe lank in cm die fossiel is van 'n yslike eier wat in Antarktika ontdek is. Die eier lyk amper soos 'n afgeblaasde rugbybal, en navorsers het jare lank probeer uitpluis wat dit is voor hulle onlangs besef het dit is waarskynlik die eier van 'n groot seereptiel wat sowat 68 miljoen jaar gelede geleef het. Die navorsers skat op grond van die eier se grootte dat die reptiel minstens 7 m lank moes wees.