HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENIS
’n Man gee sy pa ’n drukkie by ’n kliniek vir bejaardes in Gravataí, Brasilië. Die kliniek het die “drukkietonnel” gemaak sodat die inwoners hul geliefdes ’n drukkie kan gee. Hulle is al meer as 70 dae in afsondering weens die coronaviruspandemie. Die tonnel bestaan uit ’n gordyn van dik plastiek met moue sodat die familielede nie by mekaar kan aansteek nie. Die tonnel word ná elke besoek eers ontsmet en skoongemaak. Brasilië is swaar getref deur die covid-19pandemie, met byna ’n miljoen gevalle en meer as 53 000 sterftes.