Die fynbosbioom en kuswoude
Die fynbosbioom maak 80% van die Kaapse Blommeryk uit en kom in die Wes-Kaap en dele van die Oos-Kaap voor.
In sterk teenstelling met woude se subtropiese weerstoestande hou fynbos van droë somers en nat winters.
Dié soort Mediterreense klimaat kom in die Wes-Kaap voor.
Fynbos is plante met kenmerkende immergroen blaartjies wat ligte ryp kan oorleef. Twee derdes van die plantspesies in die fynbosbioom sal jy nêrens anders op aarde as in Suid-Afrika kry nie. Op Tafelberg in Kaapstad sal jy tot 1 500 van dié plantspesies aantref.
Die meeste fynbos is skaars en word as bedreigde spesies geklassifiseer, in so ’n mate dat die fynbosbioom tot ’n Wêrelderfenisgebied van Unesco (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) verklaar is.
Die takbokkewer, wat in die fynbosbioom woon, is ’n afstammeling van antieke insekspesies.
Fynbos is ’n versamelnaam vir ’n mengsel van
Die naam fynbos is ’n versamelnaam vir ’n verskeidenheid plantsoorte van verskillende vorms, kleure en groottes. Dit vorm deel van die wêreldbekende Kaapse Blommeryk.
Fynbos word in vier hoofplanttipes verdeel, naamlik: erikoïde (struike), restioïde (rietagtige plante); geofiete (bolplante); en proteoïde (proteastruike). Die meeste van dié plante is brandbestand en is juis afhanklik van veldbrande om te kan voortbestaan.
Daar was voorheen ’n groot verskeidenheid dierspesies in die fynbos-ekostreek, maar van die groter soogdiere kom daar deesdae net bontebokke, bergsebras en luiperds plek-plek voor.
Sommige spesies is uniek aan hierdie spesifieke ekostreek, byvoorbeeld die bergnooientjieskoenlapper (Aeropetes tulbaghia). Navorsers het bevind dié inheemse vlinder is plekgebonde en het spesifieke blomkleurvoorkeure.
Verder is die helfte van die 38 spesies amfibieë in hierdie bioom inheems. Die Kaapse Blommeryk huisves ook 109 reptielspesies, waarvan 19 spesies inheems is.
Verskeie dierspesies wat in die fynbosbioom voorkom, is afstammelinge van oerspesies wat onder meer varswaterskaaldiere, sekere soorte blaarspringers, hooiwaens, vlieë, kokerjuffers en verskeie soorte kewers, veral boktorre, insluit.
Onder die soogdiere in die fynbosbioom tel nagenoeg 127 van Suid-Afrika se sowat 280 soogdierspesies. Van hierdie 127 soogdiere is daar ses inheemse spesies, waaronder vyf knaagdierspesies en een groter soogdier – die Kaapse bergsebra. Die inheemse knaagdiere wat in die bioom voorkom, sluit die Kaapse stekelmuis, die Kaapse gouemol en die blesmol in.
Die fynbosbioom was ook voorheen die tuiste van twee soogdiere wat reeds in die 1800’s deur jagters uitgewis is. Dit is die bloubok (Hippotragus leucophaeus) en die kwagga (Equus quagga quagga), wat ’n afstammeling van die sebrafamilie is.
Wetenskaplikes het die Kwaggaprojek in 1987 begin om die kwagga deur teling en DNS-toetse te laat herleef. Hoewel dié projek kritiek ontvang, is daar sukses behaal met die selektiewe teling van sebras wat sterk ooreenkomste met die uitgestorwe kwagga toon.
Die pragtige Knysnaloerie eet graag sade van geelhoutbome (die groot boom op die hoofprent). ’n Bosbok aan die Tsitsikammakuslyn by die begin van die Otterwandelpad in die Tuinroetenasionale park.
ysterhout en stinkhout. Jy sal ook die donkergroen-en-oranje trompetagtige boslelie langs riviere in kuswoude sien. Nog ’n plant wat stadig in die skadu’s van die woude groei, is bobbejaankos (Stangeria eriopus), waarvan die blare opgerol is wanneer dit jonk is, maar wat kan vertak tot byna 10 arms.
Die digte plantegroei in kuswoude is ook die habitat van baie soogdiere, voëls, reptiele en insekte. In Suid-Afrika kom sommige dierspesies in meer as een woudstreek voor.
Jy sal soogdiere soos die luiperd, aap, bloubokkie en bosvark in dié woude teëkom. Die bekendste van hierdie soogdiere is heel moontlik die Afrikaolifant in die Knysnawoud. In die 18de en 19de eeu het groot troppe olifante en buffels die Knysnawoud bewoon. As gevolg van menslike aktiwiteite het die getalle van hierdie diere in die woud drasties verminder. In so ’n mate dat daar vandag geen buffels in die woud is nie, terwyl daar onlangs nog net een olifantkoei in die woud opgemerk is.
Woude is die tuiste van baie voëlsoorte. ’n bit.ly/kwaggas.
Bekende voëlsoort in die Knysnawoud is die Knysnaloerie met sy groen vere en kuifkop. Verder is die gewilde visarend ook in die kuswoude van Suid-Afrika te sien.
In die meer subtropiese kuswoud in KwaZulu-Natal kom die bedreigde inheemse kloofpadda voor. Inheemse reptiele wat in dieselfde ekostreek voorkom en beperk is tot net dié gebied, sluit die dwergverkleurmannetjie (Bradypodion melanocephalum) en die soutpangeitjie (Cryptactites peringueyi) in.As jy mooi kyk, sal jy ook ’n verskeidenheid insekte soos skoenlappers en motte in kuswoude sien.
BEDREIGDE SPESIE Die piepklein moerasgekko is 50 mm lank wanneer hy volwasse is. Hulle woon in ’n smal stuk kuslyn in die Oos-Kaap. vir ’n inligtingsgrafika oor die intelligente eekhoring.