Huisgenoot

GEKARAMELL­ISEERDE-UIE-EN-BLOUKAASTE­RT

-

In dié resep omskep Reuben sy tradisione­le familiesta­pelkosgeur­e in ’n moderner gereg. Hy maak hier klein tertjies, maar dit werk net so goed as ’n groter tert.

LEWER 1 GROOT TERT BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30 MIN. BAK: 20 MIN.

TAMATIEBLA­TJANG

30 ml (2 e) olie

2,5 ml (½ t) swartuiesa­adjies

1 lourierbla­ar

2 droë brandrissi­es, in stukkies gebreek 500 g romatamati­es, ontvel, saadjies verwyder en gekap

7,5 ml (1½ t) brandrissi­epoeier 180 g suiker

45 ml (3 e) rosyntjies 30 ml (2 e) appelasyn TERT

250 ml (1 k) kanola-olie 4 uie, in baie dun skywe gesny

500 g skilfer- of broskors, ontdooi

185 g bloukaas

60 g mascarpone- of roomkaas

1 eiergeel

100 g spinasiebl­are, fyngekap 1 Tamatiebla­tjang Verhit die olie tot warm en voeg die swartuiesa­ad, lourierbla­ar en brandrissi­es by. Voeg die tamaties by en laat prut 10 min. of tot sag. Voeg die brandrissi­epoeier, suiker, rosyne en asyn by en verhit nog 15 min. of tot die meeste vloeistof afgekook en die blatjang ’n mooi glans het. Skep in ’n bottel en hou eenkant.

3 Tert Verhit die olie en braai die uie 20 min. liggies of tot mooi goudbruin. Giet die oorblywend­e olie af en hou eenkant.

4 Rol die deeg (ons het skilferkor­s gebruik) 7 mm dik uit en voer ’n 18 cm-losboomter­tpan daarmee uit. Andersins kan jy kleiner tertjies maak deur sirkels van 10 mm dik uit te druk. 5 Voer die tertkors met bakpapier uit en vul met rys of droë bone. Bak 8-12 min. of tot die kors gaar maar nie bruingebak is nie.

6 Meng intussen die kase en eiergeel. 7 Verwyder die bakpapier en rys of bone uit die gebakte korse en skep die uie, kaasmengse­l en spinasie in. Bak nog 1012 min. of tot die kaas gesmelt en die kors goudbruin is.

8 Sit voor saam met die tamatiebla­tjang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa