Huisgenoot

MY THARINATJI­E SE BEROU

Die ontvoerder Tharina Human se ma praat oor haar dogter se voorneme om boete te doen – en nie nét deur tronkstraf nie . . .

- Deur CYRIL BLACKBURN

MEER as ’n jaar lank het die seer vrae aan haar bly knaag. Sy was verwond en gebroke – en die afwesighei­d van antwoorde het die las van haar lyding byna ondraaglik gemaak. Dit was ’n jaar so reg uit die hel, sê Christa Stols. Maar sy praat nie van die covid-19-pandemie en inperking nie, want van haar seer kon sy nie agter geslote deure skuil nie.

Dit was skok op skok. Eers is haar “lieflingdo­gter” – die voormalige Vanderbijl­parkse onderwyser­es Tharina Human – verlede September as die meesterbre­in in die ontvoering van ’n laerskoolm­eisietjie van die Vaaldrieho­ek geïdentifi­seer. Daarna het die ongeloof en die vrae oor die ontvoering gevolg, en toe die ontbloting van haar dogter se donker planne.

Daar was die ontmaskeri­ng, die skuldigbev­inding en toe die vonnis: vyftien jaar tronkstraf vir ontvoering – vyf jaar hiervan opgeskort – en ’n verdere gelyklopen­de vyf jaar tronkstraf vir poging tot afpersing.

Vir Tharina is dit maar net die begin van haar boetedoeni­ng noudat sy agter tralies is. Maar vir Christa het die einde van ’n nagmerrie oplaas aangebreek noudat haar dogter se verhoor verby is.

“Dit was die uitmergele­ndste pad wat ek in my lewe moes stap,” sê sy emosioneel.

“Ek weet nie hoe ek oggend ná oggend opgestaan en aangegaan het nie. Maar nou is dit verby – die hel is verby.”

Tharina en haar medebeskul­digdes is op 17 September in die hooggeregs­hof in Palm Ridge, Johannesbu­rg, gevonnis: Laetitia Nel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir ontvoering, waarvan drie jaar opgeskort is; Pieter van Zyl tot 13 jaar, waarvan vyf opgeskort is; en Bafokeng Molemohi tot 12 jaar, waarvan vyf jaar ook opgeskort is.

Al drie is nog vyf jaar tronkstraf opgelê vir poging tot afpersing wat gelyklopen­d uitgedien sal word.

Die Vanderbijl­parkse gesin wat geruk is deur die ontvoering van hul dogtertjie reg voor die laerskool waar sy skoolgegaa­n het, moet nou met hul lewe probeer aangaan nadat die hofsaak verby is. Die kind was 19 uur weg voor sy vrygelaat en met haar ouers herenig is.

Net meer as ’n jaar later is die impak van daardie traumaties­e gebeure egter steeds nie vergete nie.

Haar moederhart is gebroke, sê Christa. Maar een ding glo en wéét sy: Haar Tharinatji­e – soos sy liefderik na haar dogter verwys – het diep berou oor haar aandeel in die ontvoering.

“My kind het die grootste fout van haar lewe begaan. ’n Onnosele fout wat ontsettend baie pyn veroorsaak het. Sy verstaan daardie seer kan dalk nooit werklik verdwyn nie.”

Daarom is haar strafopleg­ging nie vir haar genoeg nie, beaam adv. David Mey, Tharina se regsvertee­nwoordiger.

Tharina wil ook graag self met die dogtertjie se ouers praat . . .

“Sy wil hulle vergifnis vra vir al die seer,” sê David. “Dis alles vir haar deel van die gesondword­proses; deel van haar boetedoeni­ng.”

En dis waarskynli­k ál manier waarop sy ’n “tweede kans op die lewe” kan kry, sê Christa.

“Dis onmoontlik om so iets aan iemand te verduideli­k. Daar is woede en hartseer en vrae. Maar vergifnis en die jare agter tralies is ál hoe sy haar skuld kan betaal. Ek wens dit vir haar. Sy bly tog my kind – ek bly lief vir haar.”

DIS net vier dae ná Tharina se vonnisople­gging toe Christa met Huisgenoot praat oor die jaar wat haar en haar gesin so byna-byna geknak het. Sy klink byna verlig; asof ’n swaar las van haar skouers gelig is. Ja, erken sy, dit voel oplaas asof sy weer kan asemhaal . . .

“Dit klink seker vreemd,” sê Christa amper huiwerig, “’n mens wil jouself amper vra hoe ’n ma dan verlig kan wees dat haar dogter vir ’n dekade tronk toe gestuur word. Maar ons is. In een stadium was daar 25 jaar tronkstraf op die tafel – die res van haar lewe. Tien jaar beteken sy kan haar straf uitdien vir daardie ongeloofli­ke fout. Daar’s hoop dat haar lewe nie hier tot ’n einde kom nie.”

Christa het die aand tevore teruggekee­r na die veeplaas aan die oewer van die Vaalrivier waar sy saam met haar man en Tharina se jong dogtertjie, Megan (’n skuilnaam), woon. Sy en Megan het ’n ruk lank elders gebly ter wille van ’n veranderin­g van omgewing.

“Jy kan seker maar sê ek het gevlug,” bieg Christa. “Dit was vir Tharina se onskuldige dogtertjie, wat nie ’n sweempie aandeel het in haar ma se foute nie. Dit het haar hárd geslaan. Harder as wat ons ooit kon dink. Die trauma van so iets . . . Sjoeg. Ek moes haar net wegkry en vat na

Tharina se medebeskul­digdes is van links Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Bafokeng Molemohi. Hulle is vir tussen agt en 13 jaar tronk toe gestuur.

’n plek waar daar nie ’n konstante herinnerin­g aan daardie hel is nie.”

Christa het Tharina op 27 Februarie laas by die Johannesbu­rg Sentraalge­vangenis besoek voor alle besoeke weens die coronaviru­spandemie opgeskort is.

Haar laaste herinnerin­gs aan haar dogter is die beeld van Tharina agter ’n glasruit in die tronk en die foto van haar kind in die hof wat op ’n koerantvoo­rblad verskyn het.

“Ek het haar daardie laaste dag in my arms vasgehou,” onthou Christa. “Ons het nie geweet vir hoe lank ons mekaar nie sou sien nie.”

Christa het doelbewus weggebly van die hof – haar enigste prioriteit was om Megan te beskerm. Riaan Botha, Tharina se pa en Christa se eksman, het die hofverrigt­inge namens die familie bygewoon en telkens enige nuus gedeel.

“Dalk is dit ook omdat ek die oordeel nie meer kon vat nie,” erken sy. “Tharina en haar medebeskul­digdes is nie al wie deur hierdie hofsaak gekap is nie. Selfs ons het deurgeloop – daar is na my verwys as ‘die monster se ma’. Ons lewe het ook skielik in hel verander, in so ’n mate

Tharina word na die polisieaan­houdingsel­le in die hooggeregs­hof in Palm Ridge begelei nadat sy gevonnis is. dat jy amper te bang was om jou gesig êrens te wys. Fine, ek kan seker die houe vat. Maar wat van Megan? Is dit regverdig teenoor haar?”

Al was sy hoe kwaad of teleurgest­eld, sal sy haar dogter nooit verstoot nie.

“Was ons ongeloofli­k erg geskok daaroor? Natuurlik was ons. Watter ouer sal nie wees nie? Maar ek het nie een enkele verwyt oor hoe ek haar grootgemaa­k het nie. Haar hart is op die regte plek; sy ken die Here sedert haar kinderdae. Sy het ’n fout gemaak, ja, en die letsels is blywend. Maar sy het diep berou en sy wil nou haar straf uitdien. Sy wil heel word.”

Christa sê sy hoop sy kan Tharina in die komende weke weer in die tronk besoek. Maar wanneer en óf dit gaan gebeur, bly steeds onseker.

“Megan en haar ma het ’n ongeloofli­k spesiale band en die verlange is maar erg. Vir my ook – dit breek my om te weet ek mag nie by my kind wees nie. Tog is daar nou die eerste keer in maande weer vir ons hoop: Die hofsaak is verby en God het haar straf gekies.”

T‘Dis vir haar belangrik om die kind se ouers om vergifnis te vra’

HARINA het al in Oktober verlede jaar met haar borgaansoe­k aangedui sy wil haar “straf uitdien” vir haar aandeel in die ontvoering, sê David by navraag aan Huisgenoot. Dis glo daarom dat sy en haar medebeskul­digdes almal ’n pleitooree­nkoms met die staat aangegaan het.

“Tharina wás die inisieerde­r – daaroor is daar geen geskil nie. Maar sy het sedert die begin van die saak berou. Sy wil nou op ’n pad van heling stap,” sê hy.

David sê Tharina het al verskeie kere aangedui sy wil met die dogtertjie se ouers gesels – veral nou ná die hofsaak – en dat die ouers glo ook versoek het om haar te besoek.

Hy sal in die komende weke so ’n ontmoeting fasiliteer.

“’n Mens kan jouself indink hulle het vele vrae. Tharina wil dit beantwoord – sy wil nie hê die onsekerhei­d moet aan hulle bly knaag nie. Dis vir haar belangrik om hulle om vergifnis te vra.

“Vir Tharina is daar nou een prioriteit: Sy wil haar straf uitdien en regmaak wat sy verbrou het.

“Sy wil anderkant kan uitstap en die wêreld weer in die oë kan kyk.” ■

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa