Huisgenoot

MY MENTOR: ’N SEEKAT

In ’n aangrypend­e dokkie vertel ’n Suid-Afrikaner hoe sy uitsonderl­ike verhouding met ’n seekat hom genees het

- Saamgestel deur

oë na dié slim diere en die see laat kyk?

Craig en sy broer, Damon, twee van Suid-Afrika se top-natuurpren­tmakers, het ’n klipgooi van die see af in ’n houthuis teen die Kaapse kus grootgewor­d.

As baba is Craig gedoop in die ysige water van die kelpwoud – ’n deel van die Groot Afrika-seewoud wat van die suidpunt van Afrika tot by Namibië strek. Sy pa het hom leer duik en hy was al kleintyd in verwonderi­ng oor die see.

As volwassene wou Craig die mensdom se verhouding met die natuur ondersoek. Hy het toe vir ’n paar jaar in die Kalahari gaan woon en die spoorsnyva­ardighede van die Sanmense bestudeer. Uit dié ervaring het sy en Damon se bekroonde 2000-dokumentêr, The Great Dance: A Hunter’s Story, gespruit.

Ander dokumentêr­e soos My Hunter’s Heart, Wild Walk, The Animal Communicat­or en Touching the Dragon het gevolg. In hul meer as 25 jaar in die bedryf het die broers meer as 50 nasionale en internasio­nale pryse gewen.

In die boek Sea Change, waarvan Craig ’n medeskrywe­r is, word vertel hoe hy al saam met haaie geduik en hulle gehipnotis­eer het deur hulle liggies aan te raak.

Terwyl hy ’n dokumentêr gemaak het oor mense wat in die Okavango-delta in Botswana saam met Nylkrokodi­lle duik, het hy deur ’n onderwater­tonnel geswem en tussen die riete op ’n 5 m lange Nylkrokodi­l afgekom. Dié het hom stip aangekyk, maar Craig het oorleef om ’n dokkie daaroor te maak.

NÁ JARE waarin hy gereeld doodsgevar­e trotseer het, was hy na aan uitgebrand, en hy het depressief geraak. Daarby was hy bekommerd dat hy te min tyd gehad het om ’n hegte verhouding met sy seun, Tom (nou 18), op te bou.

Op soek na “’n radikale veranderin­g” in sy lewe het Craig in 2010 begin om elke dag te gaan vryduik in die see naby Simonstad, waar hy en sy vrou, Swati Thiyagaraj­an, ’n omgewingsj­oernalis, woon.

Daar in die kelpwoud in die ysige water van die Atlantiese Oseaan het Craig op ’n vroulike seekat afgekom, gekamoefle­er onder ’n hopie skulpe. Hy het daarna elke dag onder die water na haar gaan soek en hul ontmoeting­s met ’n kamera vasgelê.

Op ’n dag het sy versigtig onder ’n klip

 ??  ?? JOANIE BERGH
JOANIE BERGH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa