Huisgenoot

JOU POVAKSIEPL­AN

-

VRA MENOPOUSAL­E HORMOONTER­APIE “Vroue met POV se risiko vir veral osteoporos­e en versnelde hartsiekte­s is baie hoog omdat hulle soveel langer ’n estrogeent­ekort het,” sê Marie.

“Daarom moet hulle menopousal­e hormoonter­apie (MHT) kry tot hulle die natuurlike menopouseo­uderdom bereik.

“Dis die enigste medikasie wat werk vir simptome van POV en natuurlike menopouse.”

Die behandelin­g behels ’n kombinasie van progestero­on en estrogeen.

“Langtermyn-estrogeenb­ehandeling in vroue wat nie ’n histerekto­mie gehad het nie, kan lei tot endometrië­le kanker; progestero­onbehandel­ing daarmee saam verminder dié risiko.”

AS JY MA WIL WORD

Daar is seldsame gevalle waar POV deur ’n virus veroorsaak is en ovulasie weer ná hormoonter­apie herstel. Maar oor die algemeen is swangerska­p vir vroue met POV onmoontlik omdat hulle geen eierselle of eierselle van ’n goeie gehalte het nie.

Gesels met jou maat en dokter oor moontlikhe­de om ouers te word.

“Skenking van eiersellet­jies is onder meer ’n moontlikhe­id,” sê Marie.

Of maak ’n afspraak met ’n aannemings­agentskap om die proses te bespreek.

LAAT BLOEDTOETS­E DOEN VIR OUTO-IMMUUNSIEK­TES Omdat POV dalk deur dié siektes veroorsaak word, moet iemand met POV-simptome bloedtoets­e laat doen, sê Marie. “Maar jy kan die outo-immuunsiek­te ook eers later in jou lewe ontwikkel en moet die toetse dus elke jaar of twee ondergaan.” ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa