Huisgenoot

’N UITTREKSEL UIT

-

Van Aardt en Teise kry die vet polisieman regop. “So, Thys, jou arm van voor af onder sy oksel in.” So dra-sleep hulle die stomende sak vleis rugkant eerste weg van die bank af. Die man is f*n swaar. Sal hulle dit maak tot op die ondersoekb­ed?

Luna maak die deur voor hulle oop. Sy skuif een van die stoele voor sy lessenaar effens uit die pad uit sodat hulle die wye boog kan maak om die polisieman se agterstewe op die bed te kry.

Van Aardt druk hom agteroor sodat hy lê; Teise lig sy bene op die bed. Hulle staan tru, die borskaste deinend van die inspanning. ’n Ruk staan hulle so en staar na die donker logge lyf op die doktersbed, dan dam Van Aardt die pasiënt se regterskoe­n by, beduie vir Teise na die ander ene. “Ons moet hom uit sy klere kry, die temperatuu­r afbring.” Hy begin aan die stewels se veters woel.

Thys pluk die ander stewel uit en daarmee saam kom die kakiekleur­ige kous halfpad af sodat dit soos ’n pap penis oor die tone druip. “Die kous ook, Thys, alles, ons moet gou spring, anders kry hierdie perd breinskade.” Hy wikkel die stewel af, probeer om nie die droëperske­stank van voete in te asem nie, pluk die deurweekte sokkie af. Hy skakel die hoë staanwaaie­r aan en verstel die kop sodat die lugstroom vol op die bed gerig is. Hy begin die belt losmaak, ’n dun ene van blinkbruin kunsleer, netnet lank genoeg. Die ou moes onlangs so dik geword het – hy het sweerlik nie die belt so kort gekoop nie. Die broek se knip kan skaars hou teen die buik se drukking en om dit los te kry, moet hy sy hand indruk teen die warm, peulende deeg van die maagvel. Knip los, gulp oop, nou moet hulle hierdie broek van onder uittrek, elkeen aan ’n pyp. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa