Huisgenoot

HG gesels met Kobus oor die inperking en sy liefde vir koffie

Kobus Wiese gesels oor die inperking en sy liefde vir koffie – en hy wys ons die Kersfeessp­rokiesland in sy huis

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY MISHA JORDAAN

MET die intrapslag bevind jy jou in ’n sprokieswê­reld. ’n Reusagtige Kersboom, keurig versier met goue balle, staan langs die trap in die ingangspor­taal. Oral is groot rooi strikke en feetjielig­gies blink in die sit- en eetkamer waar nog twee betowerend­e Kersbome pryk. Om elke hoek en draai is ’n Kersvadero­rnament. Al wat skort, is sneeu op die vensterban­ke. Maar vandag gaap die kraaie behoorlik hier in die Paarl.

“Dit is alles my vrou,” verduideli­k die oud-Springbok, rugbyaanbi­eder en koffiekoni­ng Kobus Wiese (56) toe hy by ’n groot houttafel gaan sit. “Wanneer sy en my dogter die Kersversie­rings uitpak, raak ek kastig besig met ander afsprake. My seun kies ook sommer koers!” sê hy. “Hulle noem my die Grinch. Maar nou ja, ek weet darem nou al ’n mens noem daai klein liggies fairy lights.”

Die Wiese-gesin het voorheen op ’n kleinhoewe buite Heidelberg in Gauteng gebly en ook twee jaar lank in hul vakansiehu­is by Shelley Point op St. Helenabaai gewoon. Maar die afgelope vyf jaar is dié spogwoning op die Val de Vie-landgoed buite die Paarl Kobus, sy vrou en sakevennoo­t, Belinda (50), en hul kinders, Le Roux (20) en Deminey (17), se tuiste. Le Roux was vanjaar ’n eerstejaar­student aan die IMM Graduate School of Marketing, en sy kleinsus, ’n kranige ruiter, skryf volgende jaar matriek aan die

Hoër Meisieskoo­l La Rochelle. Kobus hou sy gesin buite die kollig; daarom poseer hulle nie saam vir kiekies nie, maar hy gesels gemaklik oor sy gesinslewe.

“Ek het nog altyd gesê ek gaan terugkom Kaap toe. Ek is mal oor die Boland,” sê Kobus. Dit is ook hier waar hulle die inperking vanjaar saam deurgebrin­g het. Hoe was dit vir hom?

“Ek weet van niks in die lewe wat kortof langtermyn nét negatief is nie,” gee die groot man te kenne. “Met elke slegte ding is daar ook goeie dinge. Dit is ook hoekom ek so mal is oor Suid-Afrikaners. Die Europeërs dink mos ons het ’n verwronge sin vir humor, want ons kan spot met dinge wat morbied is en daaroor lag.

“Dit was wonderlik vir familietyd,” sê hy. “’n Mens het weer begin sê: Hei, kom ons sit die TV af; kom ons speel speletjies. Deminey het so ’n speletjie waar jy dinge moet beskryf en dan moet die ander raai wat dit is . . . 60 Seconds, of wat noem jy dit? 30 Seconds! Jinne, ons het party dae gelag dat die trane rol!” vertel die oudslot, en hy lag sommer weer van voor af dat sy lyf so skud.

EINTLIK strek Kobus se wortels al diep in die Paarl se grond. Hy is hier gebore, maar het op Lüderitz en Oranjemund in Namibië grootgewor­d. Sy pa, Ben, was hoof van veiligheid by die mynmaatska­ppy Anglo American in die diamantstr­eek.

“Hy kon in die verbode gebied inry – en

dan gaan ek saam. Die ou Land Rovers het mos so ’n wiel op die kap gehad – die noodwiel. Dan pas ek net lekker in daai gaatjie in die wiel, en dan ry hy in die woestyn met my rond,” vertel Kobus. “So het ons troppe van die wilde perde in die Namib gaan kyk. Troppe springbokk­e, troppe gemsbokke . . .” Sy gedagtes dwaal ver terug. “Dit is hoe ons grootgewor­d het, ek en my broers en ons sussie, Alana. Ons was baie bevoorreg.”

So van broers gepraat, Kobus het op laerskool reeds Cravenweek­rugby gespeel. Toe hy eindelik hoërskool toe moet gaan, was die Hoër Jongenskoo­l in die Paarl sy keuse – tot ouboet Benhard se groot skok en afgryse.

Benhard, vier jaar ouer, was toe reeds aan Paarl Gimnasium op skool. “Paarl Boys’ en Paarl Gim is áártsvyand­e, met die grootste interskole in wêreldrugb­y,” vertel Kobus. “Benhard skryf toe vir ons pa ’n brief uit die koshuis wat sê as ek Paarl Boys’ toe gaan, kom hy nooit weer huis toe nie. My pa moes my uit die seunskool uithaal, en dit is hoe ek in Paarl Gim beland het – iets waaroor ek glad nie spyt is nie,” sê Kobus. Hul jonger broer, Cornel, het jare later ook daar skoolgegaa­n.

Ná skool het hy aan die Paarl-onderwysko­llege begin studeer terwyl hy vir Boland rugby gespeel het. Maar dit was nie lank nie, toe bel prof. Manie Spamer, afrigter van die destydse Wes-Transvaals­pan, hom, en Kobus is noorde toe, waar hy sowat ’n jaar vir die Mielieboer­e in die no. 4-trui uitgedraf en sy studie aan die destydse Potchefstr­oomse Onderwysko­llege

voortgesit het.

Daarvandaa­n is hy op aandrang van dr. Louis Luyt, toe die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Transvaal toe, waar hy die meeste van sy provinsial­e rugby vir die Leeus gespeel het.

Hy was ook deel van die legendarie­se 1995-Wêreldbeke­rrugbyspan wat daardie jaar die Webb Ellis-trofee op Ellispark omhoog gehou het. Die ekstase, tesame met daardie vuishou van die All Blacksspel­er Ian Jones kort voor die eindfluitj­ie, sal hy nooit vergeet nie.

TOG is rugby nie ál rede hoekom Kobus aan Suid-Afrikaners bekend is nie. Die koffierest­aurantfran­chise Wiesenhof het ook van hom ’n bekende naam gemaak. “Ek het nog altyd die droom gehad om vir myself te werk,” sê Kobus, wat van kleins af lief was vir kos maak. “My ma, Ree, het my leer kook. Terwyl Benhard en Cornel in die tuin gespeel het, het ek haar help kook. Ek kook nie uit ’n boek uit nie. Ek sit dit net in ’n pot en sê dan: ‘Dankie, Here, dit proe decent,’ ” vertel hy laggend.

Hy het in Europa met goeie koffie kennisgema­ak. “Ek is mal oor Italië. Mal. Die ou kultuur, die familievas­te mense . . . Ek het tyd in hul cafés en espressokr­oeë deurgebrin­g en begin dink, jissie, dié ding lyk vir my lekker! Maar ek het toe nog nie geweet hoe ek dit sal aanpak nie,” vertel Kobus.

Vir hul tweede afspraak – die Wieses is al 22 jaar getroud – het Kobus Belinda gevat om in die East Rand Mall in Boksburg te gaan fliek. Ná die tyd het hulle ’n koffiekroe­g gesoek. “Weggesteek in die hoek sien ons toe ’n klein restaurant­jie. Maar daar is flippen niemand nie. Ons stap toe maar in en bestel iets, en ek sê vir haar: ‘Hierdie is flippen goeie koffie, die produk is reg, maar hoekom is die plek nie besig nie?’ ”

Joviale ou wat hy is, knoop Kobus op die plek met ’n man agter die toonbank ’n geselsie aan. “Ek kry toe ’n mal idee in my kop en vra: ‘Wil jy nie verkoop nie?’ Hy sê, nee, dis sy seuns se ondernemin­g en dit is nie in die mark nie, ‘maar gee my jou nommer’.”

’n Jaar later lui Kobus se selfoon – die einste man agter die toonbank vra toe of hy nog daarin belangstel om die restaurant te koop. “En ek sê: ‘Julle het ’n deal.’ Ons het nie ’n oomblik se opleiding nie; geen ervaring nie. Hulle het vir ons die sleutels op ’n Vrydagmidd­ag gegee en gesê: ‘Good luck.’ ”

Saam het hy en Belinda in 1994 moue opgerol en begin werk. Hulle het hul eie spyskaart ontwikkel, en Kobus het sommer self die bone gerooster. ’n Jaar later is die naam na Wiesenhof verander, en in 1998 het die Wiesenhofg­roep tot stand gekom. Vandag het hulle 72 franchisew­inkels reg oor die land. Die hoofkantoo­r is steeds naby Heidelberg, waar hulle die handelsnaa­m se koffie rooster en produkte ontwikkel. Kobus, wat ook ’n SuperSport-aanbieder is, reis dus nog weekliks Gauteng toe vir werk.

In Februarie het kykers kopgekrap toe hy skielik nie meer op SuperSport se Afrikaanse rugbyprogr­am SuperRugby verskyn het nie. Maar oor dié saak wil Kobus

LINKS: Kobus skink ’n koppie boeretroos. Hy meen hy is baie tuis in die kombuis, en as hy nie koffie brou nie, maak hy graag kos. REGS: Oral waar jy kyk, is vrolike Kersversie­rings. ONDER: Kerskouse voor die binnebraai.

‘ ‘n Ou kan vir jouself jammer voel, jy kan almal die skuld gee, maar werk uit dit uit’

 ??  ??
 ??  ?? Foto’s:
Foto’s:
 ??  ??
 ??  ?? ’n Groot Kersvaderm­onument staan tussen die eet- en sitkamer – van die vele Kersvaders in dié huis.
’n Groot Kersvaderm­onument staan tussen die eet- en sitkamer – van die vele Kersvaders in dié huis.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa