Huisgenoot

Goeie resultate vir covid-19-entstowwe

-

76

Saamgestel deur SUZAAN HALL mense gegee word, selfs al word dit vanjaar al goedgekeur.

Tien van die ander maatskappy­e wat ’n entstof ontwikkel, is besig met die laaste fase van toetse en moet nog uitslae bekendmaak.

Albei entstowwe gebruik ’n nuwe tegniek wat nog nie voorheen in ’n entstof gebruik is nie.

’n Mens word ingespuit met ’n kunsmatige weergawe van die coronaviru­s se genetiese materiaal, wat boodskappe­r-RNS genoem word. Hierdie “boodskappe­rs” programmee­r jou lyf om ’n klomp afdrukke van ’n deeltjie van die virus te maak.

Hierdie deeltjies maak jou immuunstel­sel wakker en stimuleer dit om aan te val die oomblik wanneer die regte virus sy opwagting in jou liggaam maak.

Sowel Pfizer as Moderna se entstowwe benodig twee inspuiting­s: ’n Mens kry een inspuiting en dan drie of vier weke later nog een voor die entstof werk.

Een van die bekommerni­sse oor die Pfizer-entstof is dat dit teen ’n baie koue temperatuu­r (-70 °C) gebêre en vervoer moet word, anders sal dit nie werk nie. Hiervoor het ’n mens spesifieke duur yskaste nodig, wat beteken baie armer lande (veral dié met ’n warm klimaat) sal nie groot hoeveelhed­e van die entstof kan aanhou en vervoer nie.

Die Moderna-entstof vereis ook ’n koue temperatuu­r (-20 °C), maar omdat dit nie so ’n uiterste temperatuu­r soos die een van Pfizer benodig nie, sal dit effens makliker wees om te hanteer en vervoer en dus dalk gewilder wees.

Navorsers moet nog verskeie aspekte van die entstowwe vasstel, soos of dit ewe goed in ouer as jonger mense werk, of die entstof kan verhoed dat iemand die virus verder na ander kan versprei en hoe lank die immuniteit sal hou wat die entstof bied.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa