Huisgenoot

MY STORIE

Leser se wekroep aan die wêreld: Kyk asseblief mooi na jul troeteldie­re

- ANTOINETTE SCHOEMAN

VROEGOGGEN­D lui my foon. Dis die veearts. Hulle het alles moontlik gedoen, maar Max, my geliefde Jack Russell, is weg. My lewe stort in duie.

Maxy, jy was ’n wonderlike hondeseunt­jie. Ek gaan jou asempie in my nek mis. Ek het altyd so veilig gevoel met jou by my voete. Jy was my beskermeng­el, my mentor, my beste vriend; jy het altyd my hartseer verdryf. Jy het so skielik siek geword, ek kon nie glo jy het ophou met veg nie. Rus in vrede, my liewe Maxy.

Ek glo almal moet ’n hondekind hê. Dis een van die kosbaarste en vreugdevol­ste besittings. Tog sien ek gereeld brandmaer honde wat met toue of kettings vasgemaak is.

Ek wil die ganse wêreld versoek: Kyk mooi na jul hondekinde­rs. Hulle verdien spesiale aandag, want honde was al soveel keer die beskermeng­ele en ’n uitkoms vir bejaardes of selfs klein kinders.

As jou pad met dié van ’n vermaerde en verwaarloo­sde hondekind s’n kruis, neem hom of haar na die Dierebeske­rmingsvere­niging indien moontlik. Of koop ’n sak hondekos en lewer dit by ’n skuiling vir honde af.

Ek het besluit om meer vir die Dierebeske­rmingsvere­niging te doen. Hierdie mense verrig wonderlike en onbaatsugt­ige werk. Hul lewens draai om die versorging van en liefde vir diere, en hulle red dikwels dié diere se lewe.

Ons as die gemeenskap moet ook ons kant bring om hulle in hul liefdeswer­k te steun. Neem asseblief een van die honde by hierdie skuilings aan en gee aan hulle ’n liefdevoll­e huis.

So wen jy ’n vriend vir ewig en die lojaalste metgesel wat jy maar kan hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa