Huisgenoot

CHRONIESE SIEKTE SKEP FRUSTRASIE­S

-

Ek is in my 60’s en nog baie aktief, maar my man is chronies siek en nie meer so beweeglik nie. Hy het nie versorging nodig nie en ons weet wat om te doen. Ek weet net nie altyd wanneer hy vir my gaan kwaad wees nie. Ek probeer myself in sy skoene plaas, maar dit werk nie altyd nie. Dit frustreer my, maar ek weet nie hoe om te werk te gaan om ons albei gelukkig te hou nie.

D op K

Een van die groot frustrasie­s van mense met chroniese siektes is dat hulle graag soms net weer wil voel soos toe voor hulle siek geword het. Dit is dus ’n goeie plan om omstandigh­ede te skep wat hulle weer so kan laat voel.

As jou man dalk lief was vir uitstappie­s in die natuur, kan julle na een van sy gunsteling­plekke ry en die uitsig vanuit die motor geniet pleks van om in die natuur te gaan stap. As hy beweeglike­r wil wees, raadpleeg ’n arbeidster­apeut oor moontlike hulpmiddel­e.

Dit is ook belangrik om te besluit hoe jy die veranderin­ge in jul leefstyl gaan hanteer wat reeds ingetree het, asook om jou op nog veranderin­ge voor te berei. As jy dalk nou veel meer moet tuis bly, kan jy byvoorbeel­d kunshandwe­rk leer doen sodat jy ’n stokperdji­e het wat jy vanuit die huis kan beoefen. Op dié manier bly jy skeppend en voel jy dat jy ook nog iets vir jouself doen.

In sulke omstandigh­ede kan ’n mens dikwels magteloos en moedeloos begin voel. Dan moet jy ’n manier kry om hierdie gevoelens te verwerk. Jy het deurlopend­e ondersteun­ing nodig. Probeer ’n vaste weeklikse afspraak saam met ’n vriendin getrou nakom. ’n Berader kan ook enige moontlike depressie, wat maklik in hierdie omstandigh­ede kan ontstaan, help identifise­er en behandel.

As ’n egpaar het julle nuwe verwagting­e nodig. Dit kan help om te gesels oor die gevoel van verlies wat julle ervaar, maar skep ook hoop deur plaasverva­ngers daarvoor te soek.

As julle byvoorbeel­d vroeër ’n Bybelstudi­egroep se vergaderin­gs bygewoon het, kan julle gerus nou die groep vra om soms by julle bymekaar te kom. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa