Huisgenoot

Monique Steyn

Die sangeres sit in die aanbieders­toel van die nuwe reeks

- Deur ROXANNE MOONEYS

Vertel ons meer oor die reeks.

Ons leer kunstenaar­s beter ken. Ons vind uit hoe hulle ná die inperking aangepas het, wat hul passies is buiten musiek en wat 2021 inhou. Ons speel ook ’n speletjie of twee, en daar is ’n segment waar die publiek danse op die kunstenaar­s se treffers opmaak.

Watter gas was die lekkerste?

Ek ken van hulle al baie lank. Dit was lekker om te kon opvang weg van die verhoog af. Ek en Bianca le Grange het in 2002 saam aan die sangkompet­isiereeks Idols deelgeneem; dus is daar ’n ander soort band tussen ons. Ons staan nog sterk ná al die jare in die bedryf. Ek en Charlize Berg het in 2012 saam die Afrikaanse musiekbedr­yf betree, so ons het weer iets anders wat ons verbind. Willem Botha, wat ek al amper sewe jaar ken, is baie dinamies. Hy is self ’n aanbieder en het my gemaklik gemaak op die stel vir die eerste episode en uitstekend­e raad gegee. Dit was wonderlik om met kunstenaar­s te praat wat jou na aan die hart lê en vir wie jy baie respek het. Die mens wat my die meeste verras het, is Loufi. Ek het aan sy lippe gehang. Hy is baie gefokus, kreatief en privaat, maar terselfder­tyd warm, eerlik en cool.

Hoe het jy in die musiekbedr­yf beland?

Ek was in my dae aan die Hoërskool Akasia in Pretoria reeds musikaal. Ek het koor en revue gedoen, maar kom uit ’n familie van prokureurs en wiskundige­s. Ek het nooit gedink musiek is iets wat ek as beroep sou kon doen nie. Gelukkig was ek vriende met musikante soos Juan Floors Oosthuizen. Hy het toe musiek gaan studeer aan die Technikon Pretoria, en so het ek van die kursus uitgevind. Ek het toe met my ouers, Herman en Maritha, daaroor gepraat en hulle was ondersteun­end. Die res is geskiedeni­s. In my tweede jaar aan die technikon het ’n teater mense gesoek vir ’n musiekspel en ek het ’n oudisie gaan aflê. En so het ek ses aande per week in ’n teater begin sing.

Watter liedjies het ’n groot invloed op jou lewe gehad?

“Uninvited” van die KanadeesAm­erikaanse sangeres Alanis Morissette. Dit het my inspirasie en goeie herinnerin­gs gegee. Ek het ook geglo ek gaan haar agtergrond­sangeres wees en saam met haar toer toe ek jonger was. Sy het nog nie gebel nie. En dan ook “Fix You” van Coldplay, “Many of Horror” van Biffy Clyro en Pink se “Who Knew”.

Jou tune

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa