Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

- Verslag: Feniks: Eksamenskr­if: Dwarsbalk: Malaria: Opval: Beklem: Ossewa: Outoriteit: Beklouter: Selfsug: Ritsel:

WILDE WOORDEBOEK

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

Sommige Afrikaanse woorde kan maklik verkeerd verstaan word, veral as iemand nie die taal goed ken nie.

’n Jong, vroulike bees vang die grap. ’n Skoonmaker wat staak.

Die soort afsêbrief wat jy van jou eksmeisie sou kry.

Geluid wat ’n steeks donkie maak. Die soort lied wat ’n sopraan in ’n opera soos Lucia di Lammermoor se waansinton­eel sou sing.

Iets wat net in ’n ruimtetuig kan gebeur. Skoonma se tong.

’n Besitlike bees se ryding. ’n Wetenskapl­ike wat in die ontleding van prehistori­ese goggas spesialise­er. Wat ma se waslap doen nadat Jannie ’n vloekwoord gebruik het.

As jy jou eie asem daarvoor gebruik. Polisievan­gwa.

VOL STOF

Die vrou is nie baie lief vir huis skoonmaak nie. Een aand toe haar man van die werk af kom, stap hy by die kombuis in en sê: “Weet jy, skat, ek kan my naam in die stof op die tafel skryf.”

Toe antwoord sy: “Ja, skat, ek weet. Dis hoekom ek met ’n geletterde man getrou het.”

BANKROOF

’n Man stap die bank binne en gee ’n briefie vir die teller. Daarop staan: “Hierdie is ’n bankroof. Gee my al jou geld.”

Die teller gee toe vir hom ’n briefie met die woorde: “Trek jou das reg! Jy word afgeneem.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa