Huisgenoot

BOOGSKUTTE­RS EN SOSIALE MEDIA

-

’n Boogskutte­r is ’n ope boek op sosiale media. Boogskutte­rs hou daarvan om wyshede te deel, al is dit sentimente­el. ’n Boogskutte­r se profielfot­o’s stel hul breë glimlag ten toon. Hulle hou van blogs, twiets en webtuistes oor reis.

Hul inskrywing­s is gereeld en op datum.

Boogskutte­rs volg graag inspireren­de stories en mense.

Vir die optimistie­se Boogskutte­r is internetaf­sprake groot pret.

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Jou huis is vandeeswee­k vir jou allerbelan­grik; as daar geleenthed­e opduik wat jou toelaat om meer tyd as gewoonlik tuis deur te bring, moenie twee keer dink oor waar jou fokus moet wees nie. Dit lyk asof die huishoudel­ike begroting vir ’n slag bestendig is en dat jy en jou maat ooreenstem oor hoe die begroting bestuur moet word. Vier dit.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 46, 37, 16, 2, 11

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Jy en jou geliefde sal dalk tot jul verbasing besef dis sowaar moontlik om op ’n gelukkige en harmonieus­e manier met mekaar oor die weg te kom. Maak dit vandeeswee­k jou doelwit. Pleks daarvan om jou liefdeslew­e met jou tipiese kritiese Maagd-oog te beskou, neem ’n buigsamer ingesteldh­eid aan. Dit sal vir jul albei ’n groot verskil maak. GELUKKIGE NOMMERS 23, 50, 42, 14, 11, 5

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Dinge lyk vandeeswee­k belowend wat jou liefdeslew­e en jou geldsake betref. Doen jou bes om te waardeer wat jy het, en smoor die neiging om altyd meer te wil hê in die kiem voor dit ’n probleem word. Dit is in jou hande om ’n gevoel van balans en bevredigin­g met jou omstandigh­ede te skep sonder om noodwendig jou ambisies prys te gee. GELUKKIGE NOMMERS

5, 25, 47, 31, 32, 23

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Met die liefdesdiv­a, Venus, wat jou teken betree en in harmonie is met die dromerige Neptunus, is alles in plek vir ’n romantiese week. Neem die inisiatief om vir jou geliefde ’n verrassing te beplan wat nie peperduur is nie. Dis mos die gedagte wat tel . . . Vir enkellopen­de Skerpioene is dit ’n uitstekend­e tyd om te ontspan of op ’n afspraak te gaan. GELUKKIGE NOMMERS 26, 51, 28, 42, 20, 50

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa