Huisgenoot

GOUE OUE RAAD

In ’n nuwe reeks op VIA gee drie ‘oumas’ mense oplossings vir hul dilemmas. Hier is hul wyshede vir HG-lesers

- Deur JODY-LYNN TAYLOR

Ouma weet mos span (van links) Adri Vivier, June Fisher en Adri Strooh hul wysheid in om ander ’n hupstoot te gee.

IS JY verlief op jou vriendin se kêrel? Meng jou skoonma gedurig in of is jou loopbaan in ’n groef? Soms soek ’n mens raad van iemand met meer lewenserva­ring as jy – jy wil put uit daardie wysheid wat in die grysheid opgesluit lê. En dit is wat die drie aanbieders van die nuwe VIA-reeks Ouma weet mos bied: drie dinamiese vroue met jare se lewenserva­ring wat reguit praat en raad gee oor alledaagse dilemmas.

Vroeg in dié reeks al raak dit duidelik Adri Strooh (57), Adri Vivier (59) en June Fisher (64) draai nie doekies om nie. In die eerste episode het hulle Marcel Steyn (32), ’n persoonlik­e assistent van Brackenfel­l in die Kaap, gehelp om weer sy selfvertro­ue te vind ná ’n stryd met gewigsprob­leme. Hulle het ook vir René en Thinus Oelofse, wat gereedmaak om hul eersteling te verwelkom, raad gegee oor ouerskap en die uitdagings wat dit aan hul verhouding gaan stel.

“Die verhouding tussen ons is magic!” sê June. “Ons kan stout wees, soos die Golden Girls, en ons gee mekaar leiding; ’n mens is nooit te oud om te leer nie.”

Die ontwikkeli­ng van die deelnemers verstom haar elke week, sê Adri Strooh. “Met ons verskillen­de agtergrond­e en sterkpunte is dit nou tyd om ’n bietjie terug te gee.”

Nou het die “oumas” koppe bymekaarge­sit om hul wysheid ook met Huisgenoot-lesers te deel.

 ??  ?? In VIA se nuwe reeks
In VIA se nuwe reeks
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa