Huisgenoot

So werk slim nuwe WhatsApp-funksies

Jy kan nou kies om WhatsApp-boodskappe ná ’n paar dae te laat verdwyn. Hoe werk dit, en watter ander nuttige funksies het die gewilde boodskapdi­ens-app?

- Saamgestel deur KIM ABRAHAMS

DIS byna ondenkbaar om jou ’n lewe sonder WhatsApp voor te stel. Ons gebruik dit om nuus te deel, afsprake te reël, foto’s van die kinders aan te stuur, deur middel van stemboodsk­appe te gesels én video-oproepe na geliefdes wat ver is te maak. En jou boodskappe is maar ’n druppel in die oseaan: WhatsApp is die wêreld se voorste boodskapdi­ens-app, met 2 miljard gebruikers wat daagliks altesaam 100 miljard boodskappe stuur.

Die platform word gedurig bygewerk met slim nuwe funksies, soos die onlangse bekendstel­ling van die opsie om boodskappe ná sewe dae te laat verdwyn, soortgelyk aan wat sosialemed­ia-apps soos Facebook, Instagram en Snapchat bied.

Dis ontwerp om gesprekke meer natuurlik te laat voel, sê WhatsApp. “Ons doelwit is om gesprekke op WhatsApp so na moontlik aan gesprekke in lewende lywe te laat voel, wat beteken dit hoef nie vir ewig daar te wees nie,” het die maatskappy voor die bekendstel­ling gesê.

Hier is alles wat jy moet weet – ook oor ander nuttige funksies.

HOE OM VERDWYNEND­E BOODSKAPPE AAN TE SKAKEL

■ Maak die WhatsApp-gesprek oop met die persoon aan wie jy verdwynend­e boodskappe wil stuur.

■ Klik op die kontak se naam boaan die skerm.

■ Rol af en klik op die opsie “Disappeari­ng Messages”.

■ Kies “On”.

’n Horlosie-ikoon sal dan langs die kontak se profielfot­o verskyn.

Jy sal dit afsonderli­k moet doen vir elke kontak aan wie jy verdwynend­e boodskappe wil stuur.

As jy ’n rugsteun van jou WhatsAppbo­odskappe maak deur ’n diens soos iCloud of Google Drive, sal verdwynend­e boodskappe van die gesprek verwyder word, maar in die rugsteun gebêre word.

As jy ’n boodskap van hierdie gesprek (waar die verdwynfun­ksie aangeskake­l is) aanstuur na iemand wie se funksie afgeskakel is, sal die boodskap voortleef in die nuwe gesprek en nie verdwyn nie.

Indien jou verstellin­gs toelaat dat media outomaties op jou foon gebêre word, sal foto’s en video’s van verdwynend­e gesprekke steeds op jou foon gebêre word.

■ Om dit op ’n Android-foon te verander, gaan na Settings > Chats en kies “Media visibility” om dit af te skakel. As jy ’n iPhone het, volg dieselfde stappe, maar skakel die “Save to Camera Roll”-opsie af.

NOG NUTTIGE WHATSAPPWE­NKE

Skakel die blou regmerkies af

’n Blou merkie wys vir die sender dat jy hul boodskap gelees het. As jy die funksie afskakel, kan jy ’n boodskap teen jou eie spoed lees en beantwoord, want die sender sal nie weet of jy dit gelees het of nie. Maar dan sal jy ook nie kan sien of ’n ontvanger jou boodskap gelees het nie.

Om dit af te skakel:

■ Maak WhatsApp oop.

■ Android: Klik op “Menu” – die ikoon

‘Ons wil gesprekke op WhatsApp na aan dié in lewende lywe laat voel’

met die drie vertikale kolletjies in die boonste regterhoek van jou skerm – en kies dan “Settings”. iPhone: Kies “Settings” regs onder op die skerm.

■ Klik op die opsie “Account”, en dan op “Privacy”.

■ Skakel “Read Receipts” af.

Vee ’n boodskap uit

As jy per ongeluk ’n boodskap gestuur het, het jy omtrent ’n uur om dit vir almal uit te vee voor dit permanent raak in die gesprek. Dit was voorheen net sewe minute, maar is nou ’n bietjie meer as ’n uur.

■ Klik op die boodskap wat jy wil uitvee en hou jou vinger ’n paar sekondes daarop. Klik op die vullisblik-ikoon of “Delete”.

■ Kies die opsie “Delete for Everyone”.

Die boodskap sal verdwyn en vervang word met die nota “This message has been deleted”.

Argiveer boodskappe

Die argiefopsi­e stel jou in staat om ’n gesprek weg van jou gespreklys te bêre sodat jy jou gesprekke beter kan organiseer. Die argivering van ’n gesprek beteken nie dis uitgewis nie en spaar jou ook nie bêreplek nie.

Die argiefgesp­rek sal weer op jou gewone gespreklys verskyn wanneer jy ’n nuwe boodskap van dié individu of groep kry.

Om ’n gesprek te argiveer:

■ Klik en hou jou vinger ’n paar sekondes op die gesprek.

■ Klik op die opsie “Archive” – die lêerikoon.

Jy kan jou geargiveer­de gesprekke aan die onderpunt (Android) of bopunt (iPhone) van jou gespreklys vind.

Skakel ‘Last Seen’ af

As jy die “Last Seen”-funksie afskakel, sal niemand kan sien wanneer laas jy WhatsApp gebruik het nie. Maar onthou: As jy dit afskakel, kan jy ook nie sien wanneer laas ander mense WhatsApp gebruik het nie.

Om dit af te skakel:

■ Kies Settings > Account > Privacy > Last Seen.

■ Jy sal die opsie kry om jou Last Seenstatus bekend te maak vir “Everyone”, “My Contacts” of “Nobody”.

Kies wie jou profielfot­o sien

Jy kan besluit wie sien jou profielfot­o.

■ Gaan na Settings > Account > Privacy > Profile photo.

■ Kies vir wie jou profielfot­o sigbaar is: “Everyone”, “My Contacts” (mense wie se nommers op jou foon gebêre is) of “Nobody”.

Gebruik WhatsApp op jou rekenaar

Daar is ’n manier om WhatsApp te gebruik sonder om die app op jou rekenaar of skootreken­aar af te laai.

■ Gaan na die webtuiste web.whatsapp. com. Daar sal ’n QR-kode op die tuisblad verskyn.

■ Maak WhatsApp op jou foon op. Op ’n Android-foon: Tik op die spyskaart-ikoon – die drie vertikale kolletjies in die boonste regterhoek. Op ’n iPhone: Klik op “Settings” regs onder. Kies “WhatsApp Web”.

■ Gebruik jou foon om die QR-kode te skandeer, en siedaar!

Die foon waarop jou WhatsApp-rekening

aktief is, moet ’n aktiewe internetve­rbinding hê vir WhatsApp Web om te werk.

Om uit te teken by WhatsApp Web: Gaan na die spyskaart (drie kolletjies) op WhatsApp Web en kies heel onderaan die “Log out”-opsie.

Blokkeer ’n kontak

Maak die gesprek met die persoon wat ’n oorlas van homself maak oop.

■ Op Android: Kies die spyskaart (drie vertikale kolletjies in die boonste regterhoek). Klik op More > Block.

■ Op ’n iPhone: Klik op die persoon se naam boaan die gesprek, rol af en kies “Block”. Jy kan ook na “Settings” gaan en klik op: Account > Privacy > Blocked. Kies die naam van die persoon wat jy wil blokkeer.

Deel jou regstreeks­e ligging

Jy kan jou ligging vir ’n sekere tydperk en met ’n sekere groep mense deel – byvoorbeel­d as jou vriende en familie jou iewers verwag en jy is bekommerd dat jy gaan verdwaal.

Jy moet die funksie aanskakel in jou selfoon se toestemmin­gverstelli­ngs – kry dit in jou foon se app-verstellin­gs. Jy kan dit ook hier afskakel of net ophou om dit in die betrokke gesprek te deel.

Stel jou statusbood­skap

Jy kan ’n foto of video tot 24 uur lank deel as jou status. As jou “read recipient”-funksie aangeskake­l is, kan jy sien wie jou statusbood­skap gesien het en wanneer.

Jy kan een of verskeie statusbywe­rkings op een slag deel. Klik op “Status” (op die boonste spyskaart op Android-fone en die spyskaart links onder op iPhones). Klik op die kruisie om te begin byvoeg.

Jou kontakte kan antwoord op wat jy deel. As jy nie wil hê dit moet vir almal sigbaar wees nie, klik op Settings > Account > Privacy > Status. Kies tussen “My Contacts”, “My Contacts Except” (om te keer dat jou baas of jou ma dit sien, byvoorbeel­d) of “Only Share With” (’n spesifieke groep mense). ■

 ??  ?? HOOFFOTO en BO: WhatsApp het die afgelope jare verskeie nuttige funksies bekendgest­el.
HOOFFOTO en BO: WhatsApp het die afgelope jare verskeie nuttige funksies bekendgest­el.
 ??  ?? REGS: Om die nuwe funksie aan te skakel: 1. Maak die gesprek oop. 2. Klik op die kontak se naam. 3. Klik op “Disappeari­ng Messages”. Kies “On”. 4. Boodskappe tussen julle sal nou ná sewe dae verdwyn.
REGS: Om die nuwe funksie aan te skakel: 1. Maak die gesprek oop. 2. Klik op die kontak se naam. 3. Klik op “Disappeari­ng Messages”. Kies “On”. 4. Boodskappe tussen julle sal nou ná sewe dae verdwyn.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa