Huisgenoot

Drie “oumas” se raad aan HG-lesers

-

DIE DRIE VROUE GEE RAAD

’N SKOONMA WAT INMENG

Dilemma My skoonma meng in met die manier hoe ek my kinders grootmaak en het altyd ’n eiertjie te lê oor hoe ek dinge doen. Hoe hanteer ek dit?

Neem skoonma se eiertjies met ’n diep asemteug en soveel grasie as wat jy kan bymekaarkl­its. Bekyk die inhoud van die bygelêde eier sonder om jou eierdoor te verloor. As dit net ’n hol eierdoppie is, sit dit sagkens maar ferm eenkant neer en gaan volg jou eie kindgrootm­aakresep.

MAN PAL BY SY DRINKEBROE­RS

Dilemma My man kuier elke dag saam met sy vriende, en wanneer hy by die huis kom, jak hy die kinders af. Dit voel asof ek alles moet doen en hy sit en drink saam met sy pelle. Hoe sê ek dit vir hom sonder dat hy net gaan wil baklei?

Ai, my kind, wat ’n penarie! Jy en jou kinders het my simpatie – en tog voel ek ook jammer vir jou man met sy swakheid. Hy het hulp nodig.

Let wel: Sy swakheid is nie jou verantwoor­delikheid nie en hy moet verantwoor­delikheid vir sy eie gedrag aanvaar. Onthou dus dat jy nie ander mense kan verander nie, maar wel jou gedagtes en gevoelens teenoor hulle kan verander en so die lewe vir jouself aangenaam maak.

Probeer dié wenke:

■ Oorkom jou vrees vir sy reaksies wanneer hy besope is, hou oogkontak met jou kinders en gee hulle die versekerin­g dat jy daar is vir hulle as Pa dwars en dronk is.

■ Bou goeie kommunikas­ie met jou kinders op deur hulle aan te moedig om hul gevoelens oor hul pa met jou te deel.

■ Alkohol neem 48 uur om uit die liggaam te trek. Wanneer jou man nugter genoeg is, moet jy sy hand vat (letterlik) en hom vra om hulp te kry. Vertel hom wat ’n besonderse, liewe mens hy is en dat die drank hom negatief beïnvloed.

■ Kry vir jou ’n stokperdji­e om jou selfbeeld op te bou.

‘Ons kan stout wees, soos die en ons gee mekaar leiding; ’n mens is nooit te oud om te leer nie’

ADRI STROOH (57)

Adri Strooh is ’n naaldwerks­ter wat in die Clanwillia­mdistrik grootgewor­d het en deesdae op Klapmuts buite Stellenbos­ch woon.

Sy is getroud met Frans (52), en die egpaar het twee kinders, Frances (29) en Ruben (26). Sy het nog nie kleinkinde­rs nie.

Wanneer Adri nie besig is om naaldwerk te doen nie, hou sy daarvan om te lees, tuin te maak, beskuit te bak en om ander mense se goeters vir hulle uit te pluis.

JUNE FISHER (64)

Dié boorling van Worcester is ’n afgetrede onderwyser­es wat deesdae in Brackenfel­l, Kaapstad, woon. Sy is die afgelope 26 jaar met Bertram (59) getroud.

Benewens dat sy ma is vir Beverley Lawrence Arnold (42) en Rudolph Fisher (25), is sy ook die ouma van drie kleindogte­rs, Isabelle (12), Keira (6) en Harper (6).

June hou van tuinmaak, en om kaalvoet in die modder rond te trap is haar manier om te ontspan. Sy lees graag, reis die land vol en doen liefdadigh­eidswerk.

ADRI VIVIER (59)

Adri is al 38 jaar met Pieter (61) getroud. Die egpaar woon die afgelope 30 jaar op Melkbosstr­and net buite Kaapstad. Hulle het vier kinders, Hermann, Meije en die twee aktrises Trix en Lea Vivier. Deesdae is hulle ook grootouers vir Kando en Zhivu.

Adri het voorheen haar eie dramaskool gehad en doen die afgelope twee jaar vryskutwer­k.

Haar jongste stokperdji­e is ouma-wees vir haar kleinseuns – en verder is sy lief vir lees, kuns, teater, kuier en reis. ■

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa