Ma hoop steeds ná dogters verdwyn
Dis al byna 20 jaar nadat hul een dogter verdwyn het en die ander vermoor is, maar hulle hoop steeds op antwoorde
AS GESIN het hulle dit destyds nooit breed gehad nie, maar hulle was geheg aan mekaar en gelukkig. Janine het nuwe liefde gevind by haar tweede man, Johnny Lottering. En hy was ’n goeie pa vir haar twee tienerdogters uit haar eerste huwelik. “Die kinders was mal oor Johnny. Hy was soos hul regte pa. As ’n seun hul hart gebreek het, was dit by Johnny wat hulle gaan huil het,” vertel Janine ons vandag.
Die gesin van Rustenburg, Noordwes, het graag saam dieretuin toe gegaan of sommer net luilekker tuis ontspan. En Janine het nes enige liefdevolle ma daarna uitgesien om eendag haar dogters, Edna en Blanche Piercey, te help om hul trourokke uit te soek. Sy het gedroom van die skaterlag van kleinkinders op haar werf.
Maar op 14 Oktober 2001 het die gesin se geluksborrel wreed gebars, en hul lewe was daarna nooit weer dieselfde nie.
Op daardie dag het Edna (toe 16) spoorloos verdwyn. Hulle het nooit weer taal of tyding van haar gekry nie.
En net agt maande later, in 2002, verdwyn Blanche (toe 15). Sy is vyf weke later gekry – leweloos en erg vermink onder ’n boom etlike kilometers van haar ouerhuis af.
“Dit word nooit beter nie,” vertel Janine (52) vandag snikkend oor haar seer en verlange na haar dogters. “Daar is nie ’n dag wat verbygaan dat ons nie aan hulle dink nie.”
Sy en Johnny (57) woon steeds in Rustenburg, waar sy as ’n administratiewe klerk werk en hy as hoofbestuurder van die Kroondal-vulstasie buite die stad.
Ook Johnny se hartseer oor sy stiefdogters lê vlak. Hulle was soos sy eie kinders, beaam hy. “Ek sou baie graag saam met die twee meisiekinders na die kansel toe wou stap.” Hy hou Janine se hand styf vas terwyl ons gesels.
“Ons is soveel vreugde en herinneringe ontneem wat ons saam met ons kinders kon gehad het,” sê Janine. Sy baklei eers teen die trane, maar gee dan oor aan haar smart.
“Ek het nou die dag Edna se juweleboksie oopgemaak. Die reuk van haar parfuum het daar uitgestroom en ek kon net nie ophou huil nie.”
Nes die verlange wil die vrae en hoop op afsluiting nie wyk nie. “Ek glo steeds Edna is iewers daar buite. Sy móét net wees. Net so glo ek Blanche se moordenaar sal nog eendag vasgetrek word.”
DIT was ’n gewone Sondagmiddag in Rustenburg vir die gesin. Edna het die oggend van ’n skoolkamp af gekom. Sy het haar klere by die huis gewas en toe vir Johnny, wat tuis was, alles oor haar naweek vertel. Janine was by die CNA, waar sy in daardie stadium gewerk het, besig met ’n voorraadopname. “Edna het toe vir my gesê sy moet gou by ’n skoolmaat wat twee blokke van ons af bly haar skooltas gaan haal,” vertel Johnny. “Ek het nie veel daarvan gedink nie en haar maar laat gaan.”
Maar hy het haar nooit weer gesien nie. Janine het haar dogter die Vrydag laas gesien, net voor sy op die skoolkamp vertrek het. “Toe ek daardie Sondagaand tuiskom en Edna is nie daar nie, het ek dadelik geweet daar is fout,” vertel sy nou.
Die egpaar het glad nie geweet waar die “skoolmaat” woon na wie Edna verwys het nie. Hulle het angstig die dorpstrate ingevaar om na haar te soek.
“Ek het by elke huis se deur geklop om te hoor of iemand nie my kind gesien het nie . . . maar niemand het nie.”
Hulle is toe dadelik polisiekantoor toe en het Edna as vermis aangemeld. Janine het pamflette laat druk en wyd en syd versprei. Die dae, weke en maande het verbygesleep sonder enige leidrade oor Edna. “Sy het soos mis voor die son verdwyn.”
En toe kom nog ’n wrede hou.
Op 7 Junie 2002 het Blanche die kinders van ’n kollega van Janine gaan oppas. Ook sy het nooit weer huis toe gekom nie.
“Ons buurvrou het gesê sy het Blanche daardie aand voor ons huis gesien waar sy met twee jong mans gesels. Die buurvrou het gou iets in haar huis gaan doen, en toe is Blanche net weg,” vertel Janine.
“Ek was in ’n toestand. Hoe gebeur dit twee keer met dieselfde ma? Ek wou dit nie glo nie.”
En vyf weke later kom die verskriklike nuus: Blanche se naakte lyk is gekry waar dit met klippe en takke toegepak is, net
’n paar kilometer van haar ouerhuis. Haar moordenaars het haar verwurg en haar gesig vermink. Niemand is ooit aangekeer nie.
“Dit was die verskriklikste ding om te hoor. Geen ouer moet deur so iets gaan nie. Om twee kinders binne ’n jaar te verloor breek ’n moederhart in stukke.”
‘Hoe gebeur dit twee keer met dieselfde ma? Ek wou dit nie glo nie’
DIE smart was te erg. ’n Paar weke ná Blanche se dood het Janine haar eie lewe probeer neem deur ’n hand vol pille te sluk. “Johnny het in die kamer ingekom en vir my probeer kos gee. Dis toe dat ek die pille opgooi. Hy het tot op daardie punt nie eens geweet ek het probeer selfmoord pleeg nie.”
Die vrae teister hulle steeds, want die sussies was baie huisvas.
“Dit is wat dit so vreemd maak. Edna én Blanche het altyd gebel wanneer hulle te lank van die huis af was,” vertel Janine.
Om sake te vererger is daar nog al die jare mense wat fluister Janine en Johnny weet dalk meer van Edna se verdwyning en Blanche se moord as wat hulle voorgee.
Dit maak die egpaar bitter seer. “Sedert hulle van ons geneem is, het ons nie ophou soek na Edna en na
REGS en BO: Janine sê sy sal nooit ophou soek na Edna nie – haar dogter wat in 2001 spoorloos verdwyn het.
Blanche se moordenaar nie. Ons wil hê hul sake moet weer ondersoek word. Hoekom sal ons dit wil doen as ons iets daarmee te doen het?” wil Janine weet.
“Daar moet iemand daar buite wees wat iets weet,” voeg Johnny by. “Hoe lewe jy met jou gewete saam nadat jy ’n lewe geneem het? Ons is ook daarvan oortuig dat Edna nog leef.”
HULLE dink elke liewe dag aan Edna en Blanche, vertel die Lottering-egpaar hier by die vulstasie waar Johnny werk. “Ons huis is nog vol foto’s van die kinders. Waar sou hulle nou gewees het? Sou hulle ’n suksesvolle werk gehad het? Dalk getroud gewees het met kinders,” mymer Janine. “Dit is waaroor ons elke dag wonder.” In ’n wending het ’n privaat ondersoeker van Bloemfontein, Leon Rossouw, aangebied om weer na Edna se verdwyning ondersoek in te stel. Dit gee die egpaar nuwe hoop.
“Ons is net baie bly iemand is bereid om nog te soek. Ek sal tot die dag dat ek dood is na my kind soek. Ek glo vas iemand weet iets. Dat sy nog daar buite is,” vertel Janine.
En hoewel hulle steeds geregtigheid vir Blanche soek, kon hulle met ’n rouproses begin.
“Ten minste weet ek wat met my een kind gebeur het, maar ek kan nie rus voor ek weet wat met my ander kind ook gebeur het nie.” ■
karakter Dorothy uit The Wizard of Oz wat – nogal in Judy Garland se stem – sê: “There’s no place like home.” En dan begin die liggies in haar robynrooi skoentjies skyn.
Jy kom ook ander groot name uit Hollywood teë onder die spesiale en seldsame Barbies wat Justuis van oor die wêreld versamel – soos Vivien Leigh as Scarlett O’Hara uit Gone with the Wind (1939) en Elizabeth Taylor in ’n Egiptiese rok so reg uit die rolprent Cleopatra (1963).
Hier in een vertrek is maklik oor die R1,5 miljoen se poppeplesier. “Die poppe wat nou na my toe op pad is, is oor die R20 000 werd,” vertel Justuis oor ’n nuwe besending met nog 400 van hulle.
Dan terg hy: “My man wil my dóódmaak!”
DJustuis Pieterse Manefeldt voor ’n deel van sy versameling van 1 500 Barbie-poppe in ’n spesiale kamer.
IE Barbie-kamer is ’n prettige oase van ydeltuitery in die tweeslaapkamerwoonstel vol stylvolle meubels en met smaakvolle dekor.
“Ek weet nie hoekom die gier my gegryp het nie. Ewan sê altyd hy ondersteun my, want dit maak sy hart bly om my gelukkig te sien wanneer ek ’n nuwe pop kry,” vertel Justuis waar hy op ’n kameelkleurige bank sit met skakerings van room oral om ons.