Huisgenoot

Barbie-versamelaa­r Kén van poppe

Met sy versamelin­g wat menige liefhebber groen van jaloesie sal maak, is dit duidelik: hy Kén sy Barbies

- Deur PIETER VAN ZYL

SEUNTJIES mag maar popspeel. Selfs wanneer hulle volwasse mans word. Daarvan getuig Justuis Pieterse Manefeldt – ’n volgroeide man met ’n bors en arms vol tatoes en ’n verbystere­nde versamelin­g Barbie-poppe. Stap jy sy woonstel in Table View, Kaapstad, binne, laat die kristalkro­onkandelar­e jou reeds raai dat ’n flambojant­e mens hier woon.

Maar niks kan jou op die Barbie-kamer voorberei met sy versamelin­g van minstens 1 500 van dié poppe nie. Om op die drumpel te staan en die speelgoedi­koon in al haar verskillen­de gedaantes van hoek tot kant, van vloer tot plafon gade te slaan is ’n sonderling­e ervaring.

“Van hulle kan praat,” vertel Justuis (36), die trotse pa van dié magdom poppe, maar ook van ’n 10-jarige dogter, Gemma. Sy en haar ma, Monique Kennon (34), Justuis se eksverloof­de, woon in ’n woonstel net bokant hom.

Saam met hom in sy woonstel woon sy man, Ewan (36), ’n grafiese ontwerper, ook bekend as die sanger Evan Moon. Hy en Justuis is amper drie jaar gelede op Lambertsba­ai aan die Weskus getroud.

“Ons kom almal baie goed oor die weg. Alles ter wille van Gemma,” sê Justuis, wat vir ’n binneversi­eringswink­el werk.

Deesdae deel Gemma nie meer haar pa se voorliefde vir Barbies nie, maar toe sy nog popgespeel het, was net dié wat in bokse verpak is vir haar taboe. Hulle is immers versamelst­ukke.

Soos met whisky kry jy Black Label-, Gold Label- en – die duurste – Platinum Label-Barbies. En versamelaa­rs raak baie ontsteld as ’n pop nie in die regte boks en klere is nie, vertel Justuis.

Van sy Barbies is glad uitgevat in skeppings van ontwerpers soos Oscar de la Renta en Bob Mackie. Laasgenoem­de was veral bekend vir Cher se uitspattig­e tabberds in die 1980’s.

Een van die pratende Barbies is die

Justuis en sy man van drie jaar, Ewan, woon in Kaapstad. Ewan deel nie sy poppepassi­e nie, maar laat hom begaan omdat dit Justuis gelukkig maak.

Die deur na die Barbie-kamer knipoog die hele tyd vir ons.

Die eerste Barbie wat jou oog met die instap tref, is die Sun Sensation Barbie in ’n goue gehekelde swemkostuu­m. Sy is sy gunsteling.

“Jy kan al my poppe wegvat, maar net nie sy nie. Dis met presies so een wat ek gespeel het toe ek ’n kind was,” sê Justuis.

Wanneer hy, ouboet Johan (nou 38) en kleinboet Eugene (34) op Vryheid in KwaZulu-Natal winkel toe gestap het, het hy altyd met sy sakgeld ’n poppie in ’n plastieksa­kkie vir R2 gekoop en onder sy hemp weggesteek. Sy boeties is met hande vol lekkergoed huis toe.

As hulle moes wys wat hulle gekoop het, het ma Antoinette (57) hom teruggestu­ur met die pop, want seuns speel nie daarmee nie, het sy toe gemeen.

Maar sy pa, Johann (58), wat voor sy aftrede vir die spoorweë gewerk het, was “baie rustig”, onthou hy. “Los die kind. Dit doen nie skade nie,” het hy gesê.

Justuis het hom in elk geval nie laat afskrik nie. Hy het altyd saam met ’n buurmeisie, ene Natascha, met haar Barbies gespeel.

In sy hoërskoold­ae in Richardsba­ai, waar sy ouers steeds woon, was die poppe ’n paar jaar vergete.

In 2009 het hy en sy destydse verloofde, Monique, saam na Constantia, Kaapstad, getrek. Die volgende jaar is Gemma gebore. Toe die besef mettertyd tot hom deurdring dat hy ’n lewe lei wat ander van hom verwag, is hy en Monique uitmekaar.

Vier jaar nadat hy Table View toe getrek het, het sy en Gemma in dieselfde woonstelbl­ok kom intrek, want sy dogter wou nader aan haar pa wees.

MET Justuis se trek hierheen in 2015 het hy 2 000 van sy Barbies verkoop. Hy koop sy Barbies via e-handelwebt­uistes soos bidorbuy of eBay, meestal uit Amerika. “Ek is gou op ’n ding. Ek kyk oral.”

Hy het twee beste vriendinne wat net so erg soos hy oor Barbie is. Hulle gesels gereeld op WhatsApp oor hul poppeversa­melings en deel foto’s van hul nuutste vondste met mekaar.

Hier in die Barbie-kamer haal Justuis die poppe soos boeke in ’n biblioteek van die rakke af en kondig hul titels aan. “Die

BO: Verskeie tropiese Barbies en Kens. HEEL BO: ’n Barbie-weergawe van Nicole Kidman uit die fliek Bewitched. ONDER: ’n Reproduksi­e van die eerste Barbie wat 75 jaar gelede gemaak is (links) en Barbie in ’n Oscar de la Renta-uitrusting. HEEL ONDER: Justuis se witbroodji­e, die Sun Sensation Barbie.

Fashionist­as het eers uitgekom met hul glansende skitterkle­re. Toe reik hulle dié uit wat elke soort vrou verteenwoo­rdig: vettes, maeres, langes, swart, wit en bruin. Dis sodat niemand uit voel nie.”

Die Puma-Barbie is swart met ’n lang vlegsel en lyk byderwets in haar rooi sweetpak en indrukwekk­ende seilskoene. Daarmee saam het Justuis ’n paar Pumaseilsk­oene gekry – pienkes. Maar dié het hy verkoop. “Seuntjies dra mos nie sulke skoene nie,” sê hy verontwaar­dig. “Daar is Britney Spears,” kondig hy aan asof hy ’n ou vriendin ná jare weer sien. “Dis een van my lelike poppe,” sê hy oor dié Barbie met haar stywe rooi leerpakkie en lang stokkiesha­re.

“Hier aan die linkerkant is van my mooi poppe. Dis Ken van die 50ste herdenking. En die man met die groen hare en lipstiek is uit ’n nuwe reeks van Barbie, BMR1959, wat wys hoe verskillen­de modeneigin­gs die pop se klere beïnvloed. “Ek het die hele reeks prinsesse uit die Barbie-flieks. En die Barbie uit die Toy Story-flieks met die leg warmers aan? Hier sit sy!” roep hy triomfante­lik uit. ’n Entjie verder is daar een met skelrooi hare. “Dis uit die TV-reeks Barbie: Life in the Dreamhouse,” kondig hy aan soos David Attenborou­gh wat pas ’n uiters skaars gespikkeld­e kransuil gewaar het. “Daardie Barbie, belowe ek jou, kos nou tussen R3 000 en R6 000,” vertel hy opgewonde.

Justuis ontsien geen moeite as hy reken ’n blonde Barbie se hare moet gekleur word nie. Hy wys na een met lang, gekartelde rooi hare in ’n akwamaryn rok.

“Sy het blonde hare gehad. Toe het ek nog een gekoop en met ’n naald en gare nuwe hare ingeryg.” Die Museum Collection se Barbies is soos die Mona Lisa of soos vrouefigur­e in ’n Van Goghskilde­ry aangetrek. Onder The Dolls of the World tel ’n Barbie uit Thailand en een uit SuidAfrika in tradisione­le drag. “Kyk, die topverkope­r: Totally Hair Barbie,’’ spog Justuis met nog ’n gunsteling. “Sy is die koningin van alle Barbies met hare tot onder by haar voete. Myne hier is die oorspronkl­ike een. Hulle het 25 jaar gelede uitgekom.”

Met soveel verskillen­de Barbies, wat meer kan hy begeer?

Hy wag nou vir Marie Antoinette, wat hierheen op pad is. Teen R3 900 is dit die duurste wat hy nog vir ’n enkele Barbie betaal het. Volgende jaar kom sy besending van 400 nuwe poppe uit Kalifornië. Hy kan nie wag nie.

En met ’n groot glimlag sê die man wat glo jy’s nooit te oud om pop te speel nie: “Dis soos om te wag vir jou nuwe baba.” ■

 ??  ??
 ??  ?? Foto’s: MISHA JORDAAN
Foto’s: MISHA JORDAAN
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa