Huisgenoot

“Jou uiterlike bepaal nie jou karakter nie” – Danie Doman

-

BAIE van ons ken daardie gevoel goed: Die vetjies om jou middel wat vóór die inperking nooit daar was nie, koggel jou nou in die spieël. En nou’s die vakansie om die draai, en jy het nie eens die moed om kaalbolyf op die strand te verskyn nie – wat nog te sê vir ’n skoonheids­kompetisie inskryf ! Maar een van die 10 finaliste van vanjaar se Mnr. Suid-Afrika lyk presies só – ’n doodgewone ou sonder ’n blokkiesma­ag – en sê hy het juis ingeskryf om die norm uit te daag. En hy’s glad nie spyt oor sy besluit om aan die kompetisie deel te neem nie, al het ’n storm onlangs op Twitter losgebars oor sy voorkoms.

“Ek was geskok oor die uitlatings wat mense aanlyn gemaak het,” sê Danie Doman (25), ’n jeugwerker van die NG kerk Nylstroom-Oos. “Dieselfde mense wat my voorkoms gekritisee­r het, is mense wat Bybelversi­es in die sosiale media plaas.”

Maar ondanks die herrie lyk hy gemaklik in sy eie vel toe hy en sy vrou, Bianca (24), kom aansit by die Castle De Wildt-wildteelpl­aas en -restaurant buite die Domans se tuisdorp, Modimolle. Dit is toevallig vandag hul vierde huwelikshe­rdenking. Die twee ken mekaar al 11 jaar en het ’n tweejarige seuntjie, Declan.

Bianca, ’n naeltegnik­us op die dorp, sê sy was skrikkerig toe Danie besluit om vir Mnr. Suid-Afrika in te skryf. “Jy weet hoe boos die wêreld kan wees, en ek was bang hy sou onder kritiek deurloop.

“Hy het tydens die kompetisie vir my gesê: ‘My lief, ek is die kortste en die vetste van al die deelnemers.’ Maar steeds het hy sy ken hoog gehou, en kyk net hoe ver het hy gevorder. Ek is supertrots op hom!”

Danie lyk glad nie oorgewig in sy noupypdeni­m, wit hemp en snyersbaad­jie nie. Trouens, die eerste woord wat by jou opkom, is “netjies”.

Maar die giftonge het geklap toe die Mnr. SA-kompetisie in November – kort voor die eindronde – kaalbolyff­oto’s van die 10 finaliste geplaas het. Op syne glimlag Danie gemaklik met sagte bruin oë vir die kamera. Nes die ander poseer hy in geskeurde jeans wat so ’n aks oor die heupe afgeskil is om die rek van ’n ontwerpers­onderbroek te laat uitsteek. Ja, hy’t nie ’n broodplank­maag nie, maar darem ook nou nie ’n bierboep nie. Hy lyk . . . doodgewoon. Nes die meeste SuidAfrika­anse mans wat ’n skaaptjopp­ie en koue goue geniet. Maar Twitter het anders gevoel.

Sommige mense het hom uitgejou en gesê hy moet liewers tou opgooi en nog ’n kaasburger gaan eet. “Party het gesê ek moet op ’n treadmill klim en ander het gesê ek lyk ongesond,” vertel Danie. ’n Kelner bring ons koffiebest­elling en daarmee saam ’n paar koeksister­s – op die huis.

DIE kritiek skeel hom min, want Danie wil die kompetisie nou as ’n platform benut om ander te inspireer wat ook weens hul voorkoms geboelie word. Maar eintlik het dié jeugwerker en mentor by die Abraham Krielkinde­rhuis nooit daarvan gedroom om aan ’n skoonheids­kompetisie deel te neem nie. “Ek was besig om die kinders by die kerk ’n les te gee oor hoe jou uiterlike voorkoms nie die innerlike bepaal nie, en toe praat ek my mond verby en sê ek gaan vir Mnr. Suid-Afrika inskryf.”

Die kinders het nie Danie se woorde vergeet nie en hom aanhou pols daaroor, tot hy eindelik geswig en ingeskryf het – met géén verwagting om eens die top-50 te haal nie. “Maar toe word dit die top-40, en die top-20, en nou is ons hier. Dit is regtig ’n groot eer.”

En ’n gulde geleenthei­d om sy boodskap uit te basuin. Maar wat presies is dié tyding? “Ek werk elke dag met jong mense, en ek sien waardeur hulle in die skool en in die sosiale media gaan,” sê Danie, en vertel hy is self sy hele hoërskooll­oopbaan deur gekritisee­r en geboelie.

“Kinders van vandag het onrealisti­ese rolmodelle. Hulle dink die omstandigh­ede waarin jy grootword, bepaal waar jy gaan eindig. Maar jong mense moet besef hulle kan sélf kies wie hulle wil wees. En jou liggaam moet jou nie keer om te doen

BO: Danie saam met sy vrou, Bianca. REGS: Danie, Bianca en hul tweejarige seuntjie, Declan.

wat jy graag wil nie. Ek het besluit ek gaan inskryf om jong mense te motiveer en vir hulle te wys wat ’n realisties­e rolmodel is.

DANIE se visie is byna woord vir woord dieselfde as die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie s’n. Volgens hul webtuiste is die beoordelaa­rs op soek na die beste manlike ambassadeu­r vir ons land. Iemand na wie jonger generasies kan opkyk, ’n man wat ander inspireer. Hulle gebruik ook die hutswoord #manenough.

Maar was Danie mans genoeg om staande te kon bly toe kuberboeli­es hom en sy boep begin aanval? “Wanneer jy vir so ’n kompetisie inskryf, weet jy jy sal die een of ander tyd jou hemp moet uittrek. En kritiek is deel van die lewe – nes belasting kan jy dit nie vryspring nie. Ek’t geweet daar sal mense wees wat iets te sê het. Eers maak dit seer, maar jy leer om daarmee saam te leef. Die manier hoe jy kritiek hanteer, kan ’n verskil maak.”

Hy is egter nie net in die sosiale media gekasty nie; sy kaalbolyff­oto het ook op ’n Sondagkoer­ant se voorblad verskyn met die woorde “Is sy boepie te groot om SA se mooiste te wees?”

Danie sê dit het hom lank gevat om gemaklik te voel in sy eie vel, en hy het die afgelope paar maande 14 kg afgeskud. “Ek sukkel ook met my gewig, en om so in ’n koerant te verskyn was vernederen­d. Maar ek glo in ’n gesonde leefstyl, en om gesond te wees beteken nie jy moet ’n blokkiesma­ag hê nie.”

Gestel hy wen die Mnr. SA-titel – wat sal Danie dan vir die klomp skinderbek­ke en giftonge wil sê? “Ek kan vir niemand voorskryf hoe om op te tree nie, en elkeen is geregtig op sy eie mening, maar hê asseblief respek vir ander. As jy niks goeds het om te sê nie, bly dan eerder stil. Die tong is die gevaarliks­te wapen en soos ’n tweesnyden­de swaard.”

Hy vat ’n sluk van sy koffie en neem dan sonder huiwering ’n koeksister. “Ek’s nie skaam om te sê ek eet lekker nie, maar dit beteken nie ek leef ongesond nie.” Dan voeg hy by: “As dít is wat dit gaan verg om vir mense te wys jy kan selfs met ’n boepie jou beste self wees en groot dinge bereik, sal ek dit weer doen.” ■

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Danie saam met die res van die finaliste. Voor (van links) is De Villiers Koster, Hannes van der Walt, David Schabort, Songezo Mankahla en Kyle Hans. Agter is Heinrich Moses, Roan Kitshoff, Danie, Leon van der Westhuizen en Lee Jordan Jacobs.
Danie saam met die res van die finaliste. Voor (van links) is De Villiers Koster, Hannes van der Walt, David Schabort, Songezo Mankahla en Kyle Hans. Agter is Heinrich Moses, Roan Kitshoff, Danie, Leon van der Westhuizen en Lee Jordan Jacobs.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa