Huisgenoot

Alles oor Hugh Grant en Nicole Kidman se nuwe reeks, The Undoing Plus: Nog kykgenot op die kassie

Dié sterbelaai­de familiedra­mareeks sorg vir boeiende kykstof

- Saamgestel deur

OP DIE KASSIE

HOPE KINKELS

Dit gons oor dié Amerikaans­e dramareeks wat op Jean Hanff Korelitz se boek You Should Have Known van 2014 gegrond is. Die ses episodes gaan oor die egpaar Grace en Jonathan Fraser (Nicole Kidman en Hugh Grant) van New York. Dit lyk of hulle die perfekte lewe het. Grace is ’n suksesvoll­e terapeut met haar eie praktyk en Jonathan is ’n kinderonko­loog. Hulle bly in die rykmansbuu­rt Upper East Side in Manhattan, en hul 12-jarige seun, Henry (Noah Jupe), is ’n leerder aan ’n elitepriva­at skool. Maar dan tuimel die kaartehuis ineen.

Net weke voor Grace se eerste boek uitgereik word, word die jong ma van een van haar seun se skoolmaats dood aangetref. Op dieselfde dag verdwyn Grace se man spoorloos . . .

David E. Kelley, die man agter The Undoing, is onder meer die skepper van die trefferree­ks Big Little Lies, waarin Nicole te sien is as Celeste

TELEVISIE

Wright, ’n ma van twee wat deur haar man mishandel word. Hoewel daar “’n paar ooreenkoms­te” tussen dié twee dramareeks­e is, is The Undoing meer ’n sielkundig­e riller, vertel Nicole. “Elke episode eindig met ’n naelbytoom­blik,” sê die aktrise, wat ook die temaliedji­e sing en agter die skerms as ’n uitvoerend­e vervaardig­er gewerk het. “Niks is soos dit lyk nie.”

DIE SKATRYK PA

Donald Sutherland speel Grace se skatryk pa, Franklin Reinhardt. Dié het nooit veel van sy skoonseun, Jonathan, gedink nie.

“Franklin ruik morele korrupsie,” sê Donald. “Hy het dit al aan homself geruik, maar het hom gereinig. Hy ruik dit aan Jonathan en dit maak sy neus seer.”

Omdat Grace se pa skatryk is, het hy baie beheer oor haar, sê Nicole. “Hy wil hê sy moet terugkom en by hom bly en sy dogter wees. Maar almal het verskillen­de motiewe.”

BOEKWURM

Nicole is ’n regte boekwurm wat al heelwat leesstof op die kassie laat herleef het.

Haar produksiem­aatskappy, Blossom Films, het onder meer Liane Moriarty se boek Big Little Lies in die trefferree­ks omskep. Nog een van Liane se boeke, Nine Perfect Strangers, word nou deur Nicole vir ’n minireeks verfilm. Dit word onder streng covid-19-maatreëls in haar geboortela­nd, Australië, geskiet. “Ek wil graag sê dis maklik, maar dis eintlik baie moeilik,” sê sy. “Ons word drie keer per week getoets; almal dra maskers; daar is sones waarin jy werk.” Hugh en sy vrou, Anna, wat in Februarie covid-19 onder lede gehad het, het die inperking in Londen saam met sy vyf kinders deurgebrin­g. “Ek het nuwe vaardighed­e aangeleer en is nou nogal ’n goeie haarkapper,” laat hy hoor. “Ek het met my dogter se Barbie-poppe begin.”

M-NET | BEGIN MAANDAG 30 NOVEMBER OM 21:30

 ??  ?? VERMAAK
LARA ATSON
VERMAAK LARA ATSON
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa