Huisgenoot

Wat gemaak wanneer jy ’n slang gewaar?

Baie min slange in Suid-Afrika is giftig, maar ons help jou onderskei en gee raad oor wat om in noodgevall­e te doen

-

JACO HOUGH-COETZEE

VRA iemand hoe hulle oor slange voel, en die kans is goed die persoon kry ’n koue rilling en laat hoor: Nee wat, ek hou verby, dankie! Maar mense se vrees vir slange is hoofsaakli­k weens onkunde, sê Johan Marais, ’n slangkenne­r, skrywer en direkteur van die slangbyt-instituut van Afrika (ASI).

“Dit is ook veroorsaak deur al die mites wat van generasie tot generasie oorvertel word. Eugène Marais het in die 1900’s baie oor slange geskryf, goed wat myns insiens grootliks onsin was en mense baie bang gemaak het,” sê hy.

Net 20 slangsoort­e is dodelik uit die meer as 170 slangsoort­e wat in SuiderAfri­ka voorkom, sê Johan. Van dié spesies is 73 nie eens giftig nie, hoewel hulle kan byt.

Met die somer se koms is jou kans groter om dalk een teë te kom wanneer jy in die buitelug ontspan – giftig of nie.

“Slange is hoofsaakli­k aktief in die somer, veral ná goeie reën. Dan is die paddas uit en meer kos is beskikbaar,” verduideli­k Johan. “Hulle is natuurlik koudbloedi­g en het die hitte nodig om aan die gang te kom.”

En ja, dié reptiele kom nie net in die natuur, by jou kampeerple­k of in die bos voor nie. “Jou kans om een raak te loop is groter as jy in die veld gaan stap, maar slange is net so aanpasbaar in stedelike gebiede. Hulle is altyd op soek na kos en water; dus is daardie spuitfonte­in of hok waar jy jou voëls of knaagdiere aanhou vir hulle baie aanloklik.”

Ons het raad oor wat jy moet doen – en nie moet doen nie – wanneer jou pad met een van die reptiele s’n kruis.

O GITS, DAAR’S ’N SLANG!

Die belangriks­te riglyn wanneer jy ’n slang teëkom, is om rustig op te tree en nie paniekerig te raak nie.

“Onthou: Die moontlikhe­id dat jy gepik sal word, is baie skraal aangesien slange van nature nie sommer aanval nie en eerder verkies om te vlug. In die meeste gevalle sal slange net pik wanneer hulle verras word, as jy op hulle trap of indien hulle bedreig voel,” sê Johan.

“Staan vyf tree weg en hou die slang dop om te sien wat hy doen of waarheen hy beweeg. Geen slang sal jou op daardie afstand aanval nie. Beweeg dan stadig weg.” Onthou dié goue reël: Moenie ’n slang bedreig nie en hy sal jou waarskynli­k nie pik nie.

NOODWENKE: GEPIK; WAT NOU? Hou eerstens dié statistiek in gedagte: Volgens die ASI word sowat 4 500 mense jaarliks in Suid-Afrika deur slange gebyt, van wie ongeveer 1 000 in ’n hospitaal opgeneem hoef te word. Net 15% van dié hospitaalg­evalle is ernstig genoeg dat dit teengif as behandelin­g verg.

Slegs 12 mense sterf jaarliks in SuidAfrika weens ’n slangbyt.

Volg hierdie aksieplan wanneer jy of ’n geliefde wel deur ’n slang gepik word:

Dis die belangriks­te en enigste noodhulpwe­nk wat jy hoef te onthou, sê Johan. “As jy deur ’n uiters dodelike slang gepik word, byvoorbeel­d die swartmamba of die Kaapse kobra, is jou kans om te oorleef baie goed as jy binne ’n halfuur of selfs ’n uur mediese hulp kry.”

■ Beweeg so min moontlik terwyl jy op mediese hulp wag of op pad hospitaal toe is. Dit sal die verspreidi­ng van die gif deur jou liggaam beperk.

Die gif van sommige slange kan van jou ledemate laat swel – haal dus horlosies en juweliersw­are af. ■

“Om die waarheid te sê, moet dit nie eens aanhou nie.” Die toediening hiervan is nie geskik vir tuisnoodhu­lp nie en kan lewensgeva­arlik wees as dit verkeerd hanteer word, verduideli­k Johan.

Baie mense is boonop allergies vir die perdebloed waarin die teengif ontwikkel word. Dit moet net deur mediese personeel in ’n hospitaal toegedien word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa